Afrikaans Huistaal
Dr. Cecilia Klopper
Morfologie - Woordleer
Morfologie is die studie van die bou van woorde en die betekenis van die gedeeltes van die woord
Wat is ’n morfeem?
Elke stukkie van die woord wat ‘n betekenis en/of ‘n funksie het.
Bv. ontwatering het drie morfeme naamlik ont + water + ing
Die morfeem in ‘n woord wat alleen kan staan word die sentrale morfeem of stam genoem.
Bv. Ontwatering: water = stam
Ont + ing kan nie op hul eie betekenis dra nie
Simpleks, Kompleks en Bepaler en Kern
Simpleks- ongelede woord
Wanneer ‘n woord nie in kleiner dele opgedeel kan word nie
Bv. water, grond, huis, mens
Kompleks- gelede woord
Wanneer ‘n woord uit een of meer stamme bestaan en/of voor- en/of agtervoegsels. bv. boeksak, boeke, gesakte
Bepaler en Kern - kern dui aan waarop die woord betrekking het.
Bv. boeksak - Kern = sak & bepaler = boek
klimop - Kern = klim & bepaler = op
doofstom – Kern = doof & kern = stom
2. Morfeme:
a. Samestellings
Twee afsonderlike woorde (stamme) wat ‘n nuwe woord vorm.
Doek – handdoek, babadoek
Koek – wortelkoek, pannekoek, roomkoek
Stam is die basisvorm of basismorfeem.
Soms is daar ‘n verbindingsklank om uitspraak te vergemaklik, bv. lied + er + bundel
‘n Verbindingsklank is NIE ‘n morfeem nie en dra NIE betekenis NIE.
Samestellings kan ook affikse (voor -of agtervoegsels ) hê.
Bv. ver (voorvoegsel) + koop (stam) + s (verbindingsklank) + plekke (stam)
a. Samestellings vervolg
Samestellings met twee of meer stamme: wasbak, rolnektrui
Samestellings met -e- as verbindingsklank: hondehok, perderuiter
Samestellings met -s- as verbindingsklank: knoopsgat, broekspyp
Samestellings met -er-; -en- of -ens- as verbindingsklank: kindersiekte, etenstyd, sterwensuur, lewenstyl
a. Samestellings vervolg
Samestellings waar die eerste woord op ‘n -s- eindig en die tweede woord met ‘n -s- begin:
Fietssaal, dasspeld, jakkalsstreke, jassak
Samestellings waar die eerste woord in die enkelvoud geskryf word en die tweede woord met ‘n -s- begin: dameskoen, meisieskool, seunskool – SLEGS EEN –S-
Samestellings met -s- as verbindingsklank: knoopsgat, broekspyp
Samestellings met ander verbindingsklanke: koppenent, westerkim, kattekwaad, geestesgesondheid, kindsbeen
b. Samestellende afleiding
Wanneer ’n woord uit twee oorspronklike selfstandige woorde en ’n affiks gevorm word: hardnekkig, dikvellig, dubbelsinnig, swartgallig (sonder die affikse het die woord geen betekenis nie).
c. Afleidings
Bestaan uit ’n sentrale morfeem of stam en nuwe woorde word gevorm deur affikse (afleidingsmorfeme) by te voeg.
Premorfeem, voorvoegsel of prefiks, bv. ont + moedig
Postmorfeem, agtervoegsel of suffiks, bv. ontmoedig + ing
- Loos = sonder
bv. moede + loos = sonder moed
- Heid = in besit van ’n besondere eienskap
Bv. koppig + heid = iemand is koppig
c. Afleidings
-- ende = nou besig om te gebeur- teenwoordige deelwoorde
Bv. gillende, rokende, blaffende, soekende
-- ing = verander ‘n werkwoord na ‘n selfstandige naamwoord
Bv. woon - woning, leen - lening
-- erig = verander soms werkwoorde na byvoeglike naamwoorde
Bv. tergerig , skrikkerig, plaerig
Metamorfeme / klinkerwisseling
Bv. bid: gebede & bedelaar
Wreek: wrok en wraak
c. Afleidings
Substantivering: werkwoord (of ander woordsoorte) verander na ‘n selfstandige naamwoord m.b.v affikse:
Bv. bak (ww) – bakker (s.nw)
- Adjektivering: s.nw (of ander woordsoorte) verander na ‘n byvoeglike naamwoord m.b.v affikse:
Bv. dank (s.nw) – dankbare ( byvoeglike naamwoord)
-Verbalisering: s.nw (of ander woordsoort) verander na ’n werkwoord m.b.v. affikse
Bv. man - beman
Fleksiemorfeme: word aan woorde gesit om meervoude, verkleinwoorde of trappe van vergelyking te vorm, asook die verbuigde vorm van byvoeglike naamwoorde en afgeleide selfstandige naamwoorde
c. Afleidings - Fleksiemorfeme vervolg
-Premorfeme in afgeleide s.nwe: aartsvader (eerste), antikloksgewys (teen), antwoord (teen), onding (sleg/nie), wanorde (sleg/nie), oerinstink (oud/oorspronklik), mislei (sleg), afgrond (nie), telefoon (ver)
-Postmorfeme in afgeleide s.nwe: luisteraar, luiaard, kommentator, bestuurder, produsent, slagter, bloemis, klerasie, stouterd
Postmorfeme in afgeleide abstrakte s.nwe: wreedheid, snobisme, rykdom, leierskap, brutaliteit
Premorfeme in afgeleide byvoeglike naamwoorde: aartsdom (baie), onnet (nie), beroemd (voorsien van), oeroud (baie)
c. Afleidings-Fleksiemorfeme vervolg
Postmorfeme in afgeleide byvoeglike naamwoorde: rotsagtig, vrugbaar, heldhaftig, departementele, dissiplinêre, buigsaam
-Premorfeme in afgeleide werkwoorde: herwin (weer), misreken (sleg), onthoof (beroof van), ontdek, (begin) ontslaan (weg), versilwer (oor), bekroon (gee)
Postmorfeme in afgeleide werkwoorde: definieer, waardeer
Postmorfeme in afgeleide bywoorde: mondelings, veiligheidshalwe , maandeliks
Kontak my gerus
ceciliaklopper@gmail.com
DANKIE!