Afrikaans Huistaal
Spelling
Dr. Cecilia Klopper
curaparent.co.za
Spelling:
a. Die alfabet
Spelling: letters van die alfabet
Klinkers of vokale
a, e, i, o, u
(arme ek is oupa uil ☺ )
Medeklinkers of konsonante
b, c, d, f, g, h, j, k, l, m, n, p, q, r, s, t, v, w, x, y, z
Let wel, “y” is ‘n konsonant, maar by die studie van klankleer sorteer die “y” onder diftonge/tweeklanke omdat jy twee klanke hoor wanneer jy dit uitspreek. (net soos by: ai, aai, ooi, ou, eeu, ei, oei & ui)
b. Uitspraak
b. Uitspraak - soms verskil die uitspraak van die spelling van die woord
olifant; kombinasie; ivoor; polisie; hospitaal; kapitaal; kompetisie; kompliment; magistraat; manikuur; medikasie; privaat; karnivoor; Afrika; tradisie; krisis; manifes; manipuleer; medisyne; minus.
verkoop; verlore; verhuis; vermaan; vergete; verskuilde
b. Uitspraak - soms verskil die uitspraak van die spelling van die woord
3. Die prefiks “be-, ge- of suffiks - er”
bewoon; gewoonte; spreker; bewaar; gevaar; trooster
4. Die “- lm en – rm” woorde
Psalm; walm; kerm; talm; helm; palm; kalm; wurm; skelm;halm; ferm
MAAR!!! darem
b. Uitspraak - soms verskil die uitspraak van die spelling van die woord
5. Voltooide deelwoorde met ‘n “d” aan die einde (hoor "t", maar skryf "d")
benoud; bejaard; gemiddeld; ingewikkeld; ongesteld; ongemanierd; verbouereerd; verveeld
6. Die voltooide deelwoorde met of sonder die “d” aan die einde
bedroef(d); beleef(d); gejaag(d); geslaag(d); uitgesonder(d); verstrooi(d); beswaar(d); geklee(d); gestrem(d); ongenooi(d); verwyder(d); verwaai(d)
b. Uitspraak – woorde wat met “gh” en “tj” begin
7. Woorde wat met ‘n “gh” begin
ghetto(Joodse woonbuurt); ghoen (albaster); gholf; ghoeroe (kundige); ghoelasj (vleisgereg); ghries(vetterige smeermiddel); ghwano (bemestingstof gemaak van seevoëlmis)
8. Woorde wat met ‘n “tj” begin
tjank; tjek; tjoepstil; tjop; tjalie; tjello; tjilp/ tjirp
Let wel: ☺
Engels: chip =
Afrikaans: aartappelskyfie (NIE “tjip” nie)
b. Uitspraak – woorde wat met “sj” en “ps” begin
9. Woorde wat met ‘n “sj” begin
sjaal (tjalie); sjampoe; sjebien (smokkelkroeg); sjokolade; sjuut; sjampanje; sjabloon (uitgesnyde tekening); sjarme; sjef; sjoe; sjerrie
10. Woorde wat met ‘n “ps” begin
Psalm; pseudoniem (skuilnaam);
psige (siel); psigopaat (sielkundige afwyking); psigiater(mediese dokter vir persone met sielkundige afwykings); psigoterapie (behandeling vir diegene met sielkundige afwykings/gemoedsversteurings)
c. Skryfwyse van woorde
c. Skryfwyse van woorde
ineens
nogeens of nog eens
meteens
weereens of weer eens
2. Bywoordelike bepalings wat bestaan uit ‘n selfstandige naamwoord + “toe”
LOS -selfstandige naamwoord + toe
huis toe
Pretoria toe
werk toe
hospitaal toe
c. Skryfwyse van woorde
3. Bywoordelike verbindings wat op –kant eindig + toe, word ook LOS geskryf
LOS: -kant + toe
binnekant toe
buitekant toe
suidekant toe
westekant toe
4. Bywoordelike verbindings wat bestaan uit ‘n bywoord + “toe” word VAS geskryf
VAS: bywoord + toe
agtertoe
boontoe
ondertoe
soontoe
binnetoe
buite(n)toe
c. Skryfwyse van woorde
5. Verbindings met “hier, daar en waar” word vas geskryf aan die setsels waarmee hulle verbind wanneer dit nie as ‘n bywoord van plek gebruik word nie:
hieraan
waaraan
waarheen
daarvoor (het ek nie tyd nie)
daaraan
hiertoe
6. Verbindings met “hier, daar en waar” word los geskryf aan die stelsels waaraan hulle verbind wanneer dit as ‘n bywoord van plek gebruik word:
hier bo
hier voor
daar voor
hier langsaan
c. Skryfwyse van woorde - los of vas?
9.Altyd los:
al weer raak gooi
kan nie nou ja
op pad so ja
pak gee tuis bly
af dag so nie
by voorbaat op las
ook al ‘n pak slae
8. Altyd vas:
kindwees kwaaivriende
trompop naasbestaande
boonop noudat
welgedaan vandeesmaand
daarstel teendeel
dienooreenkomstig
eergisteraand goeiemiddag
c. Skryfwyse van woorde – ‘n paar moeilike spelwoorde
aggressief parasiet
besproeiing passasier
entrepreneur ruïnes
ideaal tatoeëer
interessant definitief
komitee Drie-eenheid
liasseer hakies
majestueus kanselleer
onmiddellik kommissie
kollekte verfraaiing
kommunikasie vermoeiing
leuenaar vice versa
lietsjie waardeer
luuksueus vermoë
nasionaal vegetariër
parallel verskillend
toiings
papegaai groete
d. Klankgrepe en Lettergrepe
d. Klankgrepe en lettergrepe
Klankgrepe of sillabes: die verdeling vind plaas volgens uitspraak en wat jy hoor:
middag = mi-dag
hoender = hoe-ner
kinders = ki-ners
engel = e-ngel
honger = ho-nger
onmiddellik = on-mi-de-lik
Lettergrepe: die verdeling vind plaas volgens die spelreëls
Oop: - eindig op ‘n vokaal (a,e,o,u,i)
Geslote: - eindig op ‘n konsonant
mid-dag
hoen-der
kin-ders
en-gel
hon-ger
on-mid-del-lik
d. Lettergrepe
slim-mer
ek-sa-men
let-ter-gre-pe
reën re-en (geen deelteken)
spieël spie-el (geen deelteken)
en-gel
ban-ge-rig
lan-ger
ma-sjien & bro-sjure
Maar: as-jas
Bron: de Jonge Annatjie. 2014. Leer Afrikaans sonder om jou rieme styf te loop. Die alles-in-een hulpmiddel om in Afrikaans te presteer (Volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring)
Kontak my gerus:
ceciliaklopper@gmail.com
DANKIE!