Kies Jesus
Lukas 10:38–42 AFR83
Lukas 10:38–42 AFR83 Op besoek by Marta en Maria
38Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. 39Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. 40Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”
41Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, 42maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”
Wat het ons nodig?
Dit is goed om hard te werk. Jesus hou daarvan as ons hard werk. Ons moet egter nie so hard werk en soveel dinge doen dat ons van Jesus vergeet nie. Ons moet onthou dat Jesus altyd die belangrikste is. Jesus moet altyd eerste kom in ons lewens.