Nasionale Data Insamelingsinisiatief: Toegang tot onderwys vir Kinders met Gestremdhede 

Down Syndrome Suid-Afrika (DSSA), in formele navorsingsvennootskap met ShonaquipSE, onderneem ’n gekoördineerde nasionale data insamelingsinisiatief wat fokus op die belewenis van kinders met gestremdhede (jonger as 18 jaar) ten opsigte van toegang tot onderwysgeleenthede.

Hierdie inisiatief poog om data in te samel ten opsigte van toegang tot vroeë kinderontwikkelings programme (VKO), skoolplasing, inklusiewe onderwyspraktyke en die ervarings van ouers. Die data sal aangewend word in voorspraak tot beleidsveranderinge om toegang tot onderwys vir kinders met gestremdhede te verbeter op nasionale vlak.

Hierdie meningspeiling is slegs vir navorsings- en statistiese doeleindes en kan voltooi word deur kinders self, sibbe, ouers, voogde, familielede, onderwysers, versorgers, dagsorgpersoneel en ander professionele persone wat sorg en ondersteuning bied aan kinders met gestremdhede onder die ouderdom van 18.

Sign in to Google to save your progress. Learn more

Deelname is heeltemal vrywillig. Respondente mag enige vraag oorslaan wat hulle nie wil beantwoord nie. Geen persoonlike identifiseerbare inligting sal gepubliseer of gedeel word nie. Alle data sal veilig gestoor en slegs in saamgestelde vorm ontleed word.

Deur die opname te voltooi, gee deelnemers ingeligte toestemming dat hul anonieme antwoorde vir statistiese analise en beleidsbetrokkenheid gebruik mag word.

*
Next
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. - Terms of Service - Privacy Policy

Does this form look suspicious? Report