1 of 20

Skryftekens

Afrikaans EAT

2 of 20

Dr. Cecilia Klopper

curaparent.co.za

3 of 20

Skryftekens

4 of 20

Inhoudsopgawe

  • Kappie
  • Deelteken
  • Koppelteken (Hyphen)
  • Afkappingsteken of apostroof (Apostrophe)
  • Akuut-aksentteken
  • Gravis-aksentteken

5 of 20

                     Die kappie, bv. sê

Die kappie dui aan dat die vokaal in die oop lettergreep lank uitgespreek word (the open sillable should be pronounced as a long sound), bv. 

trôe sôe

êe affêre

gô kêrel

brûe pêrels

rûe primêre

bêre skêr

      lêer                                                    môre

komplimentêre

6 of 20

                     Die deelteken, bv. reën

a. Die deelteken dui ‘n  lettergreepverdeling aan (divides the word into sillables). (LW" Laat die deelteken weg as jy die woord afkap aan die einde van ‘n sin, soos in vo-el en afgele-e). Leave the deelteken out if you must divide the word at the end of a line as in “vlie-er”. The koppelteken then replaces the deelteken), bv.

voël koöpteer afgeleë kokaïen priële (prieel)

oë genoeë reën heroïen kommersiële (kommersieel)

moeë vroeër leër hiëna remediëring (remedieer)

ruïnes geëindig seël geïgnoreer kopiëring (kopieer)

beëindig beïndruk vlieër beïnvloed spasiëring (spasieer)

beëdig geleë koeël reliëfbeeld offisiële (offisieel)

verleë geëet reünie elektrisiën finansiële (finansieel)

geïn                   reël                                hoë                       reëel (werklik)

spieël          droë                             

pasiënt koöperasie koördinasie koördineer diëte (dieet)

aërometer (normaalweg kry ae-woorde nie ‘n deelteken nie, bv. hael, swaer & dae) 

7 of 20

Die deelteken� Let wel!

b. Die deelteken word gebruik by die opeenhoping van vokale vir skeiding tussen die woorddele by afleidings (When there are too many consecutive vowels in the word, a deelteken should be used to divide the word into sillables.)

(LW: Laat die deelteken weg as jy die woord afkap aan die einde van ‘n sin), bv.

beëdig                               kafeïen

mosaïek proteïen

geïllumineer                    geïllustreer

naïef naïwiteit

tatoeëer

8 of 20

Die deelteken� Let wel!

c. Die deelteken word gebruik by meervoude (plurals) (LW:  Laat die deelteken weg as jy die woord afkap aan die einde van ‘n sin).

  • Deelteken op die laaste van twee -e’s indien die enkelvoud reeds twee -e’s het (If the singular already has two –e’s, apply a deelteken on the second –e)

tree- treë fee- feë see- seë

  • Voeg ‘n -ë- by indien die enkelvoud net een -e- het (If the singular has only one –e, add an –ë)

vlieg-vlieë wieg- wieë genie - genieë

ploeg- ploeë weg- weë industrie- industrieë

drie- drieë ensiklopedie- ensiklopedieë

Ook: oorlog-oorloë

9 of 20

                     Die koppelteken, bv. A-klas (Hyphen)

Woorde wat met ‘n koppelteken geskryf word, word as een woord beskou.

Die koppelteken (-) word in die volgende gevalle gebruik:

  1. Opeenvolging van klinkers, bv. (too many consecutive vowels)

wa-as see-eend wilde-eend

na-aap ertjie-oes drie-uur

  1. Verbindings wat op –hulle eindig, bv. (connections with –hulle)

ma-hulle             Susan-hulle               Ruan-hulle  

  1. Herhalings, bv. (repeated words)

huil-huil lag-lag speel-speel

10 of 20

                     Die koppelteken, bv. A-klas

d. Aardrykskundige of plekname, bv. (Geographical or names of places)

Verre-Ooste              Saoedi –Arabië           Verre-Ooste

  1. Eienaam plus ‘n rigting, bv. (A proper noun and a direction)

Suid-Afrika                Pretoria- Oos              Noord-Amerika

Maar: Weskus Suidpool Noordpool (geen eienaam)

  1. Koppelings met Griekse of Latynse voorvoegsels (Kan ook met ‘n deelteken geskryf word), bv. (connections with Latin or Greek prefixes)

ko-operasie re-unie

  1. Koppelings met woorde van Griekse en Latynse herkoms (connections of Greek or Latin origin), bv.

sosio-ekonomies ad-hoc-komitee

11 of 20

                     Die koppelteken, bv. A-klas

h. Verbindings waarin die tweede gedeelte met ‘n hoofletter begin (connections where the second part starts with a capital letter), bv.

pro-Engels non-Calvinisties

  1. Koppelings met afkortings, simbole, letters en getalle (Connections/couplings with abbreviations, symbols, letters and numbers), bv.

D-dag A-span R20-noot TV-program

j. Telwoorde met -en kan met koppeltekens, of los, geskryf word (numbers joined by –en), bv.

Een-en-twintig                       of                 een en twintig

eenduisend-tweehonderd of eenduisend tweehonderd

12 of 20

                     Die koppelteken, bv. A-klas

k. Samestellings –en koppelings wat betekenisverandering ondergaan het, bv. 

Wag-’n-bietjiebos (plantsoort)               Piet-my-vrou (voëlsoort)

l. Saamgestelde range (army ranks) en ampsbenaminge, bv. 

sekretaris-generaal sersant-majoor

adjudant-offisier luitenant-kolonel

m. Die koppelteken as ‘n weglatingsteken om herhaling aan te dui (repetition), bv.

baksteen- en sinkhuis wins- en verliesrekening

seuns- en meisieskool                aand- en môrepraatjies 

tref-en trapongeluk

(Spasie na die koppelteken)

13 of 20

                     Die koppelteken, bv. A-klas

n. Saamgestelde name en –vanne (compound names/surnames), bv.

Marie-Louise Taylor-Moore

Jean-Jacques Jan-Hendrik

o. Saamgestelde woorde waarvan die dele verbind word deur  “en” (compound proper nouns joined by  -en), bv. 

bek-en-klouseer                     haak-en-steekbos

p. Om dubbelsinnigheid (ambiguity) te vermy, bv.

dop-ertjie ru-gare

14 of 20

                     Die koppelteken, bv. A-klas

q. Wanneer ‘n woordgroep in ‘n samestelling optree (a word group is used as a conjunction), bv. 

Aartappel-en-vis-gereg (aartappel-en-visgereg)

tref-en trap-ongeluk

mond-tot-mond-asemhaling (mond-tot-mondasemhaling)

rond-en-bont-stanery (rond-en-bontstanery)

r. In ‘n kombinasie met teenstellende woorde (combination with contrasting words), bv.

aan-af-skakelaar ja-nee-toets

15 of 20

      Woorde wat NIE met ‘n koppelteken geskryf word NIE:

  1. Afleidings, bv. 

ekskêrel visehoof

nonaktiwiteit oudstudent

  1. Samestellings (conjunctions), bv.

adjunkminister medewerker subredakteur

ondervoorsitter stafsersant visehoof

subekonomies postmodernisme antibakteries

asosiaal beenaf raadop

stroomop

16 of 20

            Die afkappingsteken/ apostroof, bv. foto’s (Apostrophe)

a. Die afkappingsteken of apostroof (') word gebruik by meervoude (plurals) en verkleining (diminutives) van alle selfstandige naamwoorde wat eindig op ‘n “o, u, i” en ‘n beklemtoonde “a”, bv.

alibi- alibi’s - alibi’tjie mini- mini’s - mini’tjie

balju- balju’s- balju’tjie foto- foto’s- foto’tjie

pa- pa’s- pa’tjie (klem op “a) ma- ma’s- ma’tjie

Maar:

oupa- oupas- oupatjie             ouma- oumas – oumatjie (klem op “ou”)

b. Die afkappingsteken word gebruik  waar een of meer klanke nie uitgespreek word nie, bv. 

g’n (geen) s’n (syne)

hy’s (hy is) hy’t (hy het)

17 of 20

            Die akuut-aksentteken, bv. néé

a. Die akuut-aksentteken word op vokaalletters (vowels) gebruik om beklemtoning (emphases) aan te dui.

  • Indien die lettergreep (sillables) twee vokale bevat, word die akuutteken op albei die vokale geplaas, bv. géén, láát 
  • Indien die klinker “ie” is, plaas die akuutteken op die “e”, bv. dié
  • Indien die klinker “i” is, plaas die akuutteken in die plek van die kolletjie, bv. dít

b. By woorde met vreemde herkoms (foreign origin), bv. cliché, née (nooiensvan) 

c. Eiename (proper nouns) van vreemde herkoms, bv. Naudé, Esmé, Salomé

18 of 20

            Die gravis-aksentteken, bv. nè

  1. Die gravis-aksentteken word op vokaalletters geplaas om die uitspraak van die “e” aan te dui, bv. appèl, dè, nè, hè.
  2. Dit word gebruik by leenwoorde van vreemde herkoms, bv. crèche, première, à la carte
  3. Dit word gebruik by eiename van vreemde herkoms, bv. Eugène, Adèle 
  4. Let wel! Soms kan die gravis- en akuuttekens in een woord/eienaam voorkom, bv. Hélène 

19 of 20

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

20 of 20

DANKIE!