1 of 18

Verlede tyd Past tense

Afrikaans EAT

2 of 18

Dr. Cecilia Klopper

CURAparent.co.za

3 of 18

Verlede tyd

Past Tense

4 of 18

1. Voeg ‘het’ in en skuif die werkwoord na die einde van die sin. Voeg ‘ge’ vooraan die werkwoord�Insert ‘het’, move the verb to the back of the sentence. Add ‘ge’ to the verb

Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Ons kamp heerlik in die natuur.

        Ons het heerlik in die natuur gekamp.

  1. Pa braai vir ons Karoo-tjops.

Pa het vir ons Karoo-tjops gebraai.

  1. Ma maak ‘n paptert.

Ma het ‘n paptert gemaak.

5 of 18

2. Deelbare werkwoorde word as volg in die verlede tyd gedoen: In die verlede tyd word dit een woord bv. ‘Tel … op ‘ ‘het… opgetel’

Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Die seuns tel hout op.

Die seuns het hout opgetel.

  1. Saans trek ons warm baadjies aan.

Saans het ons warm baadjies aangetrek.

  1. Almal ruim na ete op.

Almal het na ete opgeruim.

6 of 18

3. Indien die werkwoord met ‘ be-, ge-, her-, ont-, er-, mis-’ begin, kry dit nie ‘n ‘ge-’ nie.

Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Lizette erken dat sy nie van kamp hou nie.

        Lizette het erken dat sy nie van kamp hou nie. (No ‘ge-’)

  1. Pa misgis hom en neem te min hout saam.

Pa het hom misgis en te min hout saamgeneem.

  1. Kampeerders gehoorsaam die kamp se reëls.

Kampeerders het die kamp se reëls gehoorsaam.

7 of 18

4. Indien daar twee werkwoorde is wat gelyktydig (simultaneously) gedoen kan word, en met ‘en’ verbind is, dan kry net die eerste werkwoord ‘ge-’. 

Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Pa en Ma lê elke middag en slaap. (simultaneously)

        Pa en Ma het elke middag gelê en slaap. (No ‘ge-’ with ‘slaap’)  

  1. Ons loop en sing op pad swembad toe.

        Ons het geloop en sing op pad swembad toe. 

  1. Ek sit gewoonlik op die kampstoel en lees.

Ek het gewoonlik op die kampstoel gesit en lees.

8 of 18

5. Indien daar twee werkwoorde is wat nie gelyktydig (simultaneously) gedoen kan word nie, en met ‘en’ verbind is, dan kry albei werkwoorde ‘ge-’. 

Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. By Sondela swem en stap ons.

By Sondela het ons geswem en gestap. (not simultaneously)

  1. Ons eet en drink te veel.

        Ons het te veel geëet en gedrink. 

  1. Ons praat en praat tot laat in die nag.

       Ons het tot laat in die nag gepraat en gepraat.

9 of 18

6. Indien daar twee werkwoorde sonder ‘en’ is, en die een werkwoord is aan die einde van die sin, dan kom die eerste werkwoord voor die tweede een aan die einde van die sin. Dan kry geen werkwoord ‘ge-’ nie. 

 Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Okkert sien die leeu oor die pad loop.

        Okkert het die leeu oor die pad sien loop. (Both verbs at the end - no ‘ge-’)

2. Soggens vroeg hoor ons die jakkalse huil.

Soggens vroeg het ons die jakkalse hoor huil.

3. Sondagmiddag begin ons oppak.

Sondagmiddag het ons begin oppak.

10 of 18

7. In die verlede tyd verander die werkwoord ‘is’ na ‘was

 Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Gholf is my gunstelingsport.

Gholf was my gunstelingsport.

  1. Daar is kameelperde, leeus en sebras in die wildtuin.

        Daar was kameelperde, leeus en sebras in die wildtuin.

  1. Daar is baie aktiwiteite vir die kinders om aan deel te neem.

        Daar was baie aktiwiteite vir die kinders om aan deel te neem.

11 of 18

8. Die hulpwerkwoord (auxiliary verb) verander na die verlede tyd. Geen ‘ge-’ word bygevoeg nie.

 Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Die hele gesin kan heerlik in die veld ontspan.

Die hele gesin kon heerlik in die veld ontspan.

  1. Kleinboet wil in al die bome in die oord klim.

Kleinboet wou in al die bome in die oord klim.

3.     Ons sal beslis weer daarnatoe gaan.

        Ons sou beslis weer daarnatoe gaan.

  1. Pa moet vir ons plek bespreek.

Pa moes vir ons plek bespreek.

12 of 18

9. As die eerste werkwoord ‘het’ (meaning have/has) is, dan plaas jy ‘gehad’ aan die einde van die sin.

 Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Ons het baie pret.

        Ons het baie pret gehad.

  1. Ntsako het baie muskietbyte.

        Ntsako het baie muskietbyte gehad.

3. Tebogo en Lesego het lekker warm baadjies.

Tebogo en Lesego het lekker warm baadjies gehad.

13 of 18

10. Indien die sin ‘n voegwoord (conjunction) bevat, moet jy seker maak dat albei die sinne in die verlede tyd verander word.

 Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Pa slaan die tent op terwyl Ma koffie maak.

Pa het die tent opgeslaan terwyl Ma koffie gemaak het.

  1. Lebogang sny die uie en Mpho braai die vleis.

Lebogang het die uie gesny en Mpho het die vleis gebraai.

  1. Craig is bang vir ‘n perd daarom ry hy nie perd nie.

Craig was bang vir ‘n perd daarom het hy nie perd gery nie.

14 of 18

11. Indien die volgende voegwoorde (conjunctions): dan, as, wanneer & nou in die sin voorkom, moet jy dit verander na ‘toe

 Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Ek wil nou gaan visvang.

Ek wou toe gaan visvang.

  1. Ons sal eers vleis braai en dan op ‘n wildrit gaan. 

        Ons sou eers vleis braai en toe op ‘n wildrit gaan.

  1. As ons almal help, is die skottelgoed sommer gou skoon.

Toe ons almal gehelp het, was die skottelgoed sommer gou skoon.

  1. Wanneer ons huis toe moet gaan, is ons almal hartseer.

Toe ons huis toe moes gaan, was ons almal hartseer.

15 of 18

12. Indien lyk, skyn, hoef & behoort in die sin voorkom, verander jy dit as volg na die verlede tyd:

 Voorbeelde van verledetydsinne:

  1. Ons behoort almal te help.

        Ons behoort almal te gehelp het.

  1. Quintin blyk die kamp te geniet.

Quintin blyk die kamp te geniet het.

  1. Die vakansie skyn genotvol te wees.

Die vakansie skyn genotvol te gewees het.

  1. Dit lyk asof almal die kamplewe geniet.
  2. Dit lyk asof almal die kamplewe geniet het.

16 of 18

Bron:

Fawell, H. & Burns, D. 2018. Afrikaans made Simple workbook Senior Phase

17 of 18

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

18 of 18

DANKIE!