1 of 11

2 of 11

GESAMENTLIKE TEMA

In Vraagje verwys die agtergond na apartheid, maar nou is die vraag: Wat is apartheid? Apartheid is ‘n stelsel wat in plek gestel was om verskillende rasse van mekaar te skei van 1948 tot die vroeë 1990’s. Die land was regeer deur blankes wat ook die minderheid van die bevolking uitmaak. Om nie dieper in die verlede te krap nie, maar om ook af te sluit: bruinmense sowel as ‘swart’ het baie gely onder die reëls en regulasies wat die apartheid regering gestel het. Baie bruinmense was diensknegte vir bevoorregte blankes en sommige was soos niksnutse behandel en dit het meer haat opgebou.

In hierdie gedigte vra die digters vrae en spreek ook met vele haat teenoor die onderdrukker(s). Daar kan duidelik gesien word dat die verlede ‘n groot impak het op die toekoms.

3 of 11

GEDIG 1 –VRAAGJE

Agtergrond van digter:

  • Digter is welbekend met sy eerste naam Akwasi. Sy volle naam is Akwasi Owusu Ansah
  • Gebore: 6 Maart 1988
  • Hy is Nederlands
  • Hy is welbekend as ’n ‘rapper’ ook.

4 of 11

Akwasi het op veertienjarige ouderdom begin rap en vyf jaar later die groep Zwart Licht gestig. Black Light staan ​​vir alles wat swart is wat in 'n goeie lig geplaas word. Benewens Akwasi, bestaan ​​die hip-hop-formasie uit die vervaardiger Hayzee en die rapper Leeroy. Saam het hulle die albums Bliksemschicht (2009), No Juju (2010), Leeroy Draait Door (2012) en Bliksem (2018) gemaak. Zwart Licht is bekend vir sy regstreekse reputasie, waarmee hulle drie jaar agtereenvolgens die Staatstoekenning vir Beste Regstreekse Akte gewen het. Hulle het altesaam vyf Staatstoekennings gewen, die hoogste getal in die geskiedenis van die destydse hip-hop-toekenning. Die waardering oortref sy eie genre toe die kollektief in 2019 ’n Edison-toekenning ontvang het vir die videosnit vir die liedjie Zwarte Hollanders.

In 2014 het Akwasi sy eerste solo-album Daar Ergens onder die vaandel van sy eie etiket Neerlands Dope vrygestel. Hy is geïnspireer deur die ontslape sanger en komediant Bram Vermeulen. Gewapen met nuwe musiek toer hy saam met 'n lewendige orkes na musieklokale en teaters regoor die land. Die algemene publiek sal aan die einde van Maart 2020 bekendgestel word aan sy tweede album Sankofa, 'n versameling werke geïnspireer deur die Ghanese son en verweef met Akwasi se Ghanese wortels. As ’n kroon op sy musikale oeuvre, sal Akwasi in 2021 ’n Edison-toekenning ontvang vir die videogreep van Extase.

Doordrenk van simboliek maak hy 'n kragtige visuele stelling teen xenofobie en vir vooruitgang. Akwasi soek altyd die verband tussen verskillende musiekstyle. Hy het saam met die rappers Winne, Fresku, Hef, Sticks en Typhoon gewerk, maar hy het ook musiek gemaak met name soos Kenny B, Frenna, Charly Luske, Giovanca en Bizzey.

5 of 11

6 of 11

VERTALING

Vra Jou

Was jy ooit in Kaapstad gewees?

het jy ooit ‘n taal gekaap?

‘n mens gekaap

iemand met goeie hoop gekaap?

NEE

oukei

dit was maar ‘n vraag

7 of 11

GEDIG ONTLEDING

  • TITEL: “Vraagje”(Vra Jou) is die sleutel tot die inhoud van die gedig en vat die kerngedagte saam: Wat moet ek myself afvra? Waaroor moet ek nadink om ‘n antwoord te kry???
  • SPREKER: is die digter self
  • AANGESPROKENE: Die digter vra vir alle lesers(almal wat die gedig lees) die vraag
  • Die digter vra retoriese vrae, want hy weet min of meer wat die antwoord van die lesers is, maar hy wil ook hê hulle moet ‘n bietjie dink
  • INHOUD: Die gedig gaan oor die gesteel van vele dinge wat die lesers nie regtig agter kom nie, want die heersers/regeerders hou die mense so besig dat daar nie eers tyd is om vir hulle vrae te vra nie.
  • DIGVORM: vrye versreël, dus geen vaste rympatroon

8 of 11

Vraagje

ben je ooit in kaapstad geweest

heb je ooit een taal gekaapt

land gekaapt

een mens gekaapt

iemands goede hoop gekaapt

nee

oké

het was maar een vraag

- Kleure verteenwoordig: Assonansie, Alliterasie

9 of 11

Stylfigure

  • Denotatiewe betekenis: Die digter wil weet of die leser fisies in Kaapstad was. Het die leser fisies iets teen iemand se sin afgevat.
  • Konnotatiewe betekenis: dit kan gesien word as een van die ‘wit’ kuiergaste wat ten gunste van apartheid is wat gevra was of hulle in Kaapstad was. Het hulle ‘n ‘taal’, kan verwys na ‘n kultuur’, of idees, kom steel. Het hulle nog van ons land kom koop en ons besteel? Het hulle nog een mens beroof van hul land(eiendom) en gelukkigheid. Het hulle iemand se enigste hoop vir ‘n geleentheid kom steel/kaap.
  • “land gekaap” is ‘n vorm van litotes – ‘n land is baie groot en kan nie gesteel word nie, iets wat gesteel word is klein, dus word ‘land’ verklein in die gedig. Dit was nie letterlik afgevat nie, maar die effek was letter(die land kan nie geskuif word na ‘n ander plek toe nie, maar die mense kan)
  • “een mens gekaapt” verwys na die identiteit van die oorspronklike inwoners van Kaapstad wat gesteel was – ‘n woonplek word gewoonlik verwys as die “ek-plek” waar jou identiteit baie ontwikkel, as dit van jou weggeneem word word ‘n groot deel van jou weggeneem.
  • “iemands goede hoop gekaapt” kan verwys na diegene wat hoop gehad het om iets te bekom, maar was van die geleentheid beroof; dus word ek herinner aan Krismis van Map Jacobs waar die hoofkarakter, Johnnie(Map Jacobs), gedink het hy het ‘n blink toekoms ná skool, maar ongelukkig weens apartheid het dinge nie uitgewerk soos dit moes nie.

10 of 11

EINDE VAN GEDIG 1

  • Die digter maak verwysing na die word ‘gekaapt’ meer as een keer om vir die leser aan te dui dat jy nie net fisies beroof word van jou besitting nie, maar emosioneel en ‘mentally’ – gekaap gebeur nie altyd net op een tyd nie, maar kan geleidelik gebeur.
  • Wanneer jy gekaap word word iets met geweld van jou/die eienaar geneem.
  • Die digter maak verwysing na Kaapstad spesifiek en nie net na Suid-Afrika as geheel nie, want in Kaapstad word mense daagliks beroof van hul besittings. Hoe dit ook al mag sy Kaapstad is die mees diverse stad in Suid-Afrika, waar mense van alle rasse hier kom werk, waar stories van die verlede soos ‘n veldbrand versprei.
  • Die digter verwys na ‘n taal wat gekaap is, dit wil nie wys na iets wat letterlik afgevat word van iemand nie, maar liewers geleidelik, meer figuurlik, jou taal het ‘n hand in jou erfenis, jou kultuur en jou menswees, dus kan die digter verwys na die identiteit wat gesteel was – is dit dalk die rede hoekom mense wat die standaard/suiwer Afrikaans gepraat het nie, of “wit” was anders gesien en behandel was?

11 of 11

  • Die vergelyking word getrek tussen die fisiese kaping en die konnotatiewe betekenis: die fisiese kaping was nie pynlik soos die lang geleidike pyn wat nie-blanke Suid-Afrikaners moes verduur nie.
  • Die digter eindig af met “het was maar een vraag” – die ‘retoriese vrae’ was toe nie net daar vir spek en boontjies nie, maar moes eintlik die leser op ‘n reis vat om innerlike antwoorde te kry oor of ons regtig beroof was voor ons oë sonder dat ons dit raak gesien het. Was dit regtig goeie ‘mind games’, dat ons fokus op die fisiese afbreek van dinge, maar nie die emosionele en mentaliteit afbreek nie. Dít is waaroor die digter gehad het ons moet ons self die vrae afvra in die titel ‘VRAAGJE/VRA JOU’
  • Die digter vra die vraag en dit kom voor dat die digter wil hê die aangesprokene moet diep dink. Hoekom gee jy jou mening oor iets as jy dit nie ervaar het nie? Hoekom is dit nie so erg as jy nie die pyn verduur het nie?
  • My mening: dit blyk soos die spreker ‘n gesprek het met iemand wat nie die erns sien in die nagevolge van Apartheid nie, iemand wat voel dis oor en verby so hoekom maak die mense nog ‘n bohaai van die saak – die spreker wil iemand net laat besef ‘oukei jy het dit nooit deurgemaak nie so hoekom gee jy jou mening?’