1 of 20

1

Afrikaans Huistaal

Dr. Cecilia Klopper - CURAparent

2 of 20

2

VOORNAAMWOORDE

3 of 20

3

Soorte voornaamwoorde

4 of 20

Soorte voornaamwoorde

  • Persoonlike
  • Onpersoonlike
  • Onbepaalde
  • Besitlike
  • Wederkerende
  • Wederkerige
  • Betreklike
  • Vraende
  • Aanwysende

4

5 of 20

a. Persoonlike voornaamwoorde – kan in die plek van ’n soortnaam asook ’n eienaam gebruik word

5

Ek – Ek is in graad 12.

Jy – Jy is my beste vriendin.

Hy – Hy is my beste vriend.

Sy – Sy is sportief.

Ons – Ons oefen gereeld.

Julle – Julle moet saamwerk.

Hulle – Hulle moet deelneem.

6 of 20

b. Onpersoonlike voornaamwoorde

6

Dit - Dit is al huiswerk wat ek het om te doen.

Daar – Daar sal nie huiswerk vir die vakansie gegee word nie.

7 of 20

c. Onbepaalde voornaamwoorde

7

Niemand sal jou te na kom nie.

Iemand sal jou altyd help.

Iets het skeefgeloop.

Enigiets (enige iets) sal help.

Enigeen (enige een) kan die byeenkoms bywoon.

Niks sal hom keer om sy drome te bewaarheid nie.

Elkeen moet sy bydrae lewer.

Almal het goeie kos, oefening en genoeg rus nodig.

Baie mense sal verby jou loop sonder om te groet.

Min mense besef die waarde van vriendelikheid.

8 of 20

d. Besitlike voornaamwoorde

  •  Myne is die een met die pienk strikkie bo-op.
  •  Joune is die een met die bruin hartjies bo-op.
  •  Syne het sjokoladeversiersuiker op.
  • Hare het ‘n rooi kersie bo-op.
  •  Ons s’n het vanieljeversiersuiker op.
  •  Hulle s’n  is klein wortelkoekies met maaskaasversiersuiker op.  
  •  Julle s’n is sjokoladekoekies met karamelversiersuiker  op.
  • U s’n kan ons maak met neute bo-op.

8

This Photo by Unknown Author is licensed under CC BY-SA-NC

9 of 20

e. Wederkerende voornaamwoorde –� onderwerp en voorwerp dieselfde

  • My - Ek was my (self).
  • Jou – Jy was jou (self).
  • Haar – Sy was haar (self).
  • Hom – Hy was hom (self).
  • Julle – Julle was julle (self).
  • Hulle - Hulle was hulle (self).
  • Ons - Ons was ons (self).

9

10 of 20

f. Wederkerige voornaamwoord�

  • Mekaar – Ons / julle/ hulle help mekaar.

10

11 of 20

g. Betreklike voornaamwoorde

11

WAT

Geen voorsetsel:

Mense + dinge/diere

12 of 20

g. Betreklike voornaamwoorde vervolg

12

Die man (mens) wat daar loop, is my pa.

Die kat (dier) wat by die bure se venster inklim, veroorsaak onenigheid.

Die virus (ding) wat baie lewens eis, moet gekeer word.

Die meisie (mens) wat so mooi sing, is maar in graad 10.

Die motor (ding) wat deur elektrisiteit aangedryf word, is baie duur.

Die perd (dier) wat al die wedrenne wen, word teen ‘n baie hoë prys verkoop.

13 of 20

g. Betreklike voornaamwoorde + voorsetsel vervolg

13

1. Mense: voorsetsel + WIE

2. Diere/dinge: WAAR + voorsetsel (een woord)

Met ‘n voorsetsel:

Onderskei tussen

1. Mense +

2. Dinge/ diere

14 of 20

g. Betreklike voornaamwoorde + voorsetsel vervolg �NB!!! By diere en dinge verander: Met - mee� Vir - voor

  • Die man (mens) met wie ek praat, is my pa.
  • Die kat (dier) waarvoor (waar + vir = waarvoor) ek baie lief is, het by die bure se venster ingeklim. (Nie “vir wat “ nie!)
  • Die virus (ding) waarteen ons ingeënt moet word, eis baie lewens.

(Nie “teen wat “ nie!)

  • Die meisie (mens) op wie die seun verlief is, is in graad 12.
  • Die motor (ding) waarmee (waar + met = waarmee) ons graag skool toe ry, word deur elektrisiteit aangedryf. (Nie “met wat” nie!)
  • Die perd (dier) waarop (waar + op ) die jokkie al jare lank ry, is teen ‘n baie hoë prys verkoop. (Nie “op wat” nie!)

14

15 of 20

g. Betreklike voornaamwoorde vervolg � NB!!! Wat + se?

Diere/dinge

  • Die motor (wat + se) waarvan die wiel pap geword het, word deur elektrisiteit aangedryf.
  • Die perd (wat + se) waarvan die been gebreek het, het die wedren verloor.

                                              Mense

  • Die meisie (wat se) wie se matriekuitslae goed was, het baie hard studeer.
  •  Haar ouers (wat se) wie se motor gaan staan het, kon nie betyds wees vir die afspraak met die skoolhoof nie. 

15

16 of 20

g. Betreklike voornaamwoorde vervolg � Dit + voorsetsel?� NB! Met - mee & Vir - voor

  • Die graad 12-seun stel belang (in + dit) daarin om ‘n meganiese ingenieur te word.
  • Die klein dogtertjie het (op dit) daarop geklim om oor die heining te kan sien.
  • Die hasie spring (oor + dit) daaroor om by die groentetuin uit te kom.
  • Dit is my nuwe skoene, ek het R200 (vir dit) daarvoor betaal.
  • Die skool het vir ons nuwe penne gegee, ons skryf baie netjies (met dit) daarmee.

16

17 of 20

h. Vraende voornaamwoorde → waar, wie, waarom, watter, waarheen, hoekom, wat �- word ook as voegwoorde in groep 3 gebruik.

  • Wie is die spreker op die oueraand?
  • Waarheen gaan julle die vakansie?
  • Hoekom het jy nie gereeld gaan oefen nie?
  • Watter een van die twee roomyse wil jy hê?
  • Waar is die partytjie?
  • Wat het hier gebeur?
  • Waarom het die vragmotor se band pap geword?
  • Waar het die ongeluk plaasgevind?

17

18 of 20

i. Aanwysende voornaamwoorde

  • Hierdie speelarea is net bedoel vir kleuters.
  • Daardie speelarea is vir die gebruik van skoolgaande kinders.

18

19 of 20

19

Kontak my gerus

ceciliaklopper@gmail.com

20 of 20

20

DANKIE!