1 of 14

1

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Bywoorde

2 of 14

2

Bywoorde – Adverbs

Dr. Cecilia Klopper- CURAparent

3 of 14

3

Bywoorde beskryf die hoofwerkwoord (Adverbs describe the verb: wanneer (when), hoe (how) en waar (where)?

4 of 14

Bywoorde beskryf wanneer, hoe en waar die werkwoord gedoen word:

4

Hoe?

deeglik

Adverb of (manner)

Wanneer?

saans

Adverb of time

Waar?

daar

Adverb of place

5 of 14

Bywoord van tyd (Adverb of time)

5

Wanneer (When)?

Die seun het gister die bok geskiet.

Deesdae het almal selfone.

6 of 14

Bywoord van wyse /manier (Adverb of manner)

6

Hoe (How)?

Die seun skop die bal vinnig.

Sy praat stadig.

7 of 14

Bywoord van plek (Adverb of place)

7

Waar (Where)?

Die atleet hardloop hier.

Ons loop buitentoe.

8 of 14

Meer as een bywoord in ‘n sin (More than one adverb in a sentence? Apply word order according to STOMPI)

8

Gebruik normale woordorde:

Bywoord van 1. tyd (time) 2. wyse (manner) 3. plek (place)

1. Die leerder moet Saterdag (tyd) vinnig (wyse) daarheen (plek) ry.

2. Die kat beweeg snags (tyd) geruisloos (wyse) hier (plek).

9 of 14

Bywoorde beskryf ook in watter mate (to what extent) iets gedoen word en druk ook die houding (attitude) van die spreker uit. Die bywoord druk ook waarskynlikheid (possibility) van die aksie uit:

9

In watter mate?

Bywoord van graad (degree)

taamlik, buitengewoon, uiters

Houding, sekerheid of waarskynlikheid

Bywoord van modaliteit

miskien, dalk, nooit, beslis

10 of 14

Bywoorde kan ook ander woordsoorte beskryf (Adverbs sometimes describe other parts of speech)

10

Byvoeglike naamwoord: taamlik laat (Adjective)

Bywoord: buitengewoon klein (Adverb)

Telwoord: ongeveer vyftig (Count word)

Voorsetsel: styf teen sy ma (Preposition)

In trappe van vergelyking: Hy hardloop vinniger as ek. (Degrees of comparison – adjective)

As ‘n intensiewe vorm: morsdood (intensive form – adjective)

11 of 14

Bywoorde in vaste verbindinge

11

Gelate aanvaar

Klakkeloos napraat

Gevat antwoord

Noodlottig beseer

Onderhoudend gesels

Onteenseglik bewys

Onverrigtersake terugkeer

Ruggelings neerstort

Stormenderhand verower

Verskil hemelsbreed

Terdeë geniet

Oogluikend toelaat

Rakelings verbyskuur

Rondborstig erken

Ruimskoots vergoed

Ruiterlik erken

Skalkse glimlag

Stilswyend aankyk

Botweg geweier

Spoorloos verdwyn

Bloedig vererg

12 of 14

Wat is ‘n bywoordelike bepaling (Adverbial phrase)? Meer as een woord om ’n werkwoord te beskryf (more than one word)

12

Bywoordelike bepaling van tyd:

Elke maand

Elke jaar

Sonder ‘n geluid

Vroeg in die oggend

Elke oggend

Voor ontbyt

Saans voor aandete

Gedurende die Desember-vakansie

Bywoordelike bepaling van wyse:

Harder as gewoonlik

Sonder om haastig te wees

Vinniger as sy broer

Beter as verlede keer

Bywoordelike bepaling van plek:

In die skoolsaal

Nêrens in my kamer nie

Agter die yskas

Voor in die ry

13 of 14

13

Kontak my gerus:

cecilia@curaparent.co.za

14 of 14

14

DANKIE!