1. Deelname1.1. Indien die deelnemer jonger as 18 jaar is, moet ouerlike/ voog toestemming verkry word.
1.2. Deelnemers is self verantwoordelik vir hul toegansfooi om die feesterrein binne te gaan.
2. Inskrywings
2.1. Inskrywings, audisie-video's en inskrywingsfooie moet binne die sperdatum ontvang word. (15 Oktober
2025)
2.2. Inskrywingsfooi beloop R150 per persoon.
2.3. Geen laat inskrywings sal oorweeg word nie.
2.4. Inskrywingsfooie is nie terugbetaalbaar nie.
3. Optredes
3.1. Optredes mag nie langer as 5 minute wees nie.
3.2. Geen vulgêre taal, onvanpaste gedrag of aanstootlike inhoud sal toegelaat word nie.
3.3. Deelnemers is verantwoordelik vir hul eie musiek, instumente, kostuums en ander benodigdhede.
4. Beoordeling
4.1. Die beoordelaars se besluit is finaal.
4.2. Beoordeling sal gebaseer wees op kreatiwiteit, talent, oorspronklikheid en aanbieding.
5. Algemene bepalings
5.1. Die organiseerders aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige beserings, skade of verlies gedurende die kompetisie nie.
5.2. Deelnemers gee toestemming dat foto's en video's van hul optredes gebruik mag word vir
promosiedoeleindes.
5.3. Deelnemers moet goeie sportsmansgees handhaaf. Enige wangedrag kan tot diskwalifikasie lei.
5.4. Die organiseerders behou die reg voor om die reëls of program te wysig indien nodig.