Afrikaans Huistaal
Dr. Cecilia Klopper - CURAparent
Poëtiese aspekte
Neem jou kennis van Afrikaans na uitnemendheid
‘n Deeglike kennis van poëtiese aspekte stel jou in staat om enige gedig suksesvol te analiseer
1. Digter/es -
Die digter is die skrywer van die gedig
2. Spreker
Die spreker is die persoon aan die woord in die gedig. Die digter en die spreker van die gedig is nie noodwendig dieselfde persoon nie.
3. Titel
4. Toon & stemming van die gedig
5. Tema/boodskap a.
5.1. Tema b.
Temas van ‘n paar bekende gedigte:
5.1. Tema c.
Temas van ‘n paar bekende gedigte:
5.1. Tema d.
Temas van ‘n paar bekende gedigte:
A. Uiterlike vorm/ bou/ tipografie van die gedig
6. Strofe
3
Versreëls Tersine
4
Versreëls
Kwatryn
6
Versreëls
Sestet
8
Versreëls
Oktaaf
2
Versreëls
Koeplet
7. Soorte gedigte a.
7.1 Liriese gedig
7.2 Limeriek
7.3 Haikoe
reël 2- bestaan uit 7 lettergrepe
reël 3 - bestaan uit 5 lettergrepe
Bv. “Tien haikoes vir die Vredefortkoepel” deur Hans Du Plessis
7. Soorte gedigte – b. Die sonnet
7.4 Die Italiaanse sonnet – Ek het ‘n huisie by die see – H.A. Fagan
7.5 Die Engelse of Shakespeare sonnet – “Nog in my laaste woorde” deur N.P. Van Wyk Louw
7. Soorte gedigte c. -‘n Vrye vers
7. Soorte gedigte d.- Elegie & Ballade
Bv. “Van ‘n koningsdogter” deur I.D. du Plessis
8. a. Alleenplasing & Voorplasing
vandag
staan hy” (“Pryslied” deur Antjie Krog)
9. b. Parentese & Inkeping
Parentese/Inlassing - as die digter ekstra inligting wil verskaf, word dit deur middel van ‘n invoeging gedoen. Die inligting kan tussen kommas, hakies of ‘n aandagstreep staan.
sal nooit – die veearts het haar reggemaak-
ekstase en angs van lewe voortbring smaak,” (Huiskat deur Elisabeth Eybers)
Inkeping- “Versagtende omstandighede" deur Peter Snyders (versreël 2, 10 en 30)
B. Innerlike bou van die gedig
a. Beeldspraak-
8. Beeldspraak a.
8.1 Personifikasie-
8.2 Vergelyking
8.3 Metafoor
8. Beeldspraak b. Voorbeelde
8.1 Personifikasie
Die wolke glimlag.
8.2 Vergelyking
Die maan lyk soos/nes/net soos/ goud.
8.3 Metafoor
Die maan is goud.
8.1. Personifikasie- definisie
Personifikasie- Die digter gee aan ‘n lewelose ding of ‘n dier menslike eienskappe . Dit is dikwels in die vorm van ‘n werkwoord.
Byvoorbeeld: Die wolke glimlag. Die wolke gesels
8.2 Vergelyking - definisie
Vergelyking
Die maan lyk soos/nes/net soos goud.
Hier vergelyk die digter twee dinge met mekaar met behulp van die woorde ‘soos, nes of net soos’.
8.3 Metafoor - definisie
Metafoor -Metaphor
Die maan is goud.
Dit is wanneer die digter twee dinge met mekaar vergelyk op grond van ‘n gemeenskaplike eienskap sonder die woord ‘soos, nes, of net soos’.
Die digter gebruik dikwels die woord ‘is’ of ‘word’
9. Denotatiewe en konnotatiewe betekenis-
Denotatief
Konnotatief
b. Leestekens en klankverskynsels
10.Rym
Eindrym – dit is wanneer die laaste woorde in versreëls dieselfde klink
Rymskemas/rympatroon
abcb = Gebroke rym
aabb = Paarrym
abab = Kruisrym
abba = Omarmende rym
abcd = Vrye vers
abaabcbccb = slingerende rym
Binnerym – wanneer woorde binne in ‘n versreël met mekaar rym
11.Klanknabootsing - Onomatopee
12. Halfrym: Alliterasie en assonansie
“… skriklike stryd…”
12.2 Assonansie: (“ ‘n brief van hulle vakansie” deur Breyten Breytenbach - die -e- assonansie in versreël 24)
“komete…wêrelde”
Vokale word herhaal in die woorde - a, e, o, u, i
13. Ritme
14. Assimilasie
This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-NC-ND
15.Leestekens a. Enjambement
15.Leestekens b. Ellips /stippels
die toekoms in, nog ver van hier… “ (“Die nuwe kind” deur Peter Strauss)
15.Leestekens c. Aanhalingstekens
15.Leestekens d. Aandagstreep
15.Leestekens e. Dubbelpunt
16. Elisie
c. Verdere stylfigure en literêre aspekte
17. Sarkasme, ironie en satire
18. Progressie
19. Woordkeuse
20. Herhaling
21. Kontras/Antitese
22. Intertekstualiteit
23. Oksimoron, Paradoks, Toutologie, Eufemisme
23.1 Oksimoron - Twee teenoorgestelde begrippe hou direk verband met mekaar.
Bv. “selfbewuste ongeërgde” (“die straatkind” deur Linda Roos)
23.2 Paradoks - ‘n Stelling wat ‘n skynbare teenstrydigheid bevat soos ‘glimlag van uiterste pyn” (“Christ of the burnt men” deur Sheila Cussons).
23.3 Toutologie – Opstapeling van woorde met dieselfde betekenis. Bv. “Sy sit lomerig en vaak en luister” en “ Ek was kwaad en woedend”
23.4 Eufemisme – Wanneer die saak ‘versag’ word om nie gevoelens seer te maak nie.
Bv. “see-uitstappie” wat verwys na Ingrid Jonker se selfmoord. (“Drieankerbaai, 19 Julie 1965” deur Meyer van Rensburg)
24. Metonimia, hiperbool
25. Klimaks, antiklimaks, litotes,
26. Antonomasia of naamsverwisseling
Bv. Hy is ‘n regte Einstein (iemand wat baie slim is)
27. Humor
Humor- ’n komiese, lagwekkende uitdrukking
28. Polisindeton, Sinekdogee, Sinestesie, Woordspeling
28.1 Polisindeton – Die herhaling van die woord ‘en’. Woorde of dele van sinne word elke keer met ‘en’ verbind ter wille van beklemtoning bv .”kankers en sere en pokkies” (“Rampe” deur Peter Snyders)
28.2 Sinekdogee – ‘n Beeld word opgeroep deur net ‘n deel van die geheel te noem, bv. “die hoewe” in plaas van “die perd” ( “lofsang” deur Antjie Krog).
28.3 Sinestesie – Die prikkel bedoel vir een sintuig word deur ‘n ander waargeneem, bv. “ ek ruik die blou lug”.
28.4 Woordspeling – ‘n Woord of uitdrukking met meer as een betekenis word gebruik sodat al die betekenisse pas, bv. in “Versagtende omstandighede” deur Peter Snyders.
29. Retoriese vraag
30. Simboliek, Asindeton
30.1 Simboliek – ‘n Voorwerp of beeld word gebruik om iets anders voor te stel.
30.2 Asindeton – herhaling van woorde of frases
Bv. “ by jou tafel, by jou moedertaal, by jou boeke…” “Onderwyser” deur Antjie Krog)
Kontak my gerus as jy vrae het
cecilia@curaparent.co.za
DANKIE!