1 of 29

Afrikaans Huistaal

27 April 1994 deur Vincent Oliphant

2 of 29

Dr. Cecilia Klopper

CURAparent.com

3 of 29

3

Inhoud

Titel

Digter

Funksionele tipografie

Verstegniese aspekte

Woordverklarings

Toon en stemming

Tema en boodskap

Analise

Bronverwysing

4 of 29

4

Titel

5 of 29

             Titel�      27 April 1994

Die titel verwys na Suid-Afrika se  eerste algemene  demokratiese verkiesing. Dit was 'n opspraakwekkende gebeurtenis omdat  dit die eerste verkiesing was waar ALLE SUID-AFRIKANERS, ongeag kleur of ras, geloof of kultuur, aan die verkiesing kon deelneem. 

Die spreker, wat nie voorheen stemgeregtig was nie, kon nou vir die eerste keer sy stem uitbring deur die stembriefie te voltooi, toe te vou en in die stembussie te gooi. Die gedig fokus op sy belewenis van, en gevoelens tydens die proses.

6 of 29

6

Digter

7 of 29

Vincent Oliphant

  • Universiteit van die Wes-Kaap BSc
  • BEd & MEd aan die Rhodes Universiteit
  • Bundels:
  •  1981 – Bloed vloei in stilte
  • 1998 – Die sagte vlees
  • Verwerf tweede plek in die Concept-poësiekompetisie in België 
  • 1996 - Neem deel aan die internasionale poësiefees in Rotterdam

8 of 29

8

Funksionele tipografie

9 of 29

Funksionele tipografie

  • 22 versreëls
  • 5 strofes
  • Vrye vers:
  • Enjambement - afwesigheid van leestekens
  • Herhaling van klanke en woorde
  • Strofes wissel in lengte ( 2-7 versreëls)
  • Versreëls wissel in lengte
  • Geen vaste rymskema

10 of 29

10

Verstegniese aspekte

11 of 29

Verstegniese aspekte

  • Versreëls:  1, 2, 3,7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 15, 16, 17, 18, 19,20 & 21 beklemtoning/ klankrykheid (v-klank word telkens herhaal om vryheid te beklemtoon) Die g-klank beklemtoon die gleuf van die stembus en geskiedenis. 
  • Versreëls: 3, 8, 10, 11, 12, 13, 15, 17 & 21 – beklemtoning/ klankrykheid

  • Versreël 1 & 7: verlede = stembrief = duif van vrede 
  • Versreël 3: geskiedenis = stembussie
  • Versreël 10: soos 'n vlag…” =  die lied wat hy sing word met 'n vlag (van vrede?) vergelyk
  • Versreël 15: soos iemand wat ek nooit geken het nie…” = hy word vergelyk met 'n vreemdeling wat nou die voorreg van stemreg het 
  • Versreël 3: die stembriefie “glip” deur die gleuf in die stembussie.

  • Klankaspekte
  • Halfrym: Alliterasie

  • Halfrym: Assonansie
  • Beeldspraak
  • Metafoor

  • Vergelyking

  • Personifikasie

12 of 29

Verstegniese aspekte

  • Versreël 4, 5 & 6: ter wille van uitheffing, veral ”vry” in  versreël 6.
  • Versreël 1 & 7: die omkering van woordorde ter wille van beklemtoning
  • Versreel 22: verwysing na die Bybel
  • Beklemtoon dat die digter ‘vry’ is.
  • Strofe 1 & strofe 5. Slegs versreëls 6 & 7, asook versreëls 21 & 22 rym met mekaar. Rymende koeplette ter wille van beklemtoning.
  • Geen woorde aan die einde van versreëls rym met mekaar nie.

  • Versreëls 1-22: Geen leestekens aan die einde van versreëls nie. Dit versnel die tempo van die gedig.
  • Versreels 6 & 12: “vry” word ter wille van beklemtoning herhaal. Dit dien ook as bindmiddel in die vrye vers. 
  • Alliterasie en assonansie is ook herhalende elemente. -oo-  en -eu- vertraag tempo. 
  • Versreëls 18, 19, 20 & 21: “loop” beklemtoon dat daar 'n lang tyd verloop het voordat almal vry kon wees om te stem.  Almal deel ook dieselfde bloedlyn.
  • Alleenplasing
  • Inversie
  • Intertekstualiteit
  • Vrye vers
  • Gebroke rym

  • Geen vaste rymskema
  • Enjambement

  • Herhaling

13 of 29

Verstegniese aspekte

  • Versreëls 3: ”stem” - die spreker oefen sy stemreg uit en hy het nou 'n fisiese stem om oor sy vryheid te praat.
  • Versreël 8: “gleuf” - die stembus het 'n gleuf waarin die spreker sy stembrief gooi. Dit verwys ook na 'n tydgleuf in Suid- Afrika se geskiedenis.  

  • Versreëls 16 & 17: as twee mense hande skud, dui dit op vrede en aanvaarding
  • Versreël 7: “blou” is simbolies van vrede, vertroue en geestelike rypwording
  • Versreël 7: “duif” is simbolies van vrede

  • Woordspeling

  • Simboliek

14 of 29

14

Woordverklarings

15 of 29

Woordverklarings

  • lang smal insnyding
  • vurige verlange
  • versterking
  • die hele
  • die eerste boek van die Bybel

  • gleuf
  • smag
  • skanse
  • ganse
  • Genesis

16 of 29

16

Toon en stemming

17 of 29

Toon & stemming

STEMMING

Die atmosfeer wat die digter deur middel van sy woordkeuse skep, is lighartig en positief. 

Woorde soos: uiteindelik, wonderbaarlik en vry, dra by tot die stemming.

TOON

Die stemtoon en woordkeuse van die spreker skep 'n optimistiese gevoel by die leser.

18 of 29

18

Tema en boodskap

19 of 29

Tema & boodskap

BOODSKAP

Almal in 'n land is geregtig om sy/haar demokratiese stemreg uit te oefen.

TEMA

Die onafhanklikheid van alle Suid- Afrikaners deur stemreg te verwerf. Die eerste demokratiese verkiesing op 27 April 1994.

20 of 29

20

Analise

21 of 29

Analise - Strofe 1

  1. uiteindelik* vou ek die verlede toe # metafoor verlede = stembriefie* inversie
  2. knyp sy vlerk tussen my duim en vinger vas# -v-alliterasie
  3. tot die duif deur 'n gleuf# in die geskiedenis* glip metafoor – die stembussie# woordspeling (ook tydgleuf)
  4. en anderkant
  5. wonderbaarlik# alleenplasing
  6. vry * alleenplasing en herhaling beklemtoon vryheid
  7. die duif van vrede sy blou vlerke sprei

22 of 29

Verduideliking - Strofe 1

  1. Uiteindelik is die lang wag verby en vou ek die stembriefie toe
  2. Ek knyp die stembriefie senuweeagtig tussen duim en vinger vas
  3. tot hy veilig deur 'n gleuf in die stembussie glip
  4. en anderkant
  5. wonderbaarlik
  6. vry
  7. die duif van vrede sy blou vlerke sprei

23 of 29

Analise - Strofe 2 en 3

  1. sodat my nuutgebore stem* na woorde smag
  2. om 'n lied vir my land* alliterasie
  3. Soos* 'n vlag aan die tong te laat sweef* vergelyking
  4. bo die geruislose val van skanse van die vel # die afskaf van apartheidswette

*nuutgebore stem = meerduidige betekenis – spreker het nou stemreg, maar ook 'n stem om sy mening uit te spreek. Ook: personifikasie = die stem word gebore 

12. sodat ek vry* uit die vervreemding tree *herhaling beklemtoon vryheid

13.om in die oë van vergetenes en langverlorenes

14. uiteindelik myself te kan sien

15. soos iemand wat ek nooit geken het nie. # -e- assonansie

24 of 29

                   Verduideliking  - Strofe 2 en 3

  1. sodat my nuutgebore stem na woorde smag
  2. om 'n lied vir my land te sing
  3. soos 'n vlag aan die tong te laat sweef
  4. bo die geruislose afskaffing van die politieke wette/ apartheidswette tussen rasse byvoorbeeld taal- en kleurgrense
  5. sodat ek nou die hand kan skud van ander Suid-Afrikaners omdat ons gelyk is
  6. om in die oë van anti-apartheidstryders en slagoffers van apartheid
  7. uiteindelik myself te kan sien
  8. soos iemand wat ek nooit geken het nie.

25 of 29

              Analise  - Strofe 4 en 5

  1. om aan hulle die hand te gee
  2. en te voel hoe vlees en vlees ontmoet*

     *koeplet - net twee mense is wat mekaar se hand skud

  1. want een lyn van bloed loop deur die eeue
  2. loop* deur die ganse geskiedenis * herhaling
  3. loop deur elke uithoek van die land
  4. loop deur my en loop deur jou# -oo-assonansie
  5. van Genesis tot nou* intertekstualiteit/ verwys na die Bybel

26 of 29

                   Verduideliking  - Strofe 4 en 5

  1. om aan ander rasse die hand te gee
  2. en te voel hoe vlees en vlees ontmoet

  • want een lyn van bloed loop deur die eeue
  • loop deur die hele geskiedenis
  • loop deur elke uithoek van die land
  • loop deur my en loop deur jou
  • van Genesis (die skepping) tot nou

27 of 29

Bron

Scholtz, P. & Vorster, E. 2022. Verse in my inboks. 'n Poësie-handleiding vir Afrikaans huistaal. Graad 12. Vivlia: Florida Hills 

28 of 29

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

29 of 29

DANKIE!