1 of 60

AFRIKAANS HUISTAAL

GRAAD 12

LENTESKOOL 2024

AANLYNSESSIE

Ons gaan Slido gebruik vir interaktiewe leer. Laai gerus die toep (app) af sodat jy kan

d e e l n e e m !

2 of 60

AFRIKAANS HUISTAAL

GRAAD 12

LENTESKOOL 2024

SESSIE 3

3 of 60

4 of 60

TYDINDELING: SESSIE 3

Dramatiese struktuur →

50 min

toegepas op Map of Mis

Taal: Advertensies &

Strokiesprente

40min

In die LEERDERGIDS kom literêre opstelle EN

kontekstuele vrae oor jou DRAMA (Mis of Map) voor.

JY moet dit tuis gaan uitwerk. Jou onderwysers by die skool sal

die antwoorde/nasienriglyn vir jou beskikbaar hê na die vakansie.

 

5 of 60

Die advertensie

6 of 60

Advertensies

  • Die ABBA-beginsel

AAandag trek

B – Belangstelling wek

B – Behoefte skep (jy het dit nodig)

AAksie (bel onmiddellik, doen iets,

e-pos, Whattsapp ens.)

  • Belangrike aspekte van ’n advertensie
  •  beelde / prente;
  • logo (kenteken);
  • slagspreuk;
  • gehoor/teikengroep/teikenleser;
  • aanspreekvorm;
  • uitleg en tipografie.

7 of 60

Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies

ONTHOU!!!!!!

Vraag 3 (Advertensie) – 10 punte

  • 8 punte: Kritiese taalbewustheid

en oorredingstegnieke

  • 2 punte: ander taalstrukture  
      • Woordeskatontwikkeling en taalgebruik ÓF
      • Sinstrukture en die organisering van tekste

KEN & VERSTAAN KTB!!

8 of 60

Die KTB kritiese taalgebruik in ’n advertensie

  • Emotiewe taal: sy voete is vodde (neutrale taal: seer)

  • Oorredende taal: beslis/gratis/definitief

  • Manipulerende taal: slinkse oortuiging – jy verdien dit

  • Partydigheid: deur seleksie en weglating – mees bekostigbare – ANDER maatskappy bied dit nie!

  • Ouderdomsdiskriminasie: verskil t.o.v. ouderdom – kinders van vandag weet nie wat opoffering

beteken nie

- oumense verstaan nie die tegnologie nie

  • Seksisme/geslagsdiskriminasie: vroue nie goed met geheime hou nie

  • Stereotipering: growwe veralgemenings – mans is beter bestuurders as vrouens

  • Vooroordeel: mense vooraf oordeel – sy sal die moeilike wiskunde kan doen;

sy woon in ‘n rykmansbuurt

9 of 60

    • Taalgebruik
      • Uitroep/ Tussenwerpsel
      • Engelse woorde
      • Woordkeuse
      • Uitroeptekens

    • Visuele aspekte
    • Stereotipering
    • Manipulerende taal
    • Oorredende taal
    • Partydigheid
    • Teikenleser
    • Produk

10 of 60

Nou dat ons die advertensie van nader beskou het,

beantwoord die volgende vrae:

Kom ons sien die vrae na.

11 of 60

12 of 60

13 of 60

Die strokiesprent

14 of 60

HOE MOET EK ’N STROKIESPRENT LEES?

Strokie vir strokie!!

15 of 60

Strokiesprente

… is gewoonlik humoristies;

… tekening van 'n situasie met karakters, agtergrond, ruimte, taal, punktuasie en aksies;

… druk idees uit of vestig aandag op 'n situasie;

… handel dikwels oor 'n aktuele probleem;

… het soms ernstige of skerp boodskappe.

 

16 of 60

Let op …

  • Wie is die karakter/s in die strokiesprent?
  • Waaroor gaan die strokiesprent (wat is die storie)?
  • Wat sê/impliseer die karakters?
  • Hoekom sê die karakters sekere dinge?
  • Wat doen hulle en hoekom doen hulle dit?
  • Watter emosies beeld die karakters uit?
  • (skok, verbasing, woede, hartseer, blydskap, ens.)

Hoe SIEN jy die emosie? →→

17 of 60

Let ook op …

  • Liggaamshouding vertel meer oor die karakters en hul gevoelens.
  • Kom daar stereotipering, partydigheid, ens. voor?
  • Watter visuele aspekte is ter sprake wat die inhoud ondersteun? (bv. leestekens, groter druk, vetdruk, ens.)
  • Waarom is die strokiesprent humoristies?
  • Is daar progressie in die strokiesprent?
  • Verskil die ruimte in die verskillende raampies?

18 of 60

19 of 60

Aanname: om te aanvaar dat iets waar / korrek is

sonder dat daar enige bewys is.

20 of 60

21 of 60

22 of 60

AFRIKAANS HUISTAAL

moet geleer word

23 of 60

24 of 60

Krismis van Map Jacobs

Bl. 25 - 28

25 of 60

Belangrike begrippe

26 of 60

dramatiese struktuur

In Krismis van Map Jacobs

27 of 60

Dramatiese struktuur

By kontekstuele vrae so gevra.

28 of 60

Die aanloop/eksposisie/ bekendstelling.

  • Die leser word in die openingstonele aan die ruimte, karakters en tema bekendgestel.

  • Die drama word in die konteks van ‘n township op die Kaapse Vlakte geplaas en in ‘n gesprek met Maud en mister Cavernelis word dit beskryf as ‘n plek waaruit hul wil ontsnap.

  • Ons maak kennis met die Cavernelisse en mr Cavernelis wat twee werke doen, Blanchie se werk, die skoorsoekerige Cyril en Richie asook Tommy as “skinnerbek”.

  • Die Kersorkes wat reeds vir die einde van die jaar oefen. Hier sien ons reeds dat die mense in moeilike omstandighede woon.

29 of 60

Die motoriese moment

  • Die gebeurtenis wat die handeling (wat uiteindelik na die klimaks of antiklimaks sal lei) aan die gang sit.

  • In toneel drie kry ons die motoriese moment. Die motoriese moment word op bl. 9 ingelei toe Map teenoor sy ma bevestig dat hy “die sewende van anner maand” op parool vrygelaat word.

  • Die moment wat die karakters uitvind Map Jacobs kom uit die tronk. Die spanning word hoër.

30 of 60

Die verwikkeling ­–

  • Toenemende spanning terwyl die situasie/verhouding/intrige/botsing/storie ontwikkel.

  • Dit vind na die motoriese moment plaas.

  • Dit dui op botsing en stuur op die klimaks af.

  • Spanning bou hoër.

  • Karakters vertel meer oor hul lewe en hoe hulle voel oor Map Jacobs wat uit die tronk gaan kom.

31 of 60

Die klimaks

  • Die hoogtepunt/ uitbarsting / breekpunt/
  • ommekeer van die spanning of konflik.

  • Spanning is op sy hoogste.

  • Die monoloog van Map Jacobs waar ons hoor wat die aand van sy suster se verkragting gebeur het en die uiteindelike rede hoekom sy ma stom is en hy in die tronk beland het.

32 of 60

Die denouement/ oplossing/ ontknoping/ afloop/ afwikkeling –

  • Die ontrafeling van die botsing/ konflik/intrige/ spanning.

  • Ons kry antwoorde op die vraag: ”Wat gaan nou gebeur?”

  • Blanchie kry nie die modelkontrak nie;

  • Cavernelis pleeg selfmoord.

  • Map en Blanchie vergewe mekaar.

  • Auntie Grootmeisie praat weer - vir Map vergewe.

33 of 60

TONEEL

WIE

WAAR

Dramatiese struktuur

1

CAVERNELIUS, MAUDE

WOONSTEL

1.

2

CYRIL, RICHIE, TOMMY , BLANCHIE (KERSORKES)

STRAAT

3

MAP, ANTIE GROOTMEISIE, BLANCHIE,

MISS AFRICA, APOSTEL GEORGE

TRONK

2.

4

MAP, BLANCHIE

PARKIE

3.

5

MAUD, CYRIL, RICHIE, CAVERNELIUS

STRAAT

6

MAP, ANTIE GROOTMEISIE, APOSTEL GEORGE

TRONK

7

KERSORKES, MIRIAM,

STRAAT

8

MAP, TOMMY

STRAAT

9

MAP

STRAAT

10

MAP, WILLIE LAGUMA

STRAAT

11

BLANCHIE, MAUD, CAVERNELIUS

WOONSTEL

4.

12

ALMAL

STRAAT

5.

Bepaal waar pas die toneel in die dramatiese struktuur in.

34 of 60

TONEEL

RUIMTE

KARAKTERS

DRAMATIESE STRUKTUUR

1

WOONSTEL

CAVERNELIUS, MAUDE

EKSPOSISIE :Bekendstelling van karakters en milieu

2

STRAAT

CYRIL, RICHIE, TOMMY , BLANCHIE, (KERSORKES)

3

TRONK

MAP, ANTIE GROOTMEISIE, BLANCHIE,

MISS AFRICA, APOSTEL GEORGE

MOTORIESE MOMENT: Aankondiging: Map kom 7de van volgende maand yt

4

PARKIE

MAP, BLANCHIE

ONTWIKKELING: Karakters se optrede oor Map wat gaan ytkom en die spanning/afwagting neem toe.

5

STRAAT

TRONK (tydsprong)

MAUD, CYRIL, RICHIE, CAVERNELIUS

BLANCHIE, MAP

6

TRONK

MAP, ANTIE GROOTMEISIE, APOSTEL GEORGE

7

STRAAT

KERSORKES, MIRIAM,

8

STRAAT

MAP, TOMMY

9

STRAAT

MAP

10

STRAAT

MAP, WILLIE LAGUMA, BLANCHIE

11

WOONSTEL

BLANCHIE, MAUD, CAVERNELIUS

12

STRAAT

ALMAL

KRISIS: Mr C voor trein inloop

KLIMAKS: Map vergewe Blanchie en geen wraak nie

AFLOOP/AFWIKKELING: Spanning verlig en oop einde

35 of 60

Krismis van Map Jacobs: Bl. 25 in LEERDERGIDS�opstelvrae = GAAN WERK DIT BY DIE HUIS UIT

Vraag 14 (1):

In Krismis van Map Jacobs is die soeke na identiteit ’n belangrike tema wat deur die handeling en dialoog van Mr Cavernelis, Map Jacobs en die townshipinwoners oorgedra word.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400 – 450 woorde.

 

Vraag 14 (2):

Die hoofkarakter in die drama ondergaan duidelike ontwikkeling van Johnnie na Map na Johnnie.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400 – 450 woorde.

 

36 of 60

Vraag 14.1

In Krismis van Map Jacobs is die soeke na identiteit ’n belangrike tema wat deur die handeling en dialoog van Mr Cavernelis, Map Jacobs en die townshipinwoners oorgedra word.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400 – 450 woorde.

Soeke na identiteit

Mnr Cavernelis: handeling en dialoog

Soeke na identiteit

Map: handeling en dialoog

Soeke na identiteit

Townshipinwoners:handeling en dialoog.

37 of 60

Mnr Cavernelis: handeling en dialoog

Map: handeling en dialoog

Townshipinwoners:handeling en dialoog.

38 of 60

Vraag 14.2

Vraag 14 (2):

Die hoofkarakter in die drama ondergaan duidelike ontwikkeling van

Johnnie na Map na Johnnie.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400 – 450 woorde.

39 of 60

40 of 60

GAAN WERK NOU DIE TWEE OPSTELVRAE bl.25 & die KONTEKSTUELE VRAE bl.25 -28

BY DIE HUIS UIT

41 of 60

MIS

BL. 28 - 31

42 of 60

Belangrike begrippe

43 of 60

Die atmosfeer is gespanne en die stemming is onheilspellend.

Dit wat die karakters voel.

-Innerlike konflik – dis spanning of emosies wat in die persoon se gemoed/wese ontstaan bv. vrese, drange, behoeftes, woede �-Uiterlike konflik – vind plaas wanneer karakters met mekaar stry, harde woorde het of baklei.

Die wind laat hul

onrustig voel.

44 of 60

dramatiese struktuur

In mis

45 of 60

Dramatiese struktuur

46 of 60

Eksposisie / uiteensetting

Maak kennis met Miem en Meisie se omstandighede, hul verhouding, tyd & ruimte

en ons besef dat daar ‘n onheil dreig.

  • die ruimte: die armoedige kombuisie op ‘n plattelandse dorpie.

  • die tyd : lente, ons hoor die presiese datum 31 Augustus 1936 en ons hoor van die Groot Depressie [1930’s],

8uur die Vrydagaand, en later 12uur / die magiese tyd

  • die karakters: in hierdie drama leer ons Miem, Meisie, Gertie [en die Konstabel] beter ken.

  • die situasie/probleem: ons hoor van die probleem/vrees vir die “ding” wat gaan gebeur.

Die vrees vir die moordenaar/verkragter wat weer vanaand kan toeslaan.

Geleidelik word ons gelei om die vrees te verstaan.

47 of 60

Motoriese moment

is die gebeurtenis wat eintlik die

handeling aan die gang sit.

  • In hierdie geval is dit die aankoms van Konstabel.
  • Hy laat dinge gebeur.
  • Sy binnekoms veroorsaak spanning as gevolg van
  • dramatiese ironie: die gehoor vermoed onraad, maar Miem glo hulle is

veilig omdat hy ’n polisieman is.

  • Hy manipuleer hulle om hom te glo en te vertrou: “Kom van elders.” Hy sê hy kom net na spesiale gevalle toe “Deel van die ontplooide waakeenheid”
  • Hy kan ruik hoe oud elkeen is “…laat middeljare. Getroud en kinders gebaar”
  • Vertel van die gevaar van die nag “Krieke kriek harder. Die adder seil vinniger”

48 of 60

  • Aangesien die HANDELING deur die motoriese moment aan die gang gesit word,

dra die HANDELING daartoe by dat die SPANNING opbou en tot botsings lei.

  • Die uitwerking van die konstabel op elkeen van die vroue.
  • Gehoor raak bewus van innerlike konflik in Meisie en vermoed die Konstabel gee voor = DRAMATIESE IRONIE skep spanning
  • Hul “blinde” vertroue in die konstabel veroorsaak spanning.
  • Sy manipulasie van die vroue skep spanning, want ons kan aanvoel dat hy hulle bedrieg.
  • Sy teenwoordigheid veroorsaak ook spanning tussen die 3 vroue:
  • Gertie en Meisie het albei ’n ogie op hom.
  • Miem probeer weer vir Gertie keer omdat sy Meisie vir die konstabel toeëien.
  • As Meisie trou, sal Gabriël afkom uit die solder.
  • Gertie raak jaloers.
  • Die Konstabel vertel van sy blindheid deur sonsverduistering.
  • Miem noem van Gabriël op die solder.

VERWIKKELING

49 of 60

Klimaks / hoogtepunt

Die spanning en botsing wat tydens die vorige fase opgebou het, kom tot breekpunt, wat dan tot die hoogtepunt lei.

  • Die konstabel transformeer na ‘n siende hofnar
  • EN Meisie dans onder sy betowering by die

agterdeur uit, die konstabel geklee as hofnar

volg haar.

50 of 60

Ommekeer/ wending

  • Die drama neem ‘n wending
  • na die een of ander kant toe,
  • met ‘n duidelike afname (oplossing) van

die spanning.

Die transformasie van Meisie as ‘n skaam,

onseker meisie na die dansende vlinder.

51 of 60

Afloop / ontknoping

  • Alle dramas het nie noodwendig ‘n afloop nie en

eindig dus op ‘n klimaks.

  • Die slot in MIS is oop en onseker . . .
  • Dit eindig waar Meisie saam met Konstabel verdwyn en

ons weet nie wat verder gebeur nie . . .

Is Meisie nou regtig vry?

Het die Konstabel goeie bedoelings met haar?

Wat gaan Miem en Gabriël nou maak?

52 of 60

1. Eksposisie/uiteensetting: Hier leer ken ons -

  • die ruimte: die armoedige kombuisie op ‘n plattelandse dorpie.
  • die tyd : lente, ons hoor die presiese datum en ons hoor van die Groot Depressie [1930’s].
  • die karakters: in hierdie drama leer ons Miem, Meisie en Gertie ken.
  • die situasie/probleem: ons hoor van die probleem/vrees vir die “ding” wat gaan gebeur.

Geleidelik word ons gelei om die vrees te verstaan.

2. Die motoriese moment is die gebeurtenis wat eintlik die handeling aan die gang sit.

In hierdie geval is dit die aankoms van Konstabel. Hy laat dinge gebeur.

3. Verwikkelingsfase Aangesien die handeling deur die motoriese moment aan die gang gesit word, dra die handeling daartoe by dat die spanning opbou en tot botsings lei.

4. Klimaks/Hoogtepunt Die spanning en botsing wat tydens die vorige fase opgebou het, kom tot breekpunt, wat dan tot die hoogtepunt lei.

5. Ontknoping Die drama neem ‘n wending na die een of ander kant toe, met ‘n duidelike afname (oplossing) van die spanning.

6. Afloop Alle dramas het nie noodwendig ‘n afloop nie en eindig dus op ‘n klimaks. Dit is ook die geval met Mis, aangesien die drama eindig waar Meisie saam met Konstabel verdwyn en ons weet nie wat verder gebeur nie.

Dramatiese struktuur in MIS saamgevat:

53 of 60

INNERLIKE BOU

► Die ontwikkeling van spanning en konflik in die drama

KOMPONENTE

  • Eksposisie / uiteensetting

  • Motoriese moment

  • Verwikkeling

  • Ontwikkeling

  • Hoogtepunt / klimaks

  • Ommekeer/wending

  • Ontknoping / afloop

TOEPASSING OP MIS

  • Maak kennis met Miem en Meisie se omstandighede, hul verhouding, tyd & ruimte en ons besef dat daar ‘n onheil dreig.

  • Die konstabel se koms sit die handeling aan die gang. Hy kom die vroue oppas en hul voel gerus by hom.

  • Die uitwerking van die konstabel op elkeen van die vroue. Die konstabel se blindheid deur sonsverduistering. Miem vertel van Gabriël op die solder.

  • Gehoor raak bewus van innerlike konflik in Meisie en vermoed die Konstabel gee voor.

  • Die konstabel transformeer na ‘n siende hofnar EN Meisie dans onder sy betowering by die agterdeur uit, die konstabel geklee as hofnar volg haar.

  • Die transformasie van Meisie as ‘n skaam, onseker meisie na die dansende vlinder.

  • Die slot is oop en onseker . . .

54 of 60

Toneel

Wie 

Dramatiese struktuur

 

 

 

 

  • Eenbedryf
  • Gebruik klank en lig om karakters op en af van die verhoog te laat beweeg

  • Neweteks/toneel-aanwysing

speel groot rol

 

 Miem, Meisie, Gabriel & Gertie

Eksposisie

Gehoor maak kennis met armsalige omstandighede van Miem & Meisie. Gabriel wat al 7 jaar op solder sit. Gertie wat oorkom op die onheilsnag (31Aug.)

 

 Konstabel

Motoriese moment

Konstabel Van der Riet klop aan die deur…

Deel van waakeenheid en is besorg - hul so afgesonderd en kan dit gevaarlik wees….

 Miem, Meisie, Gabriel, Gertie & Konstabel

Ontwikkeling

Uitwerking van Konstabel op die drie vroue

Meisie ervaar konflik; agterdog ontstaan oor Konstabel

 Konstabel & Meisie

Krisis

Blinde Konstabel ontklee tot siende hofnar

 Meisie & Konstabel

Klimaks

Meisie dans uit by deur uit in aanneemrok

 Meisie se lot is onseker

Wat het met Miem, Gertie & Gabriel

gebeur?

Afloop/Afwikkeling

Oop einde… Meisie en Konstabel verdwyn in die donker 

Mis

55 of 60

MIS Bl. 28 in LEERDERGIDS�opstelvrae = GAAN WERK DIT BY DIE HUIS UIT

56 of 60

57 of 60

Miem, Meisie en Gertie reageer verskillend op die sirkus in die dorp.

Bespreek elkeen se handelinge/reaksies in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.

Leerders maak aantekeninge soos die bespreking vorder.

58 of 60

GAAN WERK NOU DIE TWEE OPSTELVRAE bl.28 & die KONTEKSTUELE VRAE bl.29 -31

BY DIE HUIS UIT

59 of 60

AFRIKAANS HUISTAAL

moet geleer word

60 of 60

VOORSPOED!

Lekker leer!

Baie Dankie

Thank you