EIKESTAD ONDERSTEUNERSKLUB
Doel:
Die hoofdoel van hierdie klub is om fondse vir Eikestad sport in te samel deur ’n Eikestad-tuiste te skep om die Eikestad Familie betrokke te kry by die ondersteuningsaktiwiteite van die skool. Ons wil die breë Eikestad-gemeenskap, mans en vrouens, deel maak van dié klub. Word deel van die Eikestad Familie deur deelname aan al ons aktiwiteite!
Hoe?
- Eikestad (ondersteuners, ouers en besighede) betaal ledegeld per jaar (sluit ondersteuningsbaadjie in).
- Skenkings / Donasies
- Fondsinsamelings / Funksies

Voordele:
1. Klubbaadjie vir mans en vrouens.
2. Afslag op wyne by verskillende wynplase (besig met onderhandelinge)
3. Toegang tot die aktiwiteitsentrum tydens en na afloop van tuiswedstryde:
4. Uitnodiging na alle fondsinsamelingsgeleenthede van die skool.

U kan die baadjie afsonderlik ook koop indien u nie aan die ondersteuningsklub wil behoort nie!
(foto van baadjies op Kommunikeerder)



Voltooi asb onderstaande vorm om deel te raak van die Eikestad Ondersteunersklub
Next
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service