1 of 23

1

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Betreklike voornaamwoorde

2 of 23

2

Dr. Cecilia Klopper- CURAparent

3 of 23

3

Betreklike voornaamwoorde Relative pronouns

4 of 23

4

Do you find relative pronouns confusing: “wat, wie, waarmee, waaraan, waarin, in wie, waarvan die, met wie, daarna”…?

5 of 23

5

Betreklike voornaamwoorde -Relative pronouns are used as conjunctions from group 3 to combine two sentences

6 of 23

Betreklike voornaamwoorde

6

Wat?

Daarin?

Waarvan die?

Wie se?

Op wie?

Waarop?

Wie?

7 of 23

7

Vraag 1: Wanneer gebruik ek ‘wat’? When do I use: “wat”?

8 of 23

 1. Antwoord: Jy gebruik “wat”

  • Indien jy twee sinne moet kombineer en daar nie ‘n voorsetsel in die tweede sin is wat betrekking het op die soortnaam in die eerste sin nie. (E.g. in, op, met, by, tussen, agter, etc.)
  • It doesn’t matter if you have to do with a person or an animal, you use “wat” as your relative pronoun if there is NO PREPOSITION in the second sentence
  • Bv. 1.1. Die man is negentig jaar oud. Die man oefen nog elke dag.

Die man wat nog elke dag oefen, is negentig jaar oud.

1.2 Die perd is vinnig. Die perd wen die wedren.

Die perd wat die wedren wen, is vinnig.

1.3 Die vrou is sewentig jaar oud. Sy stap nog elke dag op die strand.

Die vrou wat elke dag op die strand stap, is sewentig jaar oud.

                 (The preposition “op” in the second sentence is not applicable to the 

                “vrou” in the first sentence.)

8

9 of 23

9

Vraag 2: Wanneer gebruik ek (When do I use: “wie se”?)

10 of 23

 2. Antwoord: Jy gebruik “wie se” (whose)

  • When you want to say “whose” with reference to a possession of someone, you use “wie se”.
  • Bv. 2.1 Die dogtertjie is baie hartseer. Haar hondjie is raakgery.

Die dogtertjie wie se (whose) hondjie raakgery is, is baie hartseer.

2.2 Die student het groot geskrik. Sy motor het ‘n duik aan die

linkerkant.

Die student wie se (whose) motor ‘n duik aan die linkerkant het, het

groot geskrik.

10

11 of 23

11

Vraag 3: Wanneer gebruik ek (When do I use): “waarvan die”?

12 of 23

 3. Antwoord: Jy gebruik “waarvan die (of which/ whose)”

  • When you want to indicate the possession of an animal or an inanimate object, you use waar +  van = waarvan (whose or of which)
  • Bv. 3.1 Die motor is baie oud. Die motor se bande is verslete.

Die motor waarvan die bande verslete is, is baie oud.

3.2 Die perd het die wedren verloor. Die perd se been is af.

Die perd waarvan die been af is, het die wedren verloor.

3.3 Die koek was nie ‘n sukses nie. Die koek se resep is nie

korrek neergeskryf nie.

Die koek waarvan die resep nie korrek neergeskryf is nie, was

nie ‘n sukses nie.

12

13 of 23

13

Vraag 4: Wanneer gebruik ek (When do I use): “wie ”?

14 of 23

 4. Antwoord: Jy gebruik “voorsetsel + wie” (who) 

  • Jy kan slegs “wie” gebruik indien daar ‘n VOORSETSEL IN DIE TWEEDE SIN is. (Bv. van, met, in, aan, op, by, langs, agter, voor, na, sonder… ) en as jy te doen het met MENSE.
  • You can only use “wie” as a relative pronoun if there is a preposition in the second sentence and you have to do with people.
  • Combine the preposition with “wie” as in the next examples:

Bv. 4.1 My neef bly in Kanada. Ek stuur gereeld aan hom

e-posboodskappe.

4.1 My neef aan wie ek gereeld e-posboodskappe stuur, woon in

Kanada.

4.2 Die baba is ‘n woelige krulkopseuntjie. Ek kyk bedags na die baba as sy

ma en pa werk.

Die baba na wie ek bedags kyk as sy ma en pa werk, is ‘n woelige

krulkopseuntjie.

14

15 of 23

4. “Voorsetsel + wie” (By mense)

15

Jy sal dus kry:

Op + wie

Die man op wie ek vertrou, is my pa.

By + wie

Die seun by wie ek die krieketkolf gekry het, is my beste vriend.

Agter + wie

Die blondekopmeisie agter wie ek in die klas sit, is my niggie.

Met + wie

Die onderwyseres met wie ek gesels het, ken haar vakgebied baie goed.

Van + wie

Die atleet van wie ons praat, is nie in ons skool nie.

16 of 23

16

Vraag 5: Wanneer gebruik ek (When do I use): “waar”?

17 of 23

5. Antwoord: Jy gebruik “waar + voorsetsel”

BELANGRIK!!!

  • You NEVER say:  “wat + prepositition,  e.g. - “Die stoel wat ek op sit, is baie oud.” X ☹ 
  • The correct answer is: Die stoel waarop ek sit, is baie oud. ✔☺
  • Only when there is a preposition in the second sentence   
  •  Only when you have to do with animals/objects
  • Bv.  5.1 Die boek is deur Dalene Matthee geskryf. Ek het van die boek gepraat.
  • Die boek waarvan (wat + van) ek gepraat het, is deur Dalene Matthee geskryf.                   

17

18 of 23

5. “Waar + voorsetsel” (By diere en dinge)

18

ONTHOU!!!

waarmet X ☹ waarvir X ☹

waarmee ✔ ☺ waarvoor✔☺

Wat + aan

Die appel waaraan ek raak, is myne.

Wat + deur

Die ingang waardeur ons stap, is hoog.

Wat + na + toe

Die vakansie-oord waarnatoe ons reis, is in Gauteng.

Wat + oor

Die gebeure waaroor almal praat is skokkend.

Wat + sonder

Die besitting waarsonder niemand wil wees nie, is ‘n selfoon.

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY

19 of 23

19

Vraag 6: Wanneer gebruik ek (When do I use):“daar”?

20 of 23

6. Antwoord: Jy gebruik “ daar + voorsetsel”

  • You use these in the place of (voorsetsel + “dit”) when you talk about ANIMALS/OBJECTS
  • Never use: “uit dit, met dit, by dit”
  • Bv. 6.1 Die melk is in die glas. Ek drink (uit dit).

Die melk is in die glas, ek drink daaruit.

6.2 Die sambreel is groot. Ons sit (onder dit) as dit reën.

Die sambreel is groot, ons sit daaronder as dit reën.

6.3 Dit is my troeteldier. Ek wil nooit (sonder dit) wees nie.

Dit is my troeteldier. Ek wil nooit daarsonder wees nie.

20

21 of 23

6. “daar + voorsetsel” (By diere en dinge)

21

ONTHOU!!!

daarmet X ☹ daarvir X ☹

daarmee ✔ ☺ daarvoor✔☺

aan + dit

Ek raak daaraan.

deur + dit

Ons loop daardeur.

na + dit + toe

Ons gaan gereeld daarnatoe.

oor + dit

Almal praat daaroor.

sonder + dit

Niemand wil daarsonder wees nie.

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY

22 of 23

22

Kontak my gerus:

cecilia@curaparent.co.za

23 of 23

23

DANKIE!