Baie dankie vir jou belangstelling in FLOREER!
Floreer is ‘n self-ontwikkelingskursus om LGBTQ+ Gelowiges te help om hul ware self te herontdek, sodat hulle kan wegdoen met dit wat hul lewens-energie steel en die lewe voluit geniet!
Is jy op soek na 'n manier om jou self-ontwikkeling te bevorder, maar voel jy dat daar nie 'n kursus is wat jou unieke ervaring as LGBTQ+ persoon in ag neem nie? Ons het 'n oplossing vir jou: 'n Self-ontwikkelingskursus wat spesifiek ontwerp is vir die LGBTQ+ gemeenskap met 'n Christelike fokus.
Aan die einde van hierdie kursus sal jy:
- deur die impakvolle werking van die Enneagram jou persoonlikheid en die denk- en emosionele patrone wat jou optrede dryf (en jou soms kelder) in diepte verstaan.
- begrip hê vir jou vrese en skadukant en met meer bewustheid gesonde, liefdevolle verhoudings kan bou.
- respek en waardering kry vir die nuwe manier waarop jy luister en kommunikeer.
- tegnieke kan toepas om jou te help om goeie gewoontes te ontwikkel om jou volle liggaamlike, emosionele en kognitiewe potensiaal te bereik.
- moontlik kan vrede maak met jou unieke storie, bemagtig voel in die keuses wat jy vorentoe maak en op ‘n daaglikse basis meer in harmonie met jou geliefdes lewe.
- duidelikheid hê oor waar jy jou nou bevind en jou lewe vorentoe aanpak met meer doelgerigtheid, vryheid, gemak, genot en (selfs) opwinding!
Ons wil jou help om jouself te vind en te floreer as 'n LGBTQ+ gelowige in 'n omgewing van liefde, aanvaarding en ondersteuning.
Hierdie kursus word aangebied deur Stefan de Klerk en Celesté Meyburgh. Stefan is 'n gekwalifiseerde en ervare geestelike leier met 'n passie vir die LGBTQ+ gemeenskap en hul unieke behoeftes en uitdagings. Celeste is ‘n geregistreerde Psigometris en Berader met ‘n passie om mense te help met hul persoonlike ontwikkeling, sodat hulle kan “wakker word” en voluit lewe! Jy sal die geleentheid hê om deel te neem aan 'n ondersteunende gemeenskap van ander LGBTQ+ individue en die persoonlike ondersteuning en begeleiding van jou kursusleiers ontvang.
As jy op soek is na 'n manier om jou selfvervulling te bevorder, terwyl jy jouself en jou Christelike geloof as 'n LGBTQ+ persoon aanvaar, is hierdie kursus vir jou. Bespreek jou plek en begin jou reis van geestelike en persoonlike groei.
Floreer 2025 verloop oor 8 weke vanaf 6 Mei - 1 Julie, elke Dinsdag-aand by Blouberg Kerk van 7pm-9pm.
Koste: *R2100 per persoon.
*Betalings kan eenmalig of in 3 gelyke paaiemente gemaak word.
As jy graag wil deel wees van Floreer, maar jy kan nie die volle bedrag bekostig nie, laat weet ons asb! So ook, indien dit binne jou vermoë is en jy graag iemand wil sponsor, laat weet ons asb!
Dit sluit jou Enneagram verslag (22 bladsye) en toegang tot ons aanlyn platform met verdere kursus-materiaal in.
Om te verseker dat jy die meeste uit hierdie ervaring kry, beperk ons die grootte van die groep. Bespreek dus vandag nog om jou plek te verseker!
...
Slegs Stefan en Celesté het toegang tot hierdie inligting en sal al jou inligting nou en gedurende die kursus as privaat en konfidensieël hanteer.
Jy is ook baie welkom om vir Stefan te kontak (072 976 6915 of stefan@ngkbloubergstrand.co.za) indien jy enige vrae of voorstelle het.