1 of 12

Visuele teks: Advertensies 

Afrikaans EAT

Dr. Cecilia Klopper

2 of 12

Visuele teks: Advertensies

3 of 12

Die AIDA-beginsel by die opstel van advertensies

A- Aandag trek van die leser (Attention)

I- Hou die leser geïnteresseerd (Interest)

D- Skep ‘n begeerte by die leser (Desire)

A- Moedig die leser aan om oor te gaan tot aksie (Action)

4 of 12

Voorbeeld

Teks A

5 of 12

Voorbeeld

Teks B

6 of 12

Voorbeelde van vrae wat jy te wagte kan wees by ‘n advertensie: (Examples of questions)

  • Wie is die teikengroep van die advertensie? (Who is the target market.)
  • Watter tegnieke gebruik die adverteerder om die leser se aandag te trek? (What techniques are used to attract attention.)
  • Gee jou mening oor die geslaagdheid van die tegnieke. (Give your opinion about the success of these techniques.)
  • Voldoen die advertensie aan die AIDA-vereistes? Brei uit daaroor. (Does the AIDA requirements reflect in the advertisement?)
  • Wat sou jy sê is tekortkominge by hierdie spesifieke advertensie? (Name shortcomings in this advertisement.)
  • Hoe beïnvloed die groter vetgedrukte letters in Teks A jou as leser? (Bold letters)
  • Sou jy die gebruik van die ander lettertipe in Teks B by die woord “spaar” as funksioneel beskou? (Functional)
  • Hoe word die leser by Teks B betrek? (How does the advertiser involve you in the advertisement?)

7 of 12

Verdere voorbeelde van vrae wat jy te wagte kan wees by ‘n advertensie:

  • Haal ‘n woord/frase aan waarmee die adverteerder die leser probeer oortuig om die produk te koop. (With what phrase/word does the advertiser convince the reader to buy the product?)
  • Dink jy dit is geslaagd om die kunstenaars se name in Teks A  te noem? Motiveer jou antwoord.  (Is it successful to mention the artists' names? Motivate your answer.)
  • Waarom dink jy word die woord “fees” in Teks A tweekeer herhaal? (Why is “fees” repeated?) Sou jy sê dit is geslaagd om die mense aan te moedig om kaartjies te koop? (Would you say it will encourage people to buy tickets?)
  • Word besonderhede aangaande die prys of handelaar verskaf? Beskou jy dit as belangrik in’n advertensie? Gee ‘n rede vir jou mening. (Are there any references to the price or dealer? Is it important? Give a reason for your answer.)
  • Waarna verwys die logo’s onderaan Teks A? (To what do the logos refer to?)
  • Waarvoor staan die afkorting “www” in www.suidoosterfees.co.za? (What does the abbreviation stand for?)

8 of 12

Verdere voorbeelde van vrae wat jy te wagte kan wees by ‘n advertensie:

  • Waarom is datums noodsaaklik in ‘n advertensie soos Teks A? (Why are dates important?)
  • Sou jy graag die fees wou bywoon wat in Teks A adverteer word? Waarom? (Would you like to attend? Why?)
  • Wat vind jy treffend in beide Teks A & B? Waarom dink jy het die adverteerder dit gebruik? (What do you find striking? Why do you think did the advertiser use it?)
  • Watter oorredende taal kom in die teks voor? (Which persuasive language is used?)
  • Wat is die funksie van herhaling in die advertensie? (Why is repetition in the advertisement functional?)
  • Gee ‘n sinoniem vir die woord “akteurs” in Teks A. (Give a synonym)
  • Gee ‘n sinoniem vir “massiewe” in Teks B.
  • Op watter 3 maniere kan Outsurance in Teks B gekontak word? (How can Outsurance be contacted?)
  • Waar kan kaartjies vir die Suidoosterfees bespreek word? (Where can tickets be booked?)
  • Gee ‘n antoniem vir “massiewe” in Teks B. (Give an antonym.)

9 of 12

Verdere voorbeelde van vrae wat jy te wagte kan wees by ‘n advertensie:

  • Skryf die volgende sin uit Teks B oor in die lydende vorm: “Spaar op motorversekering”  (Rewrite in passive voice)
  • Verskaf ‘n verkleiningsvorm van “teater“ in Teks A (Provide a diminutive)
  • Verskaf ‘n meervoud van “versekeraar” in Teks B. (Provide a plural)
  • Kombineer die volgende twee enkelvoudige sinne in Teks B en vorm ‘n saamgestelde sin deur ‘n voegwoord in te voeg: “Eisvry en by dieselfde versekeraar die afgelope drie jaar? Vra vir ‘n massiewe R1500.” (Combine the two simple sentences by using a conjunction.)
  • Bespreek die effektiewe gebruik van punktuasie in beide Teks A en Teks B. (Discuss the effective use of punctuation.)
  • Gebruik die woord “klop” in Teks B en maak sinne met die twee homonieme sodat die betekenis duidelik daaruit blyk. (Use “klop” and make two sentences with the same word with two different meanings- homonyms.)

10 of 12

Verdere voorbeelde van vrae wat jy te wagte kan wees by ‘n advertensie:

  • Wat is die funksie van die kontakbesonderhede by Teks B? (What is the function of the contact details? )
  • Is daar enige verdere besonderhede soos statistieke, pryse of beskikbaarheid? Is dit funksioneel? (Are there other details, e.g. statistics, prices or availability? Is it functional?)
  • Is die gebruik van die helderkleurige foto’s funksioneel? Verduidelik. (Is the use of photos in full colour functional? Why?)
  • Is die gebruik van die retoriese vraag in Teks B volgens jou effektief? Waarom? (Is the use of the rhetorical question effective? Why?)
  • Spreek jou mening uit oor die gebruik van die uitroepteken by Teks B. (Give your opinion regarding the use of the exclamation mark.)
  • Is humor in die advertensie gebruik? (Was humour used?)
  • Voorsien Teks A van ‘n slagspreuk. (Create a motto/slogan.)
  • Waarom, dink jy, word “R500” in Teks B twee keer herhaal? (Why do you think the advertiser repeated “R500”?)
  • Waarvoor staan die afkorting “sms” in Teks B? (Write out the abbreviation.)
  • Gee ‘n sinoniem vir die woord “klop” in Teks B. (Provide a synonym)

11 of 12

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

12 of 12

DANKIE!