1 of 57

Afrikaans Huistaal

Dr. Cecilia Klopper - CURAparent

2 of 57

Poëtiese aspekte

3 of 57

Neem jou kennis van Afrikaans na uitnemendheid

4 of 57

‘n Deeglike kennis van poëtiese aspekte stel jou in staat om enige gedig suksesvol te analiseer

5 of 57

1. Digter/es -

Die digter is die skrywer van die gedig

6 of 57

2. Spreker

Die spreker is die persoon aan die woord in die gedig. Die digter en die spreker van die gedig is nie noodwendig dieselfde persoon nie.

7 of 57

3. Titel

  • Dit is die naam van die gedig en gee vir ons ‘n aanduiding waaroor die gedig handel

8 of 57

4. Toon & stemming van die gedig

  • 4.1 Toon- Dit is die gevoel wat jy kry as jy die gedig lees: vrolik, hartseer, kwaad, opgewonde of speels
  • Die toon van die gedig word bepaal deur die digter/es se woordkeuse (diksie), en kan positief of negatief wees.
  • 4.2 Stemmingdit is die atmosfeer of emosie in geskrewe tekste: vergesog, melankolies, vreesaanjaend, misterieus, gefrustreerd, romanties, somber, sentimenteel, gelukkig, depressief of opwindend

9 of 57

5. Tema/boodskap a.

  • Tema: dit waaroor die gedig handel bv. die verganklikheid van die mens in “oupa Daniel Granfield” deur Ronelda S. Kamfer
  • Boodskap: die idee wat die digter aan die leser gee om oor na te dink en wat om te doen of nie te doen nie. Kinders sukkel om die dood van iemand na aan hulle te verwerk. Maak hulle deel van die gebeure rondom die afsterwe en rouproses. (“oupa Daniel Granfield” deur Ronelda S. Kamfer)

10 of 57

5.1. Tema b.

Temas van ‘n paar bekende gedigte:

  • Nog in my laaste woorde – N.P van Wyk Louw: dit is ‘n liefdesverklaring waarin die digter belowe dat hy sy geliefde sal bemin tot die einde
  • Vincent van Gogh – D.J.Opperman: verwys na kunstenaarskap. Net soos die skilder is die digter ook ‘n kunstenaar wat sy roeping moet vervul
  • Twee kleuters in die Vondelpark – Elisabeth Eybers: die verskille tussen man en vrou; die mens se verandering tussen jeug en ouderdom; die najaag van materialisme 
  • ‘n brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach: ouderdom veroorsaak aftakeling. Dit hou ook verband met die dood en verganklikheid. Afstand skep verlange. Die mens is uitgelewer aan die dood/ verganklik.   

11 of 57

5.1. Tema c.

Temas van ‘n paar bekende gedigte:

  • Eerste worp- T.T. Cloete: Suid- Afrika is uniek en het goeie eienskappe wat nie in Europa te vinde is nie.
  • Die sagte sprong- Sheila Cussons: as jy naby aan God lewe vul dit jou met ‘n intense belewenis van God se mag en vreugde
  • Besoekersboek- Fanie Olivier: ‘n Mens se aardse bestaan is soos die inskrywing in ‘n metaforiese besoekersboek van die lewe. Die mens het ‘n behoefte om onthou te word vir wat hy/sy gedurende sy aardse bestaan gedoen het.
  • Wie’s Hy- Adam Small:  Omdat almal dieselfde is, kan gewone mense ook dig. Digterskap is nie net formeel nie. As jy die taal speels en kreatief kan gebruik, kan jy ‘n digter wees. 

12 of 57

5.1. Tema d.

Temas van ‘n paar bekende gedigte:

  • ‘n Vigslyer sterf- Vincent Oliphant: Vigs is ‘n hedendaagste probleem. Vir die persoon wat terminaal siek is, is die dood ‘n verlossing
  • Versagtende omstandighede- Peter Snyders: satiriese kommentaar oor ‘n politieke stelsel waar sekere mense bevoordeel is en ander benadeel is
  • Reaksie- Vernon February: die mens predik geregtigheid, liefde en liefdadigheid, maar leef dit nie uit nie
  • oupa Thomas Daniel Granfield – Ronelda S. Kamfer: die verganklikheid van die mens. Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk deur die wyse waarop jy die lewe benader en verwerk

13 of 57

A. Uiterlike vorm/ bou/ tipografie van die gedig

14 of 57

6. Strofe

  • ‘n Strofe bestaan uit ‘n aantal versreëls

3

Versreëls Tersine

4

Versreëls

Kwatryn

6

Versreëls

Sestet

8

Versreëls

Oktaaf

2

Versreëls

Koeplet

15 of 57

7. Soorte gedigte a.

7.1 Liriese gedig

  • Dit is ‘n gedig wat gesing kan word

7.2 Limeriek

  • ‘n Tipe digvorm met 5 versreëls met aabba rymskema

7.3 Haikoe

  • ‘n Gedig bestaande uit 3 versreëls en 17 lettergrepe. 
  • Lettergrepe is as volg:                   
  • reël 1- bestaan uit 5 lettergrepe

reël 2- bestaan uit 7 lettergrepe

reël 3 - bestaan uit 5 lettergrepe

Bv. “Tien haikoes vir die Vredefortkoepel” deur Hans Du Plessis

16 of 57

7. Soorte gedigte – b. Die sonnet

7.4 Die Italiaanse sonnet – Ek het ‘n huisie by die see – H.A. Fagan 

  • 14 versreëls
  • Die eerste 8 reëls ( twee kwatryne, gewoonlik met omarmende rym)) vorm die oktaaf – uiteensettting, beeld of beskrywing
  • Die laaste ses reëls (twee tersines) vorm die sestet – verandering, toepassing, wending of verdieping

7.5 Die Engelse of Shakespeare sonnet – Nog in my laaste woorde” deur N.P. Van Wyk Louw

  • 14 versreëls
  • Die sonnet bestaan uit drie kwatryne met kruisrym en een rymende koeplet (paarrym)

17 of 57

7. Soorte gedigte c. -‘n Vrye vers

  • 7.6 Vrye vers – “Twee kleuters in die Vondelpark” deur Elisabeth Eybers
  • ‘n Gedig wat geen vaste reëls van die digkuns volg nie. ‘n Versvorm wat aan die digter die vryheid gun om nie die dissipline van ‘n vaste rymskema te handhaaf nie. Enjambement kom voor en hoofletters word selde gebruik
  • Omdat daar geen vaste rymskema is nie, gebruik die digter bepaalde skakels wat die versreëls tot ‘n eenheid  aan mekaar bind:
  • Woorde word dikwels aan die begin van ‘n reël herhaal
  • Herhaling van dieselfde klanke kort na mekaar is ‘n belangrike bindingsmiddel van woorde, gedagtes of die gedig as geheel.
  • ‘n Vaste ritmiese maat kom nie voor nie, maar jy sal tog ‘n bepaalde ritme aanvoel wanneer jy die gedig lees
  • Versreëls en strofes wissel in lengte
  • Die opnoemtegniek
  • Dikwels bestaan die hele gedig uit net een sin

18 of 57

7. Soorte gedigte d.- Elegie & Ballade

  • Elegie
  • Dit is nie noodwendig ‘n treurlied nie
  • Beskouende of nagedagtenispoësie
  • Bv. “Twee elegiese verse” van Van Wyk Louw wat handel oor liggaamlike en geestelike pyn

  • Ballade
  • Dit is epies van aard en vertel dus ‘n verhaal of storie 
  • Dit is liries van aard en kan gesing word
  • Daar is altyd ‘n dramatiese element teenwoordig

  Bv. “Van ‘n koningsdogter” deur I.D. du Plessis

19 of 57

8. a. Alleenplasing & Voorplasing

  • Alleenplasing- woorde, sinsnedes of versreëls word geïsoleer deur dit alleenstaande in ‘n versreël of strofe te plaas ter wille van beklemtoning/uitheffing. Soms staan net een woord in ‘n versreël. 
  • Bv. “in die sandkliphart staan hy

vandag

             staan hy”  (“Pryslied” deur Antjie Krog)

  • VoorplasingNog in my laaste woorde” deur N.P. Van Wyk Louw (versreël 1 -2).
  • die woordorde word so verander dat die woord wat die digter wil beklemtoon aan die begin van die reël staan.

20 of 57

9. b. Parentese & Inkeping

Parentese/Inlassing - as die digter ekstra inligting wil verskaf, word dit deur middel van ‘n invoeging gedoen. Die inligting kan tussen kommas, hakies of ‘n aandagstreep staan.

  • Bv. “ Van los en lenig wees versadig: sy

sal nooit – die veearts het haar reggemaak-

                ekstase en angs van lewe voortbring smaak,” (Huiskat deur Elisabeth Eybers)

Inkeping-  “Versagtende omstandighede" deur Peter Snyders (versreël 2, 10 en 30)

  • een versreël begin verder van die kantlyn af as die ander met beklemtoning as funksie.

21 of 57

B. Innerlike bou van die gedig

22 of 57

a. Beeldspraak-

23 of 57

8. Beeldspraak a.

8.1 Personifikasie-

8.2 Vergelyking

8.3 Metafoor

24 of 57

8. Beeldspraak b. Voorbeelde

8.1 Personifikasie

Die wolke glimlag.

8.2 Vergelyking

Die maan lyk soos/nes/net soos/ goud.

8.3 Metafoor

Die maan is goud.

25 of 57

8.1. Personifikasie- definisie

Personifikasie- Die digter gee aan ‘n lewelose ding of ‘n dier menslike eienskappe . Dit is dikwels in die vorm van ‘n werkwoord.

Byvoorbeeld: Die wolke glimlag. Die wolke gesels

26 of 57

8.2 Vergelyking - definisie

Vergelyking

Die maan lyk soos/nes/net soos goud.

Hier vergelyk die digter twee dinge met mekaar met behulp van die woorde ‘soos, nes of net soos’.

27 of 57

8.3 Metafoor - definisie

Metafoor -Metaphor

Die maan is goud.

Dit is wanneer die digter twee dinge met mekaar vergelyk op grond van ‘n gemeenskaplike eienskap sonder die woord ‘soos, nes, of net soos’. 

Die digter gebruik dikwels die woord ‘is’ of ‘word’

28 of 57

9. Denotatiewe en konnotatiewe betekenis-

Denotatief

    • Die woordeboek-betekenis van bv. ‘n boekmerk is ‘n bladwyser van ‘n stukkie leer, papier of materiaal waarmee jy jou plek in ‘n boek hou.
    • Letterlike betekenis

Konnotatief

    • ‘n Beeld – Die betekenis van boekmerk in Boekmerk deur Marlise Joubert is dat die onderwyser ‘n rolmodel, mentor of rigtingwyser vir die leerders moet wees
    • Die figuurlike betekenis
    • Wat is bv. Die konnotasie wat jy heg aan ‘n boekmerk?

29 of 57

b. Leestekens en klankverskynsels

30 of 57

10.Rym

Eindrym – dit is wanneer die laaste woorde in versreëls dieselfde klink

Rymskemas/rympatroon

abcb = Gebroke rym

aabb = Paarrym

abab = Kruisrym

abba = Omarmende rym

abcd = Vrye vers

abaabcbccb = slingerende rym

Binnerym – wanneer woorde binne in ‘n versreël met mekaar rym

31 of 57

11.Klanknabootsing - Onomatopee

  • Klanknabootsing – Onomatopee kom voor as ‘n geluid met woorde beskryf word
  • Bv. “Die klik-klak van haar skoene.” (“Die eksamenlokaal” deur Suzaan Laing)
  • Bv. “zirr en klik” (“Blommekykers” deur George Weideman)

32 of 57

12. Halfrym: Alliterasie en assonansie

  • Halfrym – slegs enkele klanke in een versreël kom ooreen
  • 12.1 Alliterasie  (“Vincent van Gogh” deur D.J. Opperman- die -s-alliterasie in versreël 5.)

“… skriklike stryd…”

  • Konsonante word herhaal aan die begin van woorde - b,d, f, h…

12.2 Assonansie: (“ ‘n brief van hulle vakansie” deur Breyten Breytenbach - die  -e- assonansie in versreël 24) 

kometewêrelde

Vokale word herhaal in die woorde - a, e, o, u, i                

33 of 57

13. Ritme

  • Die tempo waarteen die gedig gelees word. Dit is die musiek in poësie, die beweging of die vloei
  • Dit dra betekenis en bepaal die stemming of toon van die gedig
  • Dit bepaal hoe die gedig voorgedra word
  • Metrum: vaste ritmiese patroon, gebaseer op beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe

34 of 57

14. Assimilasie

  • Samesmelting van twee woorde wat dan as een uitgespreek word
  • Dit is die ‘piranha’ –effek
  • Die eerste letter van die tweede woord word uitgelaat
  • Bv. ‘hierdie’ word as ‘hierie’ uitgespreek
  • Bv. ‘van die’ word as ‘vannie” uitgespreek

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-NC-ND

35 of 57

15.Leestekens a. Enjambement

  • Enjambement – wanneer een versreël oorloop in die volgende sonder enige leestekens.
  • Enjambement maak die tempo van die gedig vinniger
  • Dit lei die aandag van die eindrym af weg
  • Dit versnel die tempo van die gedig

36 of 57

15.Leestekens b. Ellips /stippels

  • Ellips (…) - die digter laat woorde weg om die leser se aandag op iets te vestig
  • Die digter wil die sin meer dramaties maak
  • Die ellips wys dat tyd verbygaan 
  • Die digter wil soms hê dat die leser die gedagte self moet voltooi
  • Bv. “ vaar jy weg oor wit papier

die toekoms in, nog ver van hier… “ (“Die nuwe kind” deur Peter Strauss)

37 of 57

15.Leestekens c. Aanhalingstekens

  • Aanhalingstekens word soms in ‘n gedig gebruik om iemand se direkte woorde aan te haal
  • Bv. “mammie, hy’s blind” (“By die robot in Eerstelaan” deur Marita van Aswegen)

38 of 57

15.Leestekens d. Aandagstreep

  • Die aandagstreep se funksie is om iets uit te hef of te beklemtoon
  • Byvoorbeeld: “Ek hoor die winde huil – ‘n kreun, ‘n klag,” (“Ek het ‘n huisie by die see” deur H.A. Fagan)

39 of 57

15.Leestekens e. Dubbelpunt

  • Dubbelpunt – (:) na die dubbelpunt word ‘n verduideliking gegee van dit wat voor die dubbelpunt gesê is.
  • Bv. ”…weet dat vuur ‘n gawe … is: dit maak warm.”
  • Na die dubbelpunt word gesê waarom vuur ‘n gawe is.

40 of 57

16. Elisie

  • Elisie (‘) – dit is die weglating van ‘n woord of klank om by die ritme van die gedig te pas.
  • Bv. Hy het – hy’t
  • Dis een lettergreep minder om uit te spreek
  • Bv. “mammie, hy’s blind” (“By die robot in Eerstelaan” deur Marita van Aswegen)

41 of 57

c. Verdere stylfigure en literêre aspekte 

42 of 57

17. Sarkasme, ironie en satire

  • 17.1 Sarkasme – om op ‘n skerp bytende manier met iemand te spot, met die doel om hom seer te maak bv. Hy het net soveel gesonde verstand soos ‘n kreef
  • 17.2 Ironie – woordgebruik waar jy die teenoorgestelde sê van wat jy bedoel of van wat verwag word (“Besoekersboek” deur Fanie Olivier - versreël 12)
  • 17.3 Satire – Om op ‘n spottende wyse na die verkeerde dinge in die samelewing te verwys (“Versagtende omstandighede” deur Peter Snyders) Hier is die hele gedig ‘n satire waar die spreker spot met sy omstandighede.

43 of 57

18. Progressie

  • Dit behels die stappe van ontwikkeling in die gedig ten opsigte van tydsverloop, ontwikkeling van gebeure en in die verhoudings tussen mense.
  • Bv. “skopfiets, trapfiets, bromfiets, motor” (Twee kleuters in die Vondelpark deur Elisabeth Eybers)

44 of 57

19. Woordkeuse

  • Die digter/es se woordkeuse in die gedig dra by om die stemming/toon van die gedig te bepaal
  • Digters gebruik gepaste, sinvolle en stemmingsvolle woorde, frases en uitdrukkings in hul digkuns
  • Die woordkeuse pas by die tema van die gedig
  • Die woordkeuse kan die houding van die spreker openbaar

45 of 57

20. Herhaling

  • Herhaling van klanke, woorde, frases of versreëls het ‘n uitheffingsfunksie.
  • Versreëls wat herhaal word vorm die refrein soos byvoorbeeld by “Pryslied” deur Antjie Krog  (vir Mandela tydens sy inhuldiging as President van S.A.) 
  • Die herhaalde reëls beklemtoon dat… (Hier kyk jy na die betrokke versreël se inhoud en noem dit dan as die aspek wat die digter wil beklemtoon)
  • Bv. “Hier staan hy dan nou voor ons” ( “Pryslied”deur Antjie Krog)

46 of 57

21. Kontras/Antitese

  • Kontras of antitese - ‘n Stylmiddel waarin twee teenoorgesteldes/uiterstes teenoor mekaar gestel word om ‘n sekere effek te bereik bv. Die “roem van mislukking”.
  • Bv. “hy wat nie lag nie en ook nie huil nie” (“Pryslied” deur Antjie Krog)

47 of 57

22. Intertekstualiteit

  • Intertekstualiteit- wanneer die teks direk of indirek verwys na ‘n ander skryfstuk ter verruiming van die verwysingsveld van die teks. Die teks se betekenis word aangevul deur na die ander teks te verwys. (Die Bybel, ‘n film, ‘n skildery, ‘n beeld of ‘n foto)
  • Bv. By “Vincent van Gogh” deur D.J. Opperman is intertekstualiteit te vinde aangesien die gedig verwys na ‘n skildery wat deur Vincent van Gogh geskilder is.  

48 of 57

23. Oksimoron, Paradoks, Toutologie, Eufemisme

23.1 Oksimoron - Twee  teenoorgestelde begrippe hou direk verband met mekaar.

Bv. “selfbewuste ongeërgde” (“die straatkind” deur Linda Roos)

23.2 Paradoks - ‘n Stelling wat ‘n skynbare teenstrydigheid bevat soos ‘glimlag van uiterste pyn” (“Christ of the burnt men” deur Sheila Cussons).

23.3 Toutologie – Opstapeling van woorde met dieselfde betekenis. Bv.  “Sy sit lomerig en vaak en luister” en “ Ek was kwaad en woedend”

23.4 Eufemisme – Wanneer die saak ‘versag’ word om nie gevoelens seer te maak nie.

Bv. “see-uitstappie” wat verwys na Ingrid Jonker se selfmoord. (“Drieankerbaai, 19 Julie 1965” deur Meyer van Rensburg)

49 of 57

24. Metonimia, hiperbool

  • Metonimia/ oornoeming – Twee sake of begrippe wat met mekaar in verband staan, word met mekaar in verband gebring, bv. “die pen is magtiger as die swaard”- die skrywer het meer mag as die vegter

  • Hiperbool - doelbewuste oordrywing met die doel om iets groter voor te stel as wat dit werklik is. (Ek het die hele week nie ‘n oog toegemaak nie.)

50 of 57

25. Klimaks, antiklimaks, litotes,

  • Klimaks/ hoogtepunt - die opwindendste, effektiefste of belangrikste deel van die gedig se ‘storie’. Dit is nie noodwendig aan die einde van die gedig nie

  • Antiklimaks- wanneer iets wat belangrik is omswaai na iets nietigs, gewoonlik met ‘n komiese, betekenislose of omslagtige effek. Bv. “my seun, wees getrou aan jouself, jou ouers, jou naaste en - jou hond”

  • Litotes-  ‘n stylfiguur waarby iets verklein word om die betekenis of bedoeling daarvan beter by jou tuis te bring, bv. Jou werk is nie juis hoogstaande nie (in plaas van jou werk is swak)

51 of 57

26. Antonomasia of naamsverwisseling

  • Naamgewing deur ‘n tekenende besonderheid, dikwels ‘n eienaam as soortnaam om ‘n algemene begrip uit te druk.

Bv. Hy is ‘n regte Einstein (iemand wat baie slim is)

52 of 57

27. Humor

Humor- ’n komiese, lagwekkende uitdrukking

53 of 57

28. Polisindeton, Sinekdogee, Sinestesie, Woordspeling

28.1  Polisindeton – Die herhaling van die woord ‘en’. Woorde of dele van sinne word elke keer met ‘en’ verbind ter wille van beklemtoning  bv .”kankers en sere en pokkies” (“Rampe” deur Peter Snyders

28.2  Sinekdogee ‘n Beeld word opgeroep deur net ‘n deel van die geheel te noem, bv. “die hoewe” in plaas van  “die perd” ( “lofsang” deur Antjie Krog). 

28.3  Sinestesie Die prikkel bedoel vir een sintuig word deur ‘n ander waargeneem, bv. “ ek ruik die blou lug”. 

28.4  Woordspeling – ‘n Woord of uitdrukking met meer as een betekenis word gebruik sodat al die betekenisse pas, bv. in “Versagtende omstandighede” deur Peter Snyders.

54 of 57

29. Retoriese vraag

  • Die digter vra ‘n vraag, maar hy verwag nie ‘n antwoord die omdat die antwoord logies is
  • Dit word gebruik om die gedig dramaties te maak, verwondering of ongeloof weer te gee 
  • Die leser word direk betrek
  • Die digter/spreker lug sy mening
  • “Hoe is dit moontlik? “ (“By die eeuwending” deur Louis Esterhuizen)

55 of 57

30. Simboliek, Asindeton

30.1 Simboliek – ‘n Voorwerp of beeld word gebruik om iets anders voor te stel. 

  • Bv. in Sheila Cussons se werk is die kleure groen,  blou, wit, rooskleur, goud, geel, bruin en swart draers van dieper religieuse betekenisse. In “Die swart kombuis” is die ‘swart’ simbolies dat sy skuld het en na  ‘goud’, die verhewe goddelike staat waarna die mens wat aan die aarde gebonde is, moet beweeg deur ‘n suiweringsproses (“Die geel kombuis” deur Sheila Cussons)

30.2 Asindeton – herhaling van woorde of frases

Bv. “ by jou tafel, by jou moedertaal, by jou boeke…” “Onderwyser” deur Antjie Krog)

56 of 57

Kontak my gerus as jy vrae het

cecilia@curaparent.co.za

57 of 57

DANKIE!