1 of 16

Leestekens- Punctuation

Afrikaans Eerste Addisionele taal

2 of 16

Dr. Cecilia Klopper

CURAparent

3 of 16

Inhoud/Content:

Punt Komma

Vraagteken Uitroepteken

Aanhalingstekens Asterisk

Stippels/ellips Dubbelpunt

Kommapunt Aandagstreep

Hakies Hoofletters

Onderstreep Ampersand

4 of 16

Leestekens/punctuation

1. Punt (.) Full stop

  • Word gebruik aan die einde van ‘n stelsin bv. Ek het die vliegtuig op die aanloopbaan gesien staan.

(At end of a statement)

  • Word gebruik by afkortings (Abbreviations) bv. asb. (asseblief), Feb. (Februarie), Di. (Dinsdag), d.i. (dit is), n.C. (na Christus), a.g.v. (as gevolg van), S. (Suid), Eks. (Eksodus), mnre. (menere), P.J. Pienaar

2. Komma (,) Comma

  • Wanneer ‘n lys (list) dinge opgenoem word bv. Ek eet graag rys, vleis en ertappels.
  • Let wel, as -en- gebruik word kom daar nie ‘n komma nie. (No comma before -en-)

5 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

2. Komma (,)

  • Word gebruik by parentese of invoegings (Parenthesis) van woorde of sinsnedes, bv. Alle honde, myne inkluis, hou van biltong.
  • Voor of na ‘n aanspreekvorm, bv.  Okkert, wil jy op die toer gaan? 

   Wil jy op die toer gaan, Okkert?

When you address someone.

2. Komma (,)

  • Word gebruik tussen twee werkwoorde indien die eerste sin op ‘n werkwoord eindig en die tweede een met ‘n werkwoord begin, bv. Voordat sy begin leer, maak sy eers vir haar koffie. 

Between two verbs.

6 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

2. Komma (,)

  • Word gebruik tussen twee of meer werkwoorde, selfstandige naamwoorde of byvoeglike naamwoorde, bv. Die kinders het geswem, boom geklim en geswaai.

Between two or more verbs, nouns or adjectives.

2. Komma (,)

  • Word gebruik voor die voegwoorde maar en want, bv. Ek is in graad 12, maar het nog nooit motor bestuur nie.

Before the conjunctions

-maar- and -want-. 

7 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

2. Komma (,)

  • Word gebruik tussen twee voegwoorde, bv. Luka wil weet of, indien dit moontlik is, hy saam met jou huis toe kan ry na skool.

  Between two conjunctions.

2. Komma (,)

  • Word gebruik na ‘onbeklemtoonde’ uitroepe, bv. Kom, laat ek jou help. 

After exclamations that are not emphasized.

8 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

2. Komma (,)

  • Word gebruik na erkenning of ontkenning asook na die woord ai, bv. Ai, is hy al weer siek?

Nee, ek sal dit beslis nie toelaat   nie. 

Ja, ek sal graag op die toer wil gaan.

After affirmative or negative comment –nee- and –ja-.

3. Vraagteken (?) Question mark

  • Dit word gebruik by vraagsinne bv. Reën dit buite?

Kan ek asseblief saamkom?

After questions.

9 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

4. Uitroepteken (!) Exclamation mark

  • Word gebruik na bevelsinne, bv. Ruim nou dadelik al jou speelgoed op! 

After commands.

  1. Aanhalingstekens (“)

Quotation marks

  • Dit word gebruik wanneer iemand se direkte woorde aangehaal word, bv. Lenske sê: Ek gebruik nie sterk drank nie.
  • Dit word ook gebruik wanneer ‘n bron/ woord of sin aangehaal word, bv. Langenhoven het gesê: ‘n Mens moet jou swaarkry met lekkerkry klaarkry. 

10 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

6. Stippels, ellips of beletselteken (…) net drie stippels -Ellipsis

  • Word gebruik by ‘n onvoltooide sin, bv. Dit was die langste dag in my lewe (spasie vooraan, geen punt daarna)
  • Jou rakker, ek sal jou …! (spasie voor, geen spasie voor die leesteken) 
  • Sy het gesê dat … nee, ek kan dit nie oorvertel nie. (spasie voor en daarna)
  • Is sy ‘n skinder…? (geen spasie voor as ‘n deel van die woord weggelaat is asook geen spasie voor die leesteken)

Used when words or sentences are uncompleted.

7. Asterisk (*)

  • Dit word gebruik indien jy ‘n verwysing by ‘n sin plaas en nie van nommers wil gebruik maak nie, bv. Die Voortrekkermonument* is ter ere van die Voortrekkers opgerig.

Used for referencing. 

* Die Voortrekkermonument is in 1949 in Pretoria opgerig.

11 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

8. Dubbelpunt (:) Colon

  • Word gebruik voordat ‘n lys (list) goed opgenoem word, bv. Ek het die volgende items by die winkel gekoop: rys, koffie, suiker en gemmerkoekies. 
  • Word gebruik voor die direkte woorde (Direct speech) van iemand, bv. Die afrigter het gesê: “Daar sal volgende Dinsdag weer ‘n krieketoefening wees.”
  • Word gebruik voor ‘n verduideliking (Explanation), bv. Dit is hoe jy te werk moet gaan om ‘n kragopwekker aan te skakel: Koppel eerstens die elektriese koord, tweedens …

9. Kommapunt (;) Semi-colon

  • Dit word gebruik om ‘n langerige pouse aan te dui asook wanneer jy die voegwoord uitlaat, bv. Hy speel rugby in die winter; hy swem in die somer. 

Used in the place of a conjunction.

  • Sommige voegwoorde kry ook ‘n kommapunt voor (dus, daarna, nogtans), bv. My been is gebreek; dus speel ek nie vandag in die span nie. 

In front of certain conjunctions.

12 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

10. Hakies ( ) Brackets

  • Word gebruik  by invoegings van addisionele inligting in sinne (Parentese), bv. Alle honde (myne inkluis) hou van biltong. 
  • Used by Parenthesis.

11. Aandagstreep (-) Hyphen

  • Dit word gebruik by invoegings (Parenthesis) van addisionele inligting in sinne (Parentese), bv. Alle honde - myne inkluis - hou van biltong.
  • Om ‘n onderbreking in die sin (pause in the sentence) aan te dui, bv. Ek het nog baie meer om te vertel  maar ek het nie nou tyd nie.
  • Voor ‘n mededeling (additional information) wat na ‘n volsin volg, bv. Sy het toe uiteindelik opgedaag maar nie alleen nie.
  • Voor woorde wat herhaal (repetition) word om dit te beklemtoon, bv. Daar was wanorde totale wanorde in die saal. 

13 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

12. Onderstreep ( _ ) Underlining

  • Word gebruik by die titel van ‘n koerant, tydskrif of boek.

13. Hoofletters (A, B, C ) Capital letters

  • Dit word gebruik by eiename (Proper nouns)

bv. Kaapstad, Suid-Afrika, Botha

  • By byvoeglike naamwoorde wat afgelei is van eiename, bv. Meksikaanse kos, Russiese danse (Proper adjectives
  • Aan die begin van sinne, bv. Die dag breek rooi-goud agter die berge.  (Beginning of sentences)
  • Indien jy iemand direk aanspreek in ‘n sin, bv. Sal Pappa asseblief saam met my oueraand toe kom? 
  • Goeiemiddag Dominee. (When you speak directly to someone)

14 of 16

Leestekens/punktuasie vervolg

14. Ampersand (&)

  • Word gebruik in die plek van -en- by die geregistreerde name van maatskappye en publikasies, bv. Finansies & Tegniek 

Du Buisson & vennote

(Used in the place of –and-)

Bronne:

De Jonge, A. 2014. Leer Afrikaans sonder om jou rieme styf te loop

Lutrin, B. & Pincus, M. 2019. English Handbook & Study Guide. Berlot Books: Birnam Park

Mirriam-Webster.com

Iets interessants van die ampersand

  • Dit is eintlik ‘n kombinasie van ‘n -e- en ‘n -t- in die Latynse woord -et-
  • Dit het geleidelik verander na die -&-
  • Latynse woorde- and(&) per se, and het naderhand verander na ampersand – ook in Engels.
  • Something interesting:

It is a combination of the –e- and –t- letters in the Latin word –et-

It developed gradually into &

Latin words and (&) per se, and changed to the word Ampersand

15 of 16

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

16 of 16

DANKIE!