Suidoosterfees 2021-meningsopname
Goeiedag! Baie dankie vir jou bywoning van 2021 se Suidoosterfees-inryteater! Het jy dalk ’n oomblik om ons van jou ervaring by die fees te vertel?

Hierdie meningsopname is deel van die Suidoosterfees se navorsing oor ons besoekers en word befonds deur ’n internasionale skenking van die Navorsingsraad vir die Kunste en Geesteswetenskappe.

Dit is bedoel vir alle besoekers aan 2021 se Suidoosterfees wat 18 jaar of ouer is. (Die rede hiervoor is dat slegs volwassenes toestemming kan gee om aan die navorsing deel te neem.)

Die inligting word gebruik om die Suidoosterfees se beplanning te evalueer en te verbeter. Dit maak ook deel uit van ’n internasionale navorsingsprojek wat kyk na die maniere waarop Suid-Afrikaanse feeste aanpas by die grendelstaatinperkings as gevolg van COVID-19. Antwoorde op die vraelys is anoniem en word uit vrye wil verskaf. Jy is welkom om enige tyd op te hou met antwoorde, of om vrae wat jy nie wil beantwoord nie, uit te laat.

As jy hierdie meningsopname teen 20 November 2021 voltooi, staan jy die kans om kaartjies na al jou vertonings by Suidoosterfees 2022 te wen. Jy kan ook ’n ontbyt vir twee ter waarde van R350 by die Dolphin Beach Hotel se Blowfish Restaurant wen.
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Is jy 18 jaar of ouer en bereid om voort te gaan? (Verpligte vraag) *
Next
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy