1 of 20

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Dr. Cecilia Klopper

2 of 20

2

Direkte en indirekte rede

Direct and indirect speech (Reported speech)

3 of 20

3

Langenhoven het gesê: “Jy moet jou swaarkry met lekkerkry klaarkry.”

4 of 20

4

Direkte rede: Langenhoven het gesê: “Jy moet jou swaarkry met lekkerkry klaarkry.”

Wat het Langenhoven gesê?

Indirekte rede: Langenhoven het gesê dat jy jou swaarkry met lekkerkry moet klaarkry.

5 of 20

Belangrik:

  • Moet nooit die tyd van die inleidende werkwoord verander nie. Never change the tense of the introductory verb.

Hy sê” bly “hy sê” & Hy het gesê” bly “hy het gesê”

  • Indien die direkte rede ‘n stelling is, gebruik jy die voegwoord in groep 3 “dat” om die indirekte rede te vorm - Statements: use “dat” in the reported speech
  • Indien die direkte rede ‘n vraag sónder ‘n vraagwoord is, (waar, waaarom, waarin, hoekom…) gebruik jy die voegwoord uit groep 3 “of” om die indirekte rede te vorm.

If it is a question without a question word, use “of” in the reported speech

  • Indien dit ‘n vraag mét ‘n vraagwoord is, gebruik jy daardie betrokke vraagwoord (ook voegwoorde uit groep 3), om die indirekte rede te vorm.

Questions with a question word, use the question word as a conjunction in the indirect speech

  • Voegwoorde uit groep 3, dus “dat”, “of” asook die vraagwoorde, neem die werkwoord na die einde van die sin. ( Met die uitsondering van “nie” en die infinitief-frase wat na die werkwoord geplaas sal word.)

Conjunctions from group 3 take the verb to the end of the sentence.  (Remember the infinitive or “nie” always appears last in a sentence.)

6 of 20

Persoonlike voornaamwoorde

  • Verander die persoonlike voornaamwoorde (personal pronouns) waar nodig
  • Bv. 1. Die verpleegster sê: “Ek het die pasiënt ingespuit.”

Die verpleegster sê dat sy die pasiënt ingespuit het.

         2. Die onderwyseres sê vir my: “Jy moet ‘n mediese dokter word.”

Die onderwyseres sê vir my dat ek ‘n mediese dokter moet word.

         3. Die dokter sê: “Julle moet die inenting teen die Corona-virus kry.”

Die dokter sê dat hulle die inenting teen die Corona-virus moet kry.

4. Die mediese student beweer: “Die lektor het nie vir ons die werk mooi

verduidelik nie.”

Die mediese student beweer dat die lektor nie vir hulle die werk mooi

verduidelik het nie.

6

7 of 20

Persoonlike voornaamwoorde

  • Verander die persoonlike voornaamwoorde as volg:

7

Persoonlike voornaamwoord

Verander na:

ek/jy

hy/sy

ons

hulle/julle

julle

hulle

my

hom/jou/haar

myne/joune

syne/hare

ons s’n/julle s’n

hulle s’n

8 of 20

8

A. Indirekte rede Teenwoordige tyd

Present tense

9 of 20

  • A. Teenwoordige tyd �Stellings (statements): Hy sê, beweer… gebruik “dat” in die indirekte rede. �Moenie die tyd van die werkwoord of die bywoord van tyd/plek verander nie. �Do not change the tense of the verb or the adverbs of time/place.
  • Voorbeelde:

   1. D - Liam sê: “Ek sal dit nie vandag  doen om die ongeluk te vermy nie.”

I - Liam sê dat hy dit nie vandag sal doen (werkwoorde) om die

ongeluk te vermy nie. (Infinitief en “nie”)

   2. D - Die dame beweer: “Die aankomende motor het hier voor my

ingeswaai en ek kon nie my motor betyds tot stilstand bring

nie.

I - Die dame beweer dat die aankomende motor hier voor haar

ingeswaai het en dat sy nie betyds haar motor tot stilstand kon

bring nie.

9

10 of 20

  • A. Teenwoordige tyd �Stellings: Hy sê, beweer… kan ook sonder “dat” in die indirekte rede oorgeskryf word. �You can also report a present tense statement without ‘dat”.�Moenie die tyd van die bywoord van tyd/plek verander nie. �Do not change the time of the verb.
  • Voorbeelde:

   1. D - Liam sê: “Ek sal dit nie vandag  doen om die ongeluk te vermy nie.”

I - Liam sê hy sal dit nie vandag doen (werkwoorde) om die

ongeluk te vermy nie. (Infinitief en “nie”)

   2. D - Die dame beweer: “Die aankomende motor het hier voor my

ingeswaai en ek kon nie my motor betyds tot stilstand bring

nie.

I - Die dame beweer die aankomende motor het hier voor haar

ingeswaai en sy kon nie betyds haar motor tot stilstand

bring nie.

10

11 of 20

  • A. Teenwoordige tyd �Vrae sonder ‘n vraagwoord (questions without a question word): Vra, wil weet … gebruik “of” (if) in die indirekte rede.
  • Voorbeelde:

   1. D - Die botanikus vra: “Sal vergeet-my-nietjies in die Laeveld

groei?”

        I - Die botanikus vra of vergeet-my-nietjies in die Laeveld sal groei.

    2. D - Ma hou van ‘n tropiese tuin en vra: “Sal broodbome en palms 

in Bloemfontein aard?”

I – Ma hou van ‘n tropiese tuin en vra of broodbome en palms in

Bloemfontein sal aard.

11

12 of 20

  • A. Teenwoordige tyd �Vrae met ‘n vraagwoord (questions with a question word): Vra, wil weet … gebruik die vraagwoord in die indirekte rede.�Use the question word as a joining word in the indirect speech.
  • Voorbeelde:

1. D - Die tuinier wil weet: “Watter roos ruik die lekkerste?”

I - Die tuinier wil weet watter roos die lekkerste ruik.

2. D - Die onervare tuinier vra: “Wanneer moet ek roosvoeding op

die roosbome gooi?”

I - Die onervare tuinier vra wanneer hy roosvoeding op die roosbome

moet gooi.

3. D - Pa vra: “Hoekom moet die gras gereeld kompos kry?”

I – Pa vra hoekom die gras gereeld kompos moet kry.

12

13 of 20

13

B. Indirekte rede Verlede tyd

(Past tense)

14 of 20

  •  B. Verlede tyd-stellings (statements in the past tense): Hy het gesê,  het beweer, het gevra … gebruik “dat” in die indirekte rede. Verander die bywoorde van tyd /plek na die verlede tyd.�Change the adverbs of time/place to the past tense.�Verander die werkwoord (verb) na die verlede tyd (past tense).

Bywoorde wat verander:

14

hier

daar

gisteraand

die vorige aand

hiernatoe

daarnatoe

eergister

twee dae tevore

hierdie

daardie

môre

die volgende dag

nou/as/dan/ wanneer

toe

môremiddag

die volgende middag

vandag

daardie dag

môreaand

die volgende aand

gister

die vorige dag

oormôre

oor twee dae

gistermiddag

die vorige middag

15 of 20

  • B. Verlede tyd-stellings: Hy het gesê, het beweer, het geantwoord … gebruik “dat” in die indirekte rede. �Verander die werkwoord na die verlede tyd.�Verander die bywoorde van tyd /plek na die verlede tyd.�Change the verb, as well as the adverbs of time and place to the past tense.
  • Voorbeelde:
  • D - Die loods het gesê: “Ek sal nou ‘n noodlanding moet doen.”

I - Die loods het gesê dat hy toe ‘n noodlanding sou moes doen.

  1. D - Die verslaggewer het beweer: “Die lugwaardin het vandag op 

hierdie vlug die passasier se lewe gered.”

I – Die verslaggewer het beweer dat die lugwaardin daardie dag

op daardie vlug die passassier se lewe gered het.

15

16 of 20

  • B. Verlede tyd-vrae (past tense questions): Hy het gevra, wou weet… gebruik “of”, of die vraagwoord (question word)  in die indirekte rede. �Change the tense to the past tense.�Change the adverb of time/place to the past tense. 

Voorbeelde:

  1. D - Die passasier wou weet: “Waar kan ek môre vir my ‘n 

vliegtuigkaartjie koop?”

       I -  Die passasier wou weet waar hy die volgende dag vir hom ‘n kaartjie 

kon koop.

  2. D - Die ervare vlieënier het gevra: “Word die vliegtuig vandag deeglik 

getoets?”

I – Die ervare vlieënier het gevra of die vliegtuig daardie dag deeglik

            getoets is.

16

17 of 20

17

C. Uitroepe

Exclamations

18 of 20

  • C. Uitroepe: Hy het geskree/uitgeroep … gebruik “dat” in die indirekte rede. �Beskryf die uitroepe soos: “eina, hoera, ag nee!"�Describe the exclamations in your introductory sentence

Voorbeelde:

  1. D - Die netbalspan het uitgeroep: “Hoera, ons is die wenners!” 

       I - Die netbalspan het bly uitgeroep dat hulle die wenners is.

  2. D - Skielik het die vleuel geskree: “Eina, my enkel!”

I - Skielik het die vleuel van pyn geskree dat sy haar enkel beseer

het.

  3. D - Die o. 19-rugbyspan het uitgeroep: “Ag nee, ons het verloor!”

       I - Die o. 19-rugbyspan het teleurgesteld uitgeroep dat hulle 

verloor het.

18

19 of 20

19

Kontak my gerus:

ceciliaklopper@gmail.com

20 of 20

20

DANKIE!