8. Busi koop ‘n fiets
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Kies jou skool *

Busi koop ‘n fiets

Busi en Pam het na die fiets gaan kyk. “Ry hom voor jy koop,” het Barbie gesê.

Busi het op die fiets gery. Die fiets het vinnig gery. 

Pam het ook op die fiets gery.

 “Busi,” het sy gesê, “dis 'n baie oulike fiets.” 

Maar die fiets kos R60 en Busi het net R50.

Toe Busi verlede week 9 geword het, het haar oom haar R50 gegee. 

Busi gaan toe huis toe en vra vir haar pa om haar R10 te gee. 

“Ek sal jou R10 gee, maar dan moet jy my eers in die tuin help,” sê hy.

 “Ek sal jou help, Busi,” sê Pam. Toe help Pam vir Busi in die tuin. 

Hulle tel blare op en lei die plante nat.

“Dankie dat jy my help, Pam,” sê Busi.

“Maats is daar om mekaar te help,” antwoord Pam. 

En toe het Pam en Busi die fiets gaan koop.

DBO Werkboek bl 108


1.  Watter titel dink jy is gepas vir die storie? *
1 point
2.  Wat moes Busi doen om die fiets te koop? *
1 point
3.  Waarom dink jy was Pam so 'n gawe maat? *
1 point
4.  Nommer die sinne sodat die storie in die regte volgorde van gebeure is. *
3 points
1
2
3
Busi werk in haar pa se tuin
Busi word 9.
Busi gaan kyk na die fiets.
5.  Kies die regte antwoord. Wat is 'n ander woord vir maats? *
1 point
6.  Wie het die  fiets uitgetoets voordat Busi dit gekoop het? *
1 point
7.  Wat het Pam van die fiets gedink? *
1 point
8.  Wat het die fiets gekos? *
1 point
9.  Hoeveel geld het Busi kortgekom om die fiets te koop? *
1 point
Submit
Clear form
This form was created inside of Western Cape Education Department.

Does this form look suspicious? Report