2. Storietyd vir Olifantjies
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Kies jou skool *
Storietyd vir Olifantjies

Offie en sy neefs raas oor wie voor moet loop. “Offie, gedra jou!” sê sy moeder.

“Die rivier sal nie wegloop nie. Hy stamp weer een van sy neefs opsy en sê:

“Wag jy! Gister was jy eerste. Vandag wil ek voor loop.” Offie se moeder se geduld raak op. Met haar slurp gee sy vir Offie ‘n goeie pak slae.

“Eina! O eina!” huil hy.” Dis seer!” Maar nou gedra hy hom weer en hy stap soet langs sy moeder water toe.  Die groot olifante gaan diep in die rivier in.

 ‘n Paar gaan in die water lê en ander rol weer daar in.

“Kom Offie,” roep sy moeder.” Jy moet kom bad.”

“Nee, Moeder, nee!” skree Offie.  “Ek het al klaar gewas.” Maar olifante duld nie ongehoorsame kinders nie.  O, nee!  Offie se moeder en twee van sy tantes stoot hom diep in die water en sorg dat hy goed bad.  Daarna bad hulle ook die ander olifantjies.

Die kleintjies huil en skree, maar dit help alles niks.  Nadat dit oor is, voel die olifante lekker skoon en koel.

Nou stap die hele trop weer weg van die rivier af tussen die bome in.


1.  Wat is die titel van die storie?                                                                   *
1 point
2.  Hoekom het Offie ‘n pak slae by sy ma gekry?   *
1 point
 3.  Wat het met Offie gebeur nadat hy ‘n pak slae gekry het? *
1 point
4. Kies die regte meervoudsvorm van die volgende woorde: *
3 points
olifante
slurpe
moeders
slurp
olifant
moeder
5.  Waarheen was die olifante op pad? *
1 point
6.  Hoekom het Offie so geskree? *
1 point
7.  Wie het vir Offie se moeder gehelp om hom in die water te kry?   *
1 point
8.  Watter les het Offie geleer?   *
1 point
Submit
Clear form
This form was created inside of Western Cape Education Department.

Does this form look suspicious? Report