1 of 11

Die verskil tussen feite en menings

Afrikaans Huistaal en EAT

2 of 11

Dr. Cecilia Klopper

curaparent.com

3 of 11

Hoe onderskei ek tussen FEITE en MENINGS?

  •  Kan die stelling as waar/onwaar bewys word?

   Nee - dan is dit 'n mening. 

   Ja - dan is dit ‘n feit.

  •  Verwys die stelling na die outeur se eie oortuigings, idees of gevoelens?

   Nee - dan is dit 'n feit.

   Ja - dan is dit 'n mening.

4 of 11

FEITE

5 of 11

FEITE

  • Kan met statistiek gestaaf word, bv. 20% …
  • Daar word verwys na navorsing wat deur 'n spesifieke persoon of instansie gedoen is. 
  • Daar word 'n dag en datum van die gebeure genoem.
  • Kan waar of vals bewys word en hang nie slegs af van die skrywer se mening nie.
  • Feite is objektief.
  • Is gebaseer op denotatiewe taalgebruik.
  • 'n Universele waarheid.
  • Is nie debatteerbaar nie.
  • Iets wat regtig gebeur het.
  • Onteenseglik waar.

6 of 11

MENINGS

7 of 11

MENINGS

  • 'n Idee, emosie of stelling wat nie bewys kan word nie.
  • Subjektief en net die persoon se eie mening nie.
  • Statistiek word nie genoem nie.
  • Daar word nie na navorsing deur spesifieke persone of instansies verwys nie.
  • Daar word nie na 'n spesifieke dag en datum verwys nie.
  • Dit is net algemene bewerings.
  • Dit is net die skrywer se mening/ standpunt/persepsie/houding. 
  • Nie die objektiewe waarheid nie. 
  • Kan nie waar of onwaar bewys word nie.
  • Debatteerbaar. 
  • Verskil van persoon tot persoon.

8 of 11

OPDRAG:� Onderskei tussen FEITE (F) en MENINGS (M)

  1. Water kook teen 212 grade Fahrenheit.
  2. Parys is die hoofstad van Frankryk met 'n bevolking van meer as 2 miljoen mense.
  3. Parys is die mooiste stad in die wêreld.
  4. Abraham Lincoln was die 16e staatspresident van Amerika (1861-1865).
  5. Honde is die beste troeteldiere omdat hulle so lojaal is.
  6. Dit is hierdie winter kouer as verlede winter.
  7. Suid-Afrika is die sonnigste land in die wêreld.
  8. Volgens Statistieke S.A. was 26,1% van die inwoners van Naledi in 2011 werkloos.

9 of 11

MEMORANDUM�

  1. Feit
  2. Feit
  3. Mening
  4. Feit
  5. Mening
  6. Mening
  7. Mening
  8. Feit

10 of 11

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

11 of 11

DANKIE!