1 of 14

1

Afrikaans Huistaal

Bywoorde

2 of 14

2

Dr. Cecilia Klopper- CURAparent

3 of 14

3

Bywoorde beskryf die hoofwerkwoord: wanneer, hoe en waar?

4 of 14

Bywoorde beskryf wanneer, hoe en waar die werkwoord gedoen word:

4

Hoe?

deeglik

Bywoord van wyse (manier)

Wanneer?

saans

Bywoord van tyd

Waar?

daar

Bywoord van plek

5 of 14

Bywoord van tyd

5

Wanneer?

Die seun het gister die bok geskiet.

Deesdae het almal selfone.

6 of 14

Bywoord van wyse /manier

6

Hoe?

Die seun skop die bal vinnig.

Sy praat stadig.

7 of 14

Bywoord van plek

7

Waar?

Die atleet hardloop hier.

Ons loop buitentoe.

8 of 14

Meer as een bywoord in ‘n sin?

8

Gebruik normale woordorde:

Bywoord van 1. tyd 2. wyse 3. plek

1. Die leerder moet Saterdag (tyd) vinnig (wyse) daarheen (plek) ry.

2. Die kat beweeg snags (tyd) geruisloos (wyse) hier (plek).

9 of 14

Bywoorde beskryf ook in watter mate iets gedoen word en druk ook die waarskynlikheid van die aksie, asook die houding van die spreker uit:

9

In watter mate?

Bywoord van graad

taamlik, buitengewoon, uiters

Houding, sekerheid of waarskynlikheid

Bywoord van modaliteit

miskien, dalk, nooit, beslis

10 of 14

Bywoorde kan ook ander woordsoorte beskryf

10

Byvoeglike naamwoord: taamlik laat

Bywoord: buitengewoon klein

Telwoord: ongeveer vyftig

Voorsetsel: styf teen sy ma

In trappe van vergelyking: Hy hardloop vinniger as ek. (byvoeglike naamwoord)

As ‘n intensiewe vorm: morsdood (byvoeglike naamwoord)

11 of 14

Bywoorde in vaste verbindinge

11

Gelate aanvaar

Klakkeloos napraat

Gevat antwoord

Noodlottig beseer

Onderhoudend gesels

Onteenseglik bewys

Onverrigtersake terugkeer

Ruggelings neerstort

Stormenderhand verower

Hemelsbreed verskil

Terdeë geniet

Oogluikend toelaat

Rakelings verbyskuur

Rondborstig erken

Ruimskoots vergoed

Ruiterlik erken

Skalkse glimlag

Stilswyend aankyk

Botweg geweier

Spoorloos verdwyn

Bloedig vererg

12 of 14

Wat is ‘n bywoordelike bepaling? Meer as een woord om ‘n werkwoord te beskryf

12

Bywoordelike bepaling van tyd:

Elke maand

Elke jaar

Sonder ‘n geluid

Vroeg in die oggend

Elke oggend

Voor ontbyt

Saans voor aandete

Gedurende die Desember-vakansie

Bywoordelike bepaling van wyse:

Harder as gewoonlik

Sonder om haastig te wees

Vinniger as sy broer

Beter as verlede keer

Bywoordelike bepaling van plek:

In die skoolsaal

Nêrens in my kamer nie

Agter die yskas

Voor in die ry

13 of 14

13

Kontak my gerus:

cecilia@curaparent.co.za

14 of 14

14

DANKIE!