Afrikaans Eerste Addisionele Taal
CURAparent
Taalvaardigheid
Lees en kyk
Lees 'n storie
Inhoud
5. Gebruik ’n woordeboek of vra hulp:
6. Onderstreep of merk belangrike dele (as jy mag).
7. Lees met gevoel as jy hardop lees:
1. Instruksies oor die lees van stories
1. Lees (luister na) 'n storie
Sneeuwitjie
Lank gelede was daar 'n koning wat 'n beeldskone dogter gehad het. Haar naam was Sneeuwitjie. Toe haar ma sterf, het die koning weer getrou…
Haar stiefma was self 'n pragtige vrou, maar sy was baie jaloers op Sneeuwitjie se skoonheid. Die stiefma het 'n towerspieël gehad en sy het elke dag vir die spieël gevra:
“Spieëltjie, spieëltjie in my hand, wie is die mooiste in die hele land?”�“O Koningin, u is die mooiste in die land!” het die spieël dan gesê.
Só het die koningin elke dag vir haar spieël gevra wie die mooiste in die land is en elke dag het die spieël dieselfde antwoord gegee. Tot eendag, toe die spieël vir die koningin sê:
“O Koningin, u is beeldskoon, maar Sneeuwitjie is die mooiste in die land.”
Hierdie antwoord het die koningin baie kwaad gemaak! Die bose koningin beveel toe een van haar jagters om Sneeuwitjie in die woud in te neem en haar dood te maak…
Die jagter doen toe soos hy beveel is, maar het net vir Sneeuwitjie in die woud gelos, en vir die koningin vertel dat Sneeuwitjie dood is.
In die woud het Sneeuwitjie verdwaal. Sy het op ‘n huisie afgekom waar sy besluit het om 'n bed te vind om te rus. Sy het na 'n ruk wakker geword toe sy stemme naby haar hoor fluister. Iemand het gesê:
“Wat soek 'n meisie hier?”
Sy skrik toe sy sewe dwergies sien! Hulle luister toe na haar storie oor haar nare stiefma wat haar wil doodmaak, en stem toe in dat sy by hulle mag bly.
Sy het vir hulle kos gekook, die huisie mooi skoon gemaak en vir al die diere gesing. Die dwergies het elke oggend reggemaak vir werk, en dan in die aande weer teruggekom.
Terug by die kasteel, het die koningin deur haar towerspieël uitgevind dat Sneeuwitjie nog leef. Sy het toe 'n gifmengsel gemaak en 'n appel daarin gedoop.
Sy besluit toe om soos 'n ou vrou aan te trek en vir Sneeuwitjie self te vergiftig. Daar is sy toe op pad na die huisie in die woud, met haar gif-appel…
Toe Sneeuwitjie eendag alleen in die huisie was, was daar 'n klop aan die deur. Sy maak toe die deur oop en vind 'n oulike ou vroutjie met 'n mandjie vol vars appels. Die vrou gee toe vir haar een. Alhoewel sy eers skepties was, het sy die lieflike rooi appel aanvaar en 'n groot hap geneem!
Sneeuwitjie het vaak begin voel, en toe sy begin omval, sien sy dat die ou vrou verander het in haar bose stiefma!
Toe die sewe dwergies daardie aand terugkeer huis toe, was hulle dadelik bekommerd. Hulle sien toe daar gaan niks aan in die huisie nie. Vinnig bars hulle by die voordeur in en vind Sneeuwitjie, flou op die vloer met 'n bloedrooi appel langs haar.
Hulle kon haar nie wakker kry nie.
Hulle lê haar toe in 'n pragtige blommebed, sodat hulle kan sien wanneer sy wakker word. Hulle was almal so bekommerd.
Toe eendag, kom daar 'n prins op 'n wit perd daar aan. Hy het gehoor van Sneeuwitjie se diep slaap en het kom kyk of hy kon help. Die dwergies was eers skepties oor die prins, maar het hom toe gevat na waar sy tussen die mooiste blomme lê.
Die prins buk toe af, en gee haar 'n soen.
Nie te lank daarna nie, begin haar mooi ogies oopfladder.
Die prins het haar wakker gemaak!
Bron: www.twinkl.co.za
3. Bespreek die storie
Wat is die titel van die storie?
Bespeek al die karakters in die storie.
Het jy al hierdie storie gehoor? Waar en wanneer?
Watter lesse kan ons uit hierdie storie leer?
Hou jy van hierdie storie? Gee 'n rede vir jou antwoord.
Skryf 'n paragraaf van 50 woorde waarin jy die storie opsom.
3. Bespreek die storie
Wat is die titel van die storie? Sneeuwitjie.
Karakters: Sneeuwitjie, koningin, die spieël, sewe dwergies en die jagter.
Watter lesse kan ons uit hierdie storie leer?
DANKIE
Kontak my gerus
ceciliaklopper@gmail.com