1 of 41

Afrikaans Huistaal

Prosa - ontleding

2 of 41

Struktuurelemente van ’n letterkundige werk

3 of 41

Inhoudsopgawe

  1. Titel

2. Toon

3. Knoop

4. Styl & stylfigure

5. Bedoeling

6. Verteller

7. Karakters

8. Karakterbeelding

9. Dialoog

10. Handeling

11. Konflik/botsing/spanning

12. Milieu/ agtergrond/omgewing

13. Intrige

14. Identifikasie

15: Tema / Boodskap

16. Voorblad / skutblad/ agterblad

4 of 41

Titel

5 of 41

Titel

  • Dit stel bekend waaroor die verhaal gaan handel

6 of 41

Toon

7 of 41

Toon

  • Dit is die wyse waarop die outeur homself uitdruk
  • Deur middel van die outeur se woordkeuse word ‘n sekere atmosfeer/gevoel geskep
  • Vriendelik; skerp; sarkasties; ironies; woedend; humoristies of neerhalend

8 of 41

Knoop

9 of 41

Knoop

  • Dit is die storielyn wat deur die loop van die verhaal ontwikkel
  • Die outeur se vermoë om spanning, weetgierigheid, romanse of spanning te skep dra by tot die sukses van die verhaal

10 of 41

Styl & stylfigure

11 of 41

Styl -a � deur woordkeuse en taalgebruik geskep en ontwikkel

         Stylfigure

    •  Apostroof – regstreekse, retoriese uitroep van woede, verbasing of opgewondenheid, bv. “Dood, waar is jou angel?“
    • Antonomasia –  figure uit die Bybel of mites gebruik, bv. “Simson, Metusalem” 
    • Antitese of kontras – twee uiterstes, bv. “die soet en die suur”
    • Cliché – afgesaagde uitdrukking / trefkrag verloor
    • Disfeminisme – buitensporige en kras beskrywings 
    • Enumerasie/opnoemtegniek – opnoem van dinge wat nie bymekaar pas nie
    • Feite (die werklikheid) en menings (net ‘n opinie)
    • Geïmpliseerde betekenis / suggestie - leser moet ‘n afleiding maak 
    • Innuendo – iets verkleinerend of vernederend gesuggereer – blondinegrappies

12 of 41

Styl -b � deur woordkeuse en taalgebruik geskep en ontwikkel

Stylfigure

    • Implisiete betekenis – verskuilde boodskap - suggestie
    • Karikatuur – belaglike, bespotlike, komiese voorstelling van iets of iemand
    • Ostranenie (defamiliarisering) – laat jou nuut dink oor die alledaagse, bv. “Die dag breek met ‘n pouveer in sy hoed”  
    • Polisindeton – herhaling van ‘n voegwoord, bv. “en”
    • Regressie – agteruitgang – bv. van liefde na haat
    • Simboliek – iets konkreets word die teken van iets abstraks – duif / vrede
    • Satire – menslike swakhede word bespotlik voorgestel
    • Sarkasme – sê minagtend of spottend wat jy dink – verneder iemand
    • Woordspeling – speel grappenderwys met verskillende betekenisse van ‘n woord 

13 of 41

Bedoeling

14 of 41

Bedoeling

  • Om te vermaak
  • Om inligting oor te dra
  • Om op te voed
  • Die sukses van die prosawerk is afhanklik van die mate waarin die outeur daarin geslaag het om sy intensie of bedoeling te bereik

15 of 41

Verteller

16 of 41

Verteller

Ek-verteller/ eerstepersoonsverteller

    • Een van die karakters in die verhaal
    • Aan tyd en plek gebind
    • Weet nie wat ander karakters dink, doen en voel nie
    • Subjektief (bevooroordeeld)

Alomteenwoordige verteller/ derdepersoonsverteller

    • Staan buite die verhaal
    • Nie aan tyd en plek verbind nie
    • Weet wat ander karakters hoor, sien, dink en voel
    • Objektief (onbevooroordeeld)

17 of 41

Karakter

18 of 41

Karakter & karakterontwikkeling

Hoofkarakters

    • Belangrikste karakters waarom alles draai
    • Daar vind groei of verandering in die karakter plaas
    • Die karakter wat die leser aan die einde van die verhaal die beste ken
    • Innerlike en uiterlike karaktereienskappe en optrede kan gedurende die verloop van die verhaal verander - karakterontwikkeling

Newekarakters

    • Ander karakters wat nie so belangrik of aktief in die verhaal is nie
    • Innerlike en uiterlike karaktereienskappe en optrede kan gedurende die verloop van die verhaal verander - karakterontwikkeling

19 of 41

Karakterbeelding

20 of 41

Karakterbeelding

* Die leser leer ken die karakter op die volgende maniere:

    • Naamgewing en beskrywing
    • Dit wat die karakter self sê en doen
    • Dit wat die ander karakters oor hom/haar sê
    • Uit gesprekke tussen karakters
    • Hoe ‘n karakter tydens botsing/konflik optree

21 of 41

Dialoog

22 of 41

Dialoog

Die gesprekke wat tussen die karakters plaasvind

Deel van die handeling, omdat dit die gebeure kan laat plaasvind

23 of 41

Handeling

24 of 41

Handeling

Uiterlike handeling

    • Aksies wat gesien kan word, soos gesigsuitdrukkings, bewegings en gebare van karakters

Innerlike handeling

    • Die karakters se emosies en denke (dit wat hulle dink en voel)

25 of 41

Konflik/botsing/spanning

26 of 41

Konflik/botsing/spanning� - dra by tot die opwinding

Uiterlike konflik/ botsing/ spanning

    • Tussen die karakters wanneer een of meer karakters oor ‘n saak verskil

Innerlike konflik/ botsing/ spanning

    • In karakters se gedagtes/gemoed wanneer die karakter sukkel om een of ander probleem vir homself uit te sorteer

27 of 41

Milieu/agtergrond/omgewing

28 of 41

Milieu/ agtergrond/ omgewing� - tyd (wanneer) & ruimte (waar) die verhaal afspeel

Die leser leer meer oor die milieu deur:

    • Die agtergrond van die verhaal
    • Die kleredrag van die karakters
    • Die karakters se taalgebruik en gewoontes
    • Verwysings na werklike plekke, persone en gebeure

29 of 41

Intrige

30 of 41

Intrige

    • Dit is hoe die gebeure in die verhaal verloop
    • Dit is die dinge wat met die karakters gebeur en hul lewens beïnvloed
    • Die gebeure is nie altyd chronologies (in volgorde) nie

31 of 41

Identifikasie

32 of 41

Identifikasie

Dit beteken dat die leser hom- of haarself in die skoene van een van die karakters kan plaas

33 of 41

Tema & Boodskap

34 of 41

Tema en boodskap

Tema

    • Die tema van die verhaal is die lewensiening wat deur die verhaal oorgedra word
    • Die tema is universeel en dus op alle mense in enige tyd en op enige plek in die wêreld van toepassing

Boodskap

    • Elke leser kan ‘n lewensles uit ‘n prosawerk leer, dit is die boodskap van die verhaal

35 of 41

Progressie & volgorde

36 of 41

Progressie en volgorde

Progressie

    • Dit is die veranderinge, vooruitgang of ontwikkeling wat in die verhaal plaasvind
    • Dit loop gewoonlik op die klimaks (opbou van gebeure tot ‘n hoogtepunt) uit

Volgorde

    • Chronologies – as die skrywer die verhaal in die volgorde van gebeure skryf met

geen afwyking van die tyd nie. Die verhaal begin bv. in die oggend en eindig in die aand

    • A-chronologies - as die skrywer die verhaal skryf en in tyd rondspring. Terugflitse word in die verhaal gebruik om sodoende die hede beter te verstaan of ‘n bepaalde doel te verrig

37 of 41

Voorblad/skutblad/agterblad

38 of 41

Voorblad/ skutblad/ agterblad

Voorblad

    • Dit bevat die titel, die outeur en soms ‘n illustrasie
    • Moet die leser se aandag trek
    • Pryse wat die boek gewen het kom ook hier voor

Skutblad

    • Inligtingsbladsy voor in die boek wat inligting gee oor die uitgewer, outeur, jaar van druk en dies meer

39 of 41

Voorblad/ skutblad/ agterblad

Agterblad

    • Dit bevat die bandteks (lokstuk) asook die ISBN-nommer
    • Bandteks: kort opsomming van die gebeure in die boek, sonder om die storie weg te gee - moet die leser nuuskierig maak
    • ISBN-nommer ( Internasionale Standaardboeknommer van die unieke boek) en uitgewer (die maatskappy wat die boek druk en versprei) van die boek

40 of 41

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

41 of 41

DANKIE!