1 of 18

Afrikaans Huistaal

Dr. Cecilia Klopper

2 of 18

Morfologie - Woordleer

3 of 18

Morfologie is die studie van die bou van woorde en die betekenis van die gedeeltes van die woord

4 of 18

  1. Morfeme:
  • Simpleks
  • Kompleks
  • Bepaler & Kern

5 of 18

Wat is ’n morfeem?

Elke stukkie van die woord wat ‘n betekenis en/of ‘n funksie het. 

Bv. ontwatering het drie morfeme naamlik ont + water + ing

Die morfeem in ‘n woord wat alleen kan staan word die sentrale morfeem of stam genoem.

Bv. Ontwatering: water = stam 

Ont + ing kan nie op hul eie betekenis dra nie 

6 of 18

Simpleks, Kompleks en Bepaler en Kern

Simpleks- ongelede woord

Wanneer ‘n woord nie in kleiner dele opgedeel kan word nie

Bv. water, grond, huis, mens

Kompleks- gelede woord

Wanneer ‘n woord uit een of meer stamme bestaan en/of voor- en/of agtervoegsels. bv. boeksak, boeke, gesakte 

Bepaler en Kern - kern dui aan waarop die woord betrekking het.

Bv. boeksak -     Kern  = sak         &          bepaler = boek

       klimop -       Kern = klim       &          bepaler = op

doofstom – Kern = doof & kern = stom

7 of 18

  • Samestellings
  • Afleidings
  • Samestellende afleidings

2. Morfeme:

8 of 18

a. Samestellings

Twee afsonderlike woorde  (stamme) wat ‘n nuwe woord vorm.

Doek – handdoek, babadoek

Koek – wortelkoek, pannekoek, roomkoek

Stam is die basisvorm of basismorfeem.

Soms is daar ‘n verbindingsklank om uitspraak te vergemaklik, bv.  lied + er + bundel

‘n Verbindingsklank is NIE ‘n morfeem nie en dra NIE betekenis NIE.

Samestellings kan ook affikse (voor -of agtervoegsels ) hê. 

Bv. ver (voorvoegsel) + koop (stam) + s (verbindingsklank) + plekke (stam)

9 of 18

a. Samestellings vervolg

Samestellings met twee of meer stamme: wasbak, rolnektrui

Samestellings met -e- as verbindingsklank: hondehok, perderuiter

Samestellings met -s- as verbindingsklank: knoopsgat, broekspyp

Samestellings met -er-; -en- of -ens- as verbindingsklank: kindersiekte, etenstyd, sterwensuur, lewenstyl

10 of 18

a. Samestellings vervolg

Samestellings waar die eerste woord op ‘n -s- eindig en die tweede woord met ‘n -s- begin:

Fietssaal, dasspeld, jakkalsstreke, jassak

Samestellings waar die eerste woord in die enkelvoud geskryf word en die tweede woord met ‘n -s- begin: dameskoen, meisieskool, seunskool – SLEGS EEN –S-

Samestellings met -s- as verbindingsklank: knoopsgat, broekspyp

Samestellings met ander verbindingsklanke: koppenent, westerkim, kattekwaad, geestesgesondheid, kindsbeen

11 of 18

b. Samestellende afleiding

Wanneer ’n woord uit twee oorspronklike selfstandige woorde en ’n affiks gevorm word: hardnekkig, dikvellig, dubbelsinnig, swartgallig (sonder die affikse het die woord geen betekenis nie). 

12 of 18

c. Afleidings

Bestaan uit ’n sentrale morfeem of stam en nuwe woorde word gevorm deur affikse (afleidingsmorfeme) by te voeg. 

Premorfeem, voorvoegsel of prefiks, bv. ont + moedig

Postmorfeem, agtervoegsel of suffiks, bv. ontmoedig + ing 

- Loos = sonder

bv. moede + loos = sonder moed

- Heid = in besit van ’n besondere eienskap

Bv. koppig + heid = iemand is koppig

13 of 18

c. Afleidings

-- ende = nou besig om te gebeur- teenwoordige deelwoorde

Bv. gillende, rokende, blaffende, soekende

-- ing = verander ‘n werkwoord na ‘n selfstandige naamwoord

Bv. woon - woning, leen - lening

-- erig = verander soms werkwoorde na byvoeglike naamwoorde

Bv. tergerig , skrikkerig, plaerig

Metamorfeme / klinkerwisseling

Bv. bid: gebede & bedelaar

Wreek: wrok en wraak

14 of 18

c. Afleidings

Substantivering: werkwoord (of ander woordsoorte) verander na ‘n selfstandige naamwoord m.b.v affikse:

Bv. bak (ww) – bakker (s.nw)

- Adjektivering: s.nw (of ander woordsoorte) verander na ‘n byvoeglike naamwoord m.b.v affikse:

Bv. dank (s.nw) – dankbare ( byvoeglike naamwoord)

-Verbalisering: s.nw (of ander woordsoort) verander na ’n werkwoord m.b.v. affikse

Bv. man - beman

Fleksiemorfeme: word aan woorde gesit om meervoude, verkleinwoorde of trappe van vergelyking te vorm, asook die verbuigde vorm van byvoeglike naamwoorde en afgeleide selfstandige naamwoorde

15 of 18

c. Afleidings - Fleksiemorfeme vervolg

-Premorfeme in afgeleide s.nwe: aartsvader  (eerste), antikloksgewys (teen), antwoord (teen), onding (sleg/nie), wanorde (sleg/nie), oerinstink (oud/oorspronklik), mislei (sleg), afgrond (nie), telefoon (ver)

-Postmorfeme in afgeleide s.nwe:  luisteraar, luiaard, kommentator, bestuurder, produsent, slagter, bloemis, klerasie, stouterd

Postmorfeme in afgeleide abstrakte s.nwe: wreedheid, snobisme, rykdom, leierskap, brutaliteit

Premorfeme in afgeleide byvoeglike naamwoorde: aartsdom (baie), onnet (nie), beroemd (voorsien van), oeroud (baie)

16 of 18

c. Afleidings-Fleksiemorfeme vervolg

Postmorfeme in afgeleide byvoeglike naamwoorde: rotsagtig, vrugbaar, heldhaftig, departementele, dissiplinêre, buigsaam

-Premorfeme in afgeleide werkwoorde: herwin (weer), misreken (sleg), onthoof (beroof van), ontdek, (begin) ontslaan (weg), versilwer (oor), bekroon (gee)

Postmorfeme in afgeleide werkwoorde: definieer, waardeer

Postmorfeme in afgeleide bywoorde: mondelings, veiligheidshalwe , maandeliks

17 of 18

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

18 of 18

DANKIE!