Y-NOT Drama Inskrywing en Vrywaringsdokument 2023      

Y-NOT Drama Inskrywing en Vrywaringsdokument

Liewe Drama-ouers                                                                                              Januarie 2023

 

Welkom terug na die lekker vakansie. Y-NOT is vanjaar 26 jaar oud en daar lê ‘n feestelike, besige jaar voor.

 

1.         KUNSTEFEESTE

1.         Deelname aan kunstefeeste en eisteddfods is nie verpligtend nie.  Elke inskrywingsfooi soos gehef deur die betrokke kunstefees of eisteddfod, is elke ouer se aanspreeklikheid.  Dit is betaalbaar voor die betrokke kunstefees of eisteddfod se sluitingsdatum. U kind sal ongelukkig nie ingeskryf word indien die inskrywingsfooi soos deur ons aan u gekommunikeer voor die sluitingsdatum ontvang is nie.

2.         Die eerste kunstefees naamlik Pierneef Kunstefees begin alreeds 15 April 2023 – 8 Mei 2023.  Sluitingsdatum vir inskrywings ten opsigte van deelname sal asap deurgegee word.

3.         Die Pretoria Eisteddfod begin 8 Mei 2023. Verdere kunswedstryddatums sal later deurgegee word.

4.         Gesels asseblief met my sodat ons saam kan besluit oor hoeveel individuele items jou kind wil doen.

5.         Hanri en Riana is beskikbaar vir die gratis individuele afrondingslesse wat gewoonlik op Vrydae en Saterdae en skool vakansie plaasvind. Bespreek asseblief u lesse vroegtydig! Kinders moet asb hul tekste na alle afrondings lesse saambring en MOET hul woorde ken. Kanseleer asseblief afrondings lesse vroegtydig.

6.          Ons gee nie les tydens Paasnaweek nie!

 

2.     KINDERTEATER

Ons kinderteaterproduksie hierdie jaar is Pardoemsie. Dit vind 6 en 7 Oktober 2023 (In Oktober skoolvakansie) by Atterbury Teater plaas. Verdere inligting sal later deurgestuur word.

 

3.     ALGEMENE REëLINGS

1.         Dramalesse word aangebied by Pieringstraat 516, Elarduspark (Hoofateljee), naby die Cornwall View winkelsentrum asook Leap for joy dansskool (Bronberg) en Liefland Kleuterskool en Naskool (Tygerpoort).

2.         Ons versoek ook dat u asseblief nie voor die hek parkeer tydens lestye nie aangesien dit die ingang vir in- en uitgaande voertuie vanaf die perseel versper.

3.         Gewone dramalesse vind plaas volgens die Gautengse kwartale.  Daar is dus geen gewone lesse op vakansiedae of tydens skoolvakansies nie.

4.         LET ASSEBLIEF DAAROP dat u kind tydens Kunswedstryd en Eisteddfod optredes die volgende drag moet aan hê:

3.4.1.     swart sweetpakbroek of “skipants”;

3.4.2.     swart Y-NOT drama hemp;

3.4.3.     kaalvoet;

3.4.4.     hare moet asseblief altyd netjies uit die gesig vasgemaak wees; en

3.4.5.     geen juwele of horlosies nie

 

4.         FINANSIES

1.         Y-NOT se finansies word deur Heleen Wepener hanteer en julle is welkom om enige rekeningnavrae aan haar te rig.  Gebruik asseblief die kliëntekode (soos op die rekeningstaat) as verwysing, anders veroorsaak dit ‘n vreeslike speursaak.

2.         Betalings moet asseblief deur middel van elektroniese bankoordrag (EFT) gemaak word en die bewys van betaling gestuur word aan admin@ynotdrama.co.za

3.         ‘n Jaarlikse administrasiefooi van R 400.00 per dramastudent word gehef en is betaalbaar voor of op 31 Januarie 2023. Indien u later in die jaar by ons aansluit, word dit pro rata gehef.

4.         Ons fooi per student per maand beloop R 550.00 betaalbaar vanaf Januarie tot Oktober (10 maande).  U is welkom om vooruit te betaal indien u dit verkies.

5.         Ouers is ook verplig om een maand vooruit skriftelike kennis te gee (aan admin@ynotdrama.co.za)  sou jou kind nie meer voortgaan met sy of haar dramalesse nie en LET ASSEBLIEF DAAROP dat jul steeds verplig is vir die betaling van jou kind se lesgeld vir die maand.  Hierdie reëling is nodig vir die vooruit beplanning van groepwerk.

6.         Y-NOT rekening besonderhede is:

R Muller T/a Y Not Drama

First National Bank (FNB)

Tak: Woodlands

Takkode: 254 005 (Universele Takkode) / 230 732 (Woodlands Takkode)

Rekeningnommer: 62667731353

 

5.     INSKRYWINGS

Die inskrywingsvorm hieronder moet asseblief ingevul word. Dit is dus uiters belangrik dat alle nuwe sowel as ou lede die inskrywingsvorm volledig invul, sodat ons alle inligting elektronies beskikbaar het.

 

VRYWARING

 

1.      Alhoewel Y-NOT en ons personeel altyd met die nodige sorg en vernuf handel tydens dramalesse en of andersins kan Y-NOT drama en of enige personeellid of agent of verteenwoordiger geen verantwoordelik en of aanspreeklikheid vir dramastudente aanvaar nie. By die ondertekening van die inskrywingsvorm vrywaar u ons van enige aanspreeklikheid en of skade hetsy voortspruit as gevolg van dood, besering, diefstal of enige ander verlies.

 

2.      Bogenoemde is nie beperk tot die drama ateljee nie en sluit enige situasie in waartydens u kind per geleentheid na die Kunswedstryd, Eisteddfod of Kinderteater aangery word asook tydens optredes en of ander aktiwiteite by ander persele waar Y-NOT betrokke mag wees.

 

3.      BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING: POPIA

Die reg op privaatheid word deur die Grondwet beskerm en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) verskans daardie reg met wetlike inwerkingtreding op 1 Julie 2021. Y-Not Drama Studio verbind hom tot die beskerming van persoonlike inligting en tot die nakoming van die sperdatums vir sodanige regulasies. As deel van hierdie implementering en om aan POPIA-vereistes te voldoen, word toestemming vereis soos uiteengesit in punt 1 en 2 onder. Ons versoek vriendelik dat u die nodige dokumente sal voltooi en terugstuur voor of op 31 Januarie 2023.

Neem asseblief kennis van die volgende
1. Y-Not Drama Studio vra nie toestemming tot enigiets anders as die huidige modus operandi nie, maar slegs u toestemming om voort te gaan met die manier waarop ons persoonlike inligting en beelde verwerk.
2. Wees asseblief verseker dat die beskerming van ons gemeenskap se persoonlike inligting vir Y-Not Drama Studio van die uiterste belang is.

A. Toestemming om persoonlike inligting te gebruik
Y-Not Drama Studio se Toestemmingsvorm - Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (2)
Y-Not Drama Studio poog om selektief te wees in die gebruik van inligting met spesifieke fokus op die uitvoering van die studio se rol as opvoedingsinstelling en in die belang van die bevordering van die leerders en die studio.

B. Toestemming vir die gebruik van beeldmateriaal
Y-Not Drama Studio se Vrywaringsvorm met betrekking tot Leerderfoto’s, beeldmateriaal, video’s en whatsappgroepe
Y-Not Drama Studio poog om slegs spesifieke soort beeldmateriaal te gebruik ten einde te verseker dat sodanige materiaal geskik is vir ‘n studio omgewing. Sodanige beeldmateriaal dra by tot die bemarking van die studio.

Navrae kan gerig word aan info@ynotdrama.co.za

Sign in to Google to save your progress. Learn more
Email *

Ek bevestig dat ek die Inskrywing en Vrywaringsdokument van 2023 deurgelees het 

*
Required

Ek verstaan Y-not Drama Inskrywing en Vrywaringsdokument van 2023

*
Required

Hiermee aanvaar ek die terme en voorwaardes van Y-not Drama Inskrywing en Vrywaringsdokument van 2023

*
Required

Volle Naam en Graad van Kind 

*

Volle Naam en Graad van Kind 2

Volle Naam en Graad van Kind 3

Volle Naam en Graad van Kind 4

Epos van rekeningpligtige

*
Kontak nommer van ouer op Whatsapp groep *
Kontak nommer van ouer op Whatsapp groep
A copy of your responses will be emailed to the address you provided.
Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
reCAPTCHA
This content is neither created nor endorsed by Google. - Terms of Service - Privacy Policy

Does this form look suspicious? Report