1 of 30

Poësie Afrikaans Huistaal

Die bokser deur Ernst van Heerden

2 of 30

Dr. Cecilia Klopper

CURAparent

3 of 30

Inhoudsopgawe

Die digter

Die titel

Tipografie

Woordverklarings

Poëtiese aspekte

Tema & boodskap

Analise

4 of 30

Die digter:

Ernst van Heerden

5 of 30

                  Ernst van Heerden

  • 1916-1997
  • Professor in Afrikaans-Nederlands by die Universiteit van die Witwatersrand
  • 1949 SAUK-prys
  • 1949 Hertzog-prys
  • 1988 W.A. Hofmeyer-prys
  • 1988 CNA-prys
  • 1982- 1985 Verskeie eredoktorsgrade

6 of 30

Titel: Die Bokser

7 of 30

Die titel: Die Bokser

  • Die titel dui op die beskrywing van ‘n bokser en ‘n boksgeveg

8 of 30

Tipografie- Uiterlike bou

Hoe lyk die gedig op papier?

9 of 30

Tipografie� Hoe lyk die gedig op papier?

  • 22 versreëls
  • 11 rymende koeplette – dui op die feit dat daar net twee boksers in die bokskryt is
  • Slegs drie hoofletters, versreëls 1, 19 & 21
  • Enjambement: versreëls 1, 3, 9, 11, 13 & 15

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

10 of 30

Woordverklarings

11 of 30

Woordverklarings

  • fier
  • skynhou
  • liemaak
  • groteske
  • mokerslag
  • grynsend
  • versplinter
  • smak
  • baie regop
  • maak of hy slaan
  • flous, kul
  • grillig, fantasties, vreemd
  • harde slaankrag
  • maak of hy lag/ grynslag
  • in klein stukkies breek
  • vuishou

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

12 of 30

Poëtiese aspekte

13 of 30

Poëtiese aspekte

  • Spreker
  • Assonansie
  • Alliterasie

  • Rymende koeplet

  • Paarrym

  • Objektief
  • Subjektief
  • Letterlike betekenis
  • Simboliek

  • Die verteller is een van die boksers
  • Die herhalings van dieselfde vokaal in een versreël om klankrykheid te verskaf/ beklemtoon
  • Die herhaling van konsonante aan die begin van meer as een woord in een versreël om klankrykheid te verskaf
  • Twee versreëls wat rym - vorm- en bindmiddel/ beklemtoning
  • Twee opeenvolgende versreëls wat rym - dra by tot beweeglikheid in gedig
  • Nie persoonlik betrokke in meningsvorming
  • Persoonlik betrokke in meningsvorming
  • Dit wat werklik is
  • ‘n Konkrete verskynsel waaraan ‘n abstrakte begrip met ‘n diepere betekenis geheg word

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

14 of 30

Poëtiese aspekte vervolg

  • Regressie/ agteruitgang

  • Beeldspraak: Vergelyking
  • Metafoor
  • Tempo

  • Ellips/stippels

  • Allegorie

  • Personifikasie
  • Agteruitgang in tyd/ krag

(Versreëls 4 skynhou, 13 mokerslag hom tref & 19 roerloos lê)

  • Om iets met iets anders te vergelyk met behulp van ‘soos, nes & net soos’
  • Om iets met iets anders te vergelyk sonder bg. woorde
  • Ritme baie stadig a.g.v. baie leestekens, lang klanke en beklemtoning
  • Beletselteken om te wys iets is uitgelaat/ beklemtoon die regressie (versreëls 10, 18 & 22)
  • ‘n Gedig met ‘n ondubbelsinnige tweede, dieper betekenis
  • n voorwerp kry menslike eienskappe: wit bors staan … (versrëel 3)

15 of 30

Tema & boodskap

16 of 30

Tema en boodskap

Tema: ‘n Boksgeveg – aksies en reaksies

Boodskap: Die lewe is soos ‘n boksgeveg, mens is veglustig  en gereed, maar die aanslae van die lewe maak jou weerloos

17 of 30

Analise

18 of 30

Strofe 1- verteller objektief

1 Die grense van die klein kryt*

2 is hellende onvastigheid,*

a

a Paarrym (werkwoorde) – rymende koeplet

Funksie: vorm- en bindelement asook beklemtoning

1 verwys na die bokskryt

-k- & -d- alliterasie klankrykheid/ beklemtoning

-ie- assonansie klankrykheid

2 die persoon wat raakgeslaan is, steier

onvas op sy bene

-i- assonansie klankrykheid /beklemtoning

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

19 of 30

                 Strofe 2- verteller objektief

3 waar wit bors fier voor wit bors# staan*

4 en skim teen skim die skynhou slaan;*

# Personifikasie (‘n mens staan)

*-w-, -b- & s- alliterasie

* -o- & -i- assonansie

b

b paarrym (werkwoorde)

3 die boksers staan trots voor mekaar - w - & -b- alliterasie

- i- & -o- assonansie

4 hulle probeer mekaar flous deur skynhoue te slaan

-s- alliterasie versterk klankrykheid

-i- assonansie

Metafoor: Die boksers is ‘skimme’

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

20 of 30

            Strofe 3 - verteller objektief

5 die lyf word wieging- ritmies, sterk-*

6 tot skerm en liemaak ingeperk;*

*-w- alliterasie

c

c paarrym (werkwoorde)

* -e- assonansie

5 Die bokser wieg heen en weer

6 en koes vir die opponent se houe terwyl hy sy opponent probeer flous met skynhoue

Die bokser is ‘n ‘lyf

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

21 of 30

          Strofe 4 - verteller objektief

7 vier donker oë blits fel en woes,

8 wyl twee gedaantes mik en koes;

d

d paarrym (werkwoorde)

7 die twee opponente kyk kwaai na mekaar

8 terwyl die twee boksers slaan en mekaar se houe probeer vermy

Die boksers is ‘gedaantes’

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

22 of 30

            Strofe 5 - verteller objektief

  1. Maar elk groteske vuis se smak
  2. Laat lis en weerstand verder knak …

* -l- assimilasie

e

e paarrym (werkwoorde)

9 elke verrassende vuis se hou

10 laat die boksers se inisiatief en geesdrif verswak – die ellips dui op die regressie/ verswakking van die bokser

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

23 of 30

      Strofe 6 - verteller objektief

11 die liggaam is so rank gebou

12 en weerloos teen dié man se hou

f

f paarrym (werkwoorde)

11 die liggaam is slank gebou

  1. En blootgestel aan die vuishou

Die bokser is ‘n ‘man’ & ‘n ‘liggaam’

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

24 of 30

            Strofe 7 - verteller subjektief

#13 tog sal my mokerslag hom tref*

14 waar hy hom vaag en grynsend hef,

* -m- & -h- alliterasie

-aa- & -o- assonansie

# Versreël 13 hier is die spreker self een van die boksers -my- subjektief

g

g paarrym (werkwoorde)

13 my hou sal raak wees

14 as hy (die opponent) met ‘n grynslag orent kom

Die boksers is ‘hy’ & ‘my’

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

25 of 30

        Strofe 8 - verteller subjektief

15 sy beeld versplinter in die glas

16 waar netnou my gestalte was;*

*-w- alliterasie

h

h paarrym (werkwoorde)

15 & 16 die spreker wil die opponent ‘n uitklophou gee sodat hy hom (die spreker) nie kan sien nie omdat hy (die opponent) sal duiselig word

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

26 of 30

          Strofe 9 - verteller subjektief

17 ‘n flikker-weerskyn word verskerf,*

18 ‘n lyf stort soos ‘n koring-gerf …*

* -w- alliterasie

i

i paarrym (werkwoorde)

  1. Dui op die gebrokenheid van die bokser se visie
  2.  een van die boksers val soos ‘n koringgerf - vergelyking tussen die oorwonne bokser en ‘n koringgerf – ellips dui op die regressie/ agteruitgang van die bokser

Die bokser is ‘n ‘lyf’

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

27 of 30

          Strofe 10 - verteller subjektief     

19 Wie is die man wat roerloos ,*

20 wie’t ‘n bekende naam gesê?#

* -w- alliterasie

# Retoriese vraag- beklemtoning

j

j paarrym (werkwoorde)

19 Daar word gevra wie die oorwonne bokser is wat so stil lê

20 die naam klink vir die spreker bekend omdat dit sy naam is

Die bokser is ‘die man’

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-NC-ND

28 of 30

       Strofe 11 - verteller subjektief

21 waarom die skaar aan’t roep en fluit,

22 en waarom flakker ligte uit …?*

* Retoriese vraag vir beklemtoning van die feit dat die spreker uitgeslaan is en dus die verloorder is

k

k paarrym (werkwoorde)

21 hoekom raas en fluit die skare,

22 hoekom sien die verteller (ek) nou nie meer die lig nie …?

Die ellips dui op die regressie wat die laagtepunt bereik as die bokser sy bewussyn verloor nadat hy uitgeslaan is.

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-ND

29 of 30

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

30 of 30

DANKIE!