1 of 7

Jesus sien my raak

LUKAS 19:1-5 NLV

2 of 7

LUKAS 19:1-5 NLV [1] Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap. [2] En daar was iemand met die naam Saggeus; hy was ’n hooftollenaar en ’n ryk man. [3] Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was. [4] Hy het vooruit gehardloop om voor te kom en in ’n vyeboom geklim om Jesus te sien omdat Hy daar sou verbygaan. [5] Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.”

3 of 7

4 of 7

Wat leer ons?

Jesus sien my, al dink ander ek is onbelangrik.�Saggeus was kort en mense het hom nie mooi behandel nie, maar Jesus het hom raakgesien! Ons is nooit te klein of onbelangrik vir Jesus nie.

5 of 7

As ons Jesus wil leer ken, moet ons ook moeite doen – soos om Bybel te lees, te bid en kerk toe te gaan.

6 of 7

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-SA

7 of 7

Gebed

Here Jesus, dankie dat U my altyd sien, selfs as ek klein voel of dink ek is nie belangrik nie. Help my om U te soek, net soos Saggeus. Dankie dat U ook by my wil tuis wees. Amen.