Die Pink Hope Derby is 'n 75m-ren waar beide mans en vroue kan deelneem, maar hulle moet dit in hoë hakke van nie minder as 5 cm doen. Hierdie opwindende gebeurtenis is ter ondersteuning van Helpende Hand se Help Hetta en Help Hendrink projekte. Daag jou vriende, familie en plaaslike besighede uit om saam met jou aan hierdie uitdagende en lekker geleentheid deel te neem. Sluit aan en maak 'n verskil terwyl jy die uitdaging aanvaar!
Jou Inskrywingsfooi is Sanitêre produkte vir Mans of Dames. Bring dit saam op die 2de November 2024.