Wat kan ons vir Jesus gee?
JOHANNES 12:1-8 NLV
JOHANNES 12:1-8 NLV
1Ses dae voor die Paasfees sou begin, het Jesus na Betanië toe gekom waar Lasarus, wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. 2Daar het hulle vir Jesus ’n aandete voorberei. Marta het dit voorgesit en Lasarus was een van dié wat saam met Hom vir die ete aangelê het.
3Maria het toe ’n halfliter baie duur aromatiese olie geneem en dit op Jesus se voete uitgegooi en sy voete met haar hare afgedroog. Die huis was gevul met die reuk van die olie.
4Judas Iskariot, een van sy dissipels, wat Hom nog sou uitlewer, sê toe: 5“Waarom is hierdie olie nie eerder vir ’n yslike bedrag verkoop en die opbrengs aan die armes gegee nie?”
6Dit het hy gesê, nie omdat hy so danig besorgd was oor die armes nie, maar omdat hy ’n dief was. Hy het die geldbeurs gedra en het van die bates verduister.
7Toe het Jesus gesê: “Laat haar met rus. Sy het dit gekoop om te bêre vir die geleentheid van my begrafnis. 8Die armes het julle altyd by julle, maar Mý het julle nie altyd nie.”
Wat kan ons vir Jesus gee?
Jesus waardeer wat ons vir Hom gee
Die waardevolste ding wat ons vir Jesus kan gee is onsself. Ons kan ons self beskikbaar stel vir Jesus.
Ons kan vir Jesus vra om vir ons te wys wat ons vir Hom te kan doen.
Wanneer ons, ons naaste help doen ons iets vir Jesus