Berglig Akademie is 'n Afrikaanse Christen Privaatskool in Paarl wat in Januarie 2026 geopen het. Ons het klasse vanaf Graad RR tot Graad 7 en beplan ook 'n kleuterskool waar Dapper Stappers tot Dapper Denkers ontwikkel!
Ons lei kinders om hul identiteit in Christus te ontdek, uitnemendheid in akademie na te streef, krities en innoverend te dink, verantwoordelik binne hul gemeenskap te leef, en toegerus te wees as 'n antwoord vir vandag en môre.
Voltooi asseblief die vorm om aansoek vir skoolplasing te doen. (Aansoek is reg deur die jaar oop.)
Stuur gerus ook 'n epos aan admin@berglig.com met enige vrae of kommentaar.
Na die voltooiing van die vorm, sal u gekontak word om die inskrywing te bevestig, waarna 'n volledige inskrywingsvorm sal volg. Nuwe gesinne word genooi vir 'n informele onderhoud waarin meer inligting gedeel sal word, asook vrae beantwoord kan word om sodoende die inskrywing te finaliseer.
Let asb. daarop dat beperkte plekke beskikbaar is vir 2026 en daarna.
(Voltooi asb. een vorm per kind wat ingeskryf word.)