1 of 15

Die opsomming

Afrikaans Huistaal

2 of 15

Dr. Cecilia Klopper

Curaparent.co.za

3 of 15

Hoe beantwoord ek die opsomming?

4 of 15

Die stappe om ‘n opsomming te doen

Stap 1: Lees die instruksies baie noukeurig – word daar van jou verwag om sewe genommerde sinne te skryf, of dalk ‘n paragraaf van sewe sinne? Uit hoeveel woorde moet jou opsomming bestaan? 

Stap 2: Lees die opskrif - dit gee jou ‘n goeie idee van die inhoud van die teks.

Stap 3: Lees die teks en onderstreep ten minste 7 belangrike woorde/frases of sinne – dit sal jou help wanneer jy sewe sinne in jou eie woorde moet skryf oor die sewe belangrikste aspekte. 

Stap 4: Maak ‘n breinkaart wat jou sewe belangrike punte bevat.

Stap 5: Skryf ‘n eerste poging in jou eie woorde – indien jy nie die woordgebruik in die teks/paragraaf/sin verstaan nie, mag jy gedeeltelik direk aanhaal, maar maak seker dat jou sinskonstruksie korrek is met ‘n onderwerp, gesegde (werkwoord) en voorwerp (indien daar een is).

Stap 6: Proeflees jou eerste poging baie krities en korrigeer die volgende: aantal woorde, spelling, woordorde, sinskonstruksie en woordgebruik.

Stap 7: Skryf nou jou finale poging. Trek ‘n lyn deur jou eerste poging. Dui ook  die aantal woorde regs onderaan  jou finale poging. 

5 of 15

Stap 1 - Lees die instruksies baie noukeurig

  • Lees die leesstuk Almal wonder oor Pluto, wat op die volgende skyfies volg, noukeurig deur en skryf dan 7 interessante feite oor die planeet Pluto in jou eie volsinne neer. Geen telegramstyl is aanvaarbaar nie.
  • Jou sinne moet genommer wees en uit ongeveer 70 woorde bestaan.
  • Skryf die totale aantal woorde regs onder.

6 of 15

Stap 2- Lees die opskrif

Almal wonder oor Pluto

7 of 15

Stap 3 -Lees die teks en onderstreep ten minste 7 belangrike woorde/frases of sinne

Almal wonder oor Pluto

Clyde Tombaugh was maar 25 jaar oud toe hy ‘n belangrike ontdekking by die Lowell-sterrewag in Arizona gemaak het. Hy het op 28 Februarie 1930 twee foto’s van dieselfde sterreveld vergelyk. Die foto’s is ses dae uitmekaar geneem. Clyde het gesien dat ‘n voorwerp teen die agtergrond van die sterre beweeg het. 

Die voorwerp is toe Planeet X, die negende planeet waarna Percival Lowell jare lank gesoek en waarvoor hy die Lowell-sterrewag gestig het. Die soektog het ná sy dood in 1916 voortgeduur tot Clyde se ontdekking jare later.

8 of 15

Stap 3 - vervolg

Pluto is vernoem na die  Romeinse naam vir die Griekse god van die onderwêreld. Die temperatuur op die oppervlak van Pluto is om en by –220 °C en dit neem die planeet 248 jaar om een wentelbaan om die son te voltooi.

Vandag word Pluto egter nie meer ‘n planeet genoem nie.- dit is in 2006 as ‘n dwergplaneet herklassifiseer.

Dwergplanete het nes planete genoeg swaartekrag om rond te wees, maar is, soos die naam aandui, kleiner.

Terwyl hulle ook om die son wentel, het ‘n dwergplaneet se wentelbaan ook ander voorwerpe soos asteroïedes daarin. Planete het meestal hul pad om die son met hul swaartekrag skoongemaak.

Clyde is in 1997 oorlede en sy as was aan boord van die New Horizons-ruimtetuig toe dit in Januarie 2006 op ‘n sending na Pluto vertrek het. 

Bron: Huisgenoot, 24 Februarie 2022, bl. 75.

9 of 15

Stap 4 – maak ‘n breinkaart wat jou 7 belangrike punte bevat

Pluto

Griekse god van onderwêreld

Tombaugh

1930

Planeet -X

Temperatuur ---220 ° C

248 jaar –een wentelbaan om die son

2006 –dwergplaneet –Kleiner as ‘n planeet

Genoeg swaartekrag om rond te wees

Asteroïedes in sy wentelbaan om son

10 of 15

Stap 5 - Skryf ‘n eerste poging in jou eie woorde

1. Die 25-jarige clyde Tombaugh het Pluto in Februarie 1935 ondek.

2. Dit is eers Planeet X genoem, maar later na die griekse god van die onderwereld vernoem.

3. Die temperatuur op Pluto is -220°C.

4. Dit neem Pluto 248 jaar om een wentelbaan om die son te voltooi.

5. In 2007 is Pluto as ‘n dwergplaneet herklassifiseer omdat dit so klein is.

6. Dit het genoeg swaartekrag om rond te wees.

7. Dit het asteroïedes in sy wentelbaan. 72 woorde

11 of 15

Stap 6 – Proeflees en korrigeer jou eerste poging

1. Die 25-jarige Clyde Tombaugh het Pluto op 28 Februarie 1930 ontdek.

2. Dit is eers Planeet X genoem, maar later na die Griekse god van die onderwêreld vernoem.

3. Die temperatuur op Pluto is 220°C. Pluto se temperatuur is –220 °C.

4. Dit neem Pluto 248 jaar om een wentelbaan om die son te voltooi.

5. In 2006 is Pluto as ‘n dwergplaneet herklassifiseer omdat dit so klein is.

6. Dit het genoeg swaartekrag om rond te wees. 

7. Dit het asteroïedes in sy wentelbaan om die son. 70 woorde

12 of 15

Stap 7 – Skryf nou jou finale poging

1. Die 25-jarige Clyde Tombaugh het Pluto op 18 Februarie 1930 ontdek.

2. Dit is eers Planeet X genoem, maar later na die Griekse god van die onderwêreld vernoem.

3. Die temperatuur op Pluto is –220 °C.

4. Dit neem Pluto 248 jaar om een wentelbaan om die son te voltooi.

5. In 2006 is Pluto as ‘n dwergplaneet herklassifiseer omdat dit so klein is.

6. Dit het genoeg swaartekrag om rond te wees. 

7. Dit het asteroïedes in sy wentelbaan om die son.                           70 woorde

13 of 15

Hoe word jou opsomming nagesien?

  • Die sewe feite moet gebaseer wees op die instruksie.
  • Geen opskrif is nodig nie.
  • Skryf jou eie volledige sinne – geen telegramstyl word aanvaar nie.
  • Jy mag woorde wat in die teks verskyn gebruik.
  • Dui duidelik aan watter jou finale poging is, dit is selfs beter om ‘n lyn deur jou eerste poging te trek.
  • Hou by die aantal woorde. Nasieners sal slegs tot by die 70e woord merk (graad 12). Dui die aantal woorde onder regs aan.
  • Punte word soos volg toegeken:          7 feite – 7 punte 

                                                                        Taal -       3 punte      Totaal: 10 punte

  • Toekenning van Taalpunte indien leerder nie woordeliks aangehaal het nie:
  • 1-3 feite korrek: ken 1 punt toe
  • 4-5 feite korrek: ken 2 punte toe
  • 6-7 feite korrek: ken 3 punte toe
  • Toekenning van Taalpunte indien leerder woordeliks aangehaal het:
  • 6-7 direkte aanhalings: geen punte vir taal nie
  • 4-5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe
  • 2-3 direkte aanhalings: ken 2 punte vir taal toe

14 of 15

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

15 of 15

DANKIE!