Die opsomming
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Dr. Cecilia Klopper
Curaparent.co.za
Hoe beantwoord ek die opsomming?
Die stappe om ‘n opsomming te doen
Stap 1: Lees die instruksies (instructions) baie noukeurig – word daar van jou verwag om sewe genommerde sinne te skryf of dalk ‘n paragraaf van sewe sinne? Uit hoeveel woorde moet jou opsomming bestaan?
Stap 2: Lees die opskrif (heading)- dit gee jou ‘n goeie idee van die inhoud van die teks.
Stap 3: Lees die teks en onderstreep ten minste 7 belangrike woorde/frases of sinne – (read the text and underline 7 important words/phrases). Dit sal jou help wanneer jy sewe sinne in jou eie woorde moet skryf oor die sewe belangrikste aspekte.
Stap 4: Maak ‘n breinkaart (mind map) wat jou sewe belangrike punte bevat.
Stap 5: Skryf ‘n eerste poging (first draft) in jou eie sinne (paraphrase) – indien jy nie die woordgebruik in die teks/paragraaf/sin verstaan nie, mag jy gedeeltelik direk aanhaal, maar maak seker dat jou sinskonstruksie korrek is met ‘n onderwerp, gesegde (werkwoord) en voorwerp (indien daar een is).
Stap 6: Proeflees jou eerste poging baie krities en korrigeer die volgende: aantal woorde, spelling, woordorde, sinskonstruksie en woordgebruik (edit spelling, diction, word order, sentence construction and wordcount).
Stap 7: Skryf nou jou finale poging (final draft). Dui ook die aantal woorde regs onderaan jou finale poging aan (word count at the bottom right).
Stap 1 - Lees die instruksies baie noukeurig
Stap 2- Lees die opskrif (heading)
Almal wonder oor Pluto
Stap 3 -Lees die teks en onderstreep ten minste 7 belangrike woorde/frases of sinne
Almal wonder oor Pluto
Clyde Tombaugh was maar 25 jaar oud toe hy ‘n belangrike ontdekking by die Lowell-sterrewag in Arizona gemaak het. Hy het op 28 Februarie 1930 twee foto’s van dieselfde sterreveld vergelyk. Die foto’s is ses dae uitmekaar geneem. Clyde het gesien dat ‘n voorwerp teen die agtergrond van die sterre beweeg het.
Die voorwerp is toe Planeet X, die negende planeet waarna Percival Lowell jare lank gesoek en waarvoor hy die Lowell-sterrewag gestig het. Die soektog het ná sy dood in 1916 voortgeduur tot Clyde se ontdekking jare later.
Stap 3 - vervolg
Pluto is vernoem na die Romeinse naam vir die Griekse god van die onderwêreld. Die temperatuur op die oppervlak van Pluto is om en by –220 °C en dit neem die planeet 248 jaar om een wentelbaan om die son te voltooi.
Vandag word Pluto egter nie meer ‘n planeet genoem nie - dit is in 2006 as ‘n dwergplaneet herklassifiseer.
Dwergplanete het nes planete genoeg swaartekrag om rond te wees, maar is, soos die naam aandui, kleiner.
Terwyl hulle ook om die son wentel, het ‘n dwergplaneet se wentelbaan ook ander voorwerpe soos asteroïedes daarin. Planete het meestal hul pad om die son met hul swaartekrag skoongemaak.
Clyde is in 1997 oorlede en sy as was aan boord van die New Horizons-ruimtetuig toe dit in Januarie 2006 op ‘n sending na Pluto vertrek het.
Bron: Huisgenoot, 24 Februarie 2022, bl. 75.
Stap 4 – maak ‘n breinkaart (mind map) wat jou 7 belangrike punte bevat
Pluto
Griekse god van onderwêreld
Tombaugh
1930
Planeet -X
Temperatuur ---220 ° C
248 jaar –een wentelbaan om die son
2006 –dwergplaneet –Kleiner as ‘n planeet
Genoeg swaartekrag om rond te wees
Asteroïedes in sy wentelbaan om son
Stap 5 - Skryf ‘n eerste poging in jou eie woorde
1. Die 25-jarige clyde Tombaugh het Pluto in Februarie 1935 ondek.
2. Dit is eers Planeet X genoem, maar later na die griekse god van die onderwereld vernoem.
3. Die temperatuur op Pluto is 220°C.
4. Dit neem Pluto 248 jaar om een wentelbaan om die son te voltooi.
5. In 2007 is Pluto as ‘n dwergplaneet herklassifiseer omdat dit so klein is.
6. Dit het genoeg swaartekrag om rond te wees.
7. Dit het asteroïedes in sy wentelbaan. 72 woorde
Stap 6 – Korrigeer jou eerste poging
1. Die 25-jarige Clyde Tombaugh het Pluto op 28 Februarie 1930 ontdek.
2. Dit is eers Planeet X genoem, maar later na die Griekse god van die onderwêreld vernoem.
3. Die temperatuur op Pluto is 220°C. Pluto se temperatuur is –220 °C.
4. Dit neem Pluto 248 jaar om een wentelbaan om die son te voltooi.
5. In 2006 is Pluto as ‘n dwergplaneet herklassifiseer omdat dit so klein is.
6. Dit het genoeg swaartekrag om rond te wees.
7. Dit het asteroïedes in sy wentelbaan om die son. 70 woorde
Stap 7 – Skryf nou jou finale poging
1. Die 25-jarige Clyde Tombaugh het Pluto op 18 Februarie 1930 ontdek.
2. Dit is eers Planeet X genoem, maar later na die Griekse god van die onderwêreld vernoem.
3. Die temperatuur op Pluto is –220 °C.
4. Dit neem Pluto 248 jaar om een wentelbaan om die son te voltooi.
5. In 2006 is Pluto as ‘n dwergplaneet herklassifiseer omdat dit so klein is.
6. Dit het genoeg swaartekrag om rond te wees.
7. Dit het asteroïedes in sy wentelbaan om die son. 70 woorde
Hoe word jou opsomming nagesien (marked)?
Taal - 3 punte Totaal: 10 punte
Kontak my gerus
ceciliaklopper@gmail.com
DANKIE!