1 of 23

1

Afrikaans Huistaal

Betreklike voornaamwoorde

2 of 23

2

Dr. Cecilia Klopper- CURAparent

3 of 23

3

Ken jou betreklike voornaamwoorde

4 of 23

4

Wanneer gebruik ek “wat, wie, waarmee, waaraan, waarin, in wie, waarvan die, met wie, daarna” … ?

5 of 23

5

Betreklike voornaamwoorde word as voegwoorde in groep drie gebruik om twee sinne te kombineer

6 of 23

Betreklike voornaamwoorde

6

Wat?

Daarin?

Waarvan die?

Wie se?

Op wie?

Waarop?

Wie?

7 of 23

7

Vraag 1: Wanneer gebruik ek: ‘wat’?

8 of 23

 1. Antwoord: Jy gebruik “wat”

  • Indien jy twee sinne moet kombineer en daar nie ‘n voorsetsel in die tweede sin is wat betrekking het op die soortnaam in die eerste sin nie.
  • Ongeag of daar na ‘n mens of ‘n dier/ding verwys word, alles kry “wat”.
  • Bv. 1.1. Die man is negentig jaar oud. Die man oefen nog elke dag.

Die man wat nog elke dag oefen, is negentig jaar oud.

1.2 Die perd is vinnig. Die perd wen die wedren.

Die perd wat die wedren wen, is vinnig.

1.3 Die vrou is sewentig jaar oud. Sy stap nog elke dag op die strand.

Die vrou wat nog elke dag op die strand stap, is sewentig jaar oud.

(Die voorsetsel “op” in die tweede sin het glad nie betrekking op die vrou nie.)

8

9 of 23

9

Vraag 2: Wanneer gebruik ek: “wie se”?

10 of 23

 2. Antwoord: Jy gebruik “wie se”

  • Wanneer dit die besitting van ‘n persoon is waarna verwys word.
  • Bv. 2.1 Die dogtertjie is baie hartseer. Haar hondjie is raakgery.

Die dogtertjie wie se hondjie raakgery is, is baie hartseer.

2.2 Die student het groot geskrik. Sy motor het ‘n duik aan die

linkerkant.

Die student wie se motor ‘n duik aan die linkerkant het, het

groot geskrik.

10

11 of 23

11

Vraag 3: Wanneer gebruik ek: “waarvan die”?

12 of 23

 3. Antwoord: Jy gebruik “waarvan die ”

  • Wanneer dit die besitting van ‘n dier / ding is waarna verwys word.
  • Bv. 3.1 Die motor is baie oud. Die motor se bande is verslete.

Die motor waarvan die bande verslete is, is baie oud.

3.2 Die perd het die wedren verloor. Die perd se been is af.

Die perd waarvan die been af is, het die wedren verloor.

3.3 Die koek was nie ‘n sukses nie. Die koek se resep is nie

korrek neergeskryf nie.

Die koek waarvan die resep nie korrek neergeskryf is nie, was

nie ‘n sukses nie.

12

13 of 23

13

Vraag 4: Wanneer gebruik ek: “wie ”?

14 of 23

4. Antwoord: Jy gebruik “voorsetsel + wie”

  • Jy kan slegs “wie” gebruik indien daar ‘n VOORSETSEL IN DIE TWEEDE SIN is. (Bv. van, met, in, aan, op, by, langs, agter, voor, na, sonder… )
  • Jy te doen het met MENSE.
  • Kombineer die voorsetsel en die “wie” soos in die volgende voorbeelde:

Bv. 4.1 My neef bly in Kanada. Ek stuur gereeld aan hom

e-posboodskappe.

My neef aan wie ek gereeld e-posboodskappe stuur, woon in

Kanada.

4.2 Die baba is ‘n woelige krulkopseuntjie. Ek kyk bedags na die baba as sy

ma en pa werk.

Die baba na wie ek bedags kyk as sy ma en pa werk, is ‘n woelige

krulkopseuntjie.

14

15 of 23

4. “Voorsetsel + wie” (By mense)

15

Jy sal dus kry:

Op + wie

Die man op wie ek vertrou, is my pa.

By + wie

Die seun by wie ek die krieketkolf gekry het, is my beste vriend.

Agter + wie

Die blondekopmeisie agter wie ek in die klas sit, is my niggie.

Met + wie

Die onderwyseres met wie ek gesels het, ken haar vakgebied baie goed.

Van + wie

Die atleet van wie ons praat, is nie in ons skool nie.

16 of 23

16

Vraag 5: Wanneer gebruik ek: “waar”?

17 of 23

5. Antwoord: Jy gebruik “waar + voorsetsel”

BELANGRIK!!!

  • Jy gebruik NOOIT  “wat + voorsetsel = wat op” NIE!!! 
  • Bv. “Die stoel wat ek op sit, is baie oud.” X ☹
  • Die korrekte antwoord: Die stoel waarop ek sit, is baie oud. ✔☺

Wanneer gebruik ek “waar “?

  • Slegs wanneer daar ‘n VOORSETSEL in die tweede sin is
  • Slegs wanneer jy te doen het met DIERE/DINGE
  • Bv.  5.1 Die boek is deur Dalene Matthee geskryf. Ek het van die boek gepraat.

Die boek waarvan (wat + van) ek gepraat het, is deur Dalene

    Matthee geskryf.                   

17

18 of 23

5. “Waar + voorsetsel” (By diere en dinge)

18

ONTHOU!!!

waarmet X ☹ waarvir X ☹

waarmee ✔ ☺ waarvoor✔☺

Wat + aan

Die appel waaraan ek raak, is myne.

Wat + deur

Die ingang waardeur ons stap, is hoog.

Wat + na + toe

Die vakansie-oord waarnatoe ons reis, is in Gauteng.

Wat + oor

Die gebeure waaroor almal praat is skokkend.

Wat + sonder

Die besitting waarsonder niemand wil wees nie, is ‘n selfoon.

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY

19 of 23

19

Vraag 6: Wanneer gebruik ek: “daar”?

20 of 23

6. Antwoord: Jy gebruik “ daar + voorsetsel”

  • Jy gebruik “daarop, daarin, daarby” in die plek van (voorsetsel + “dit”) wanneer jy met DIERE/DINGE te doen het. 
  • Moet nooit “uit dit, met dit, by dit” gebruik nie
  • Bv. 6.1 Die melk is in die glas. Ek drink (uit dit).

Die melk is in die glas, ek drink daaruit.

6.2 Die sambreel is groot. Ons sit (onder dit) as dit reën.

Die sambreel is groot, ons sit daaronder as dit reën.

6.3 Dit is my troeteldier. Ek wil nooit (sonder dit) wees nie.

Dit is my troeteldier. Ek wil nooit daarsonder wees nie.

20

21 of 23

6. “daar + voorsetsel” (By diere en dinge)

21

ONTHOU!!!

daarmet X ☹ daarvir X ☹

daarmee ✔ ☺ daarvoor✔☺

aan + dit

Ek raak daaraan.

deur + dit

Ons loop daardeur.

na + dit + toe

Ons gaan gereeld daarnatoe.

oor + dit

Almal praat daaroor.

sonder + dit

Niemand wil daarsonder wees nie.

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY

22 of 23

22

Kontak my gerus:

cecilia@curaparent.co.za

23 of 23

23

DANKIE!