Request edit access
Welkom by LifeXchange
Ons is vreeslik opgewonde oor die moontlikheid om saam met jou as mentor te werk!


Maar hier is dalk so 'n paar antwoorde op algemene vrae wat mense ons gewoonlik vra...
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Kan ek ‘n verantwoordelike mentor wees?
Ja!  

Jy het gelewe.  Jy het gewerk,  Jy het liefgehad. Jy het misluk.  Jy was bang.  Jy het sukses behaal. Daar is altyd iemand wat uit jou ervaring kan leer.  Jy is nooit te jonk om iemand te mentor nie en nooit te oud om gementor te word nie.

As jy die tyd en energie het om elke week 'n tydjie te wy aan verhouding bou met iemand wat mentorskap nodig het, kan ons jou definitief gebruik!
Vertel my meer oor die opleiding
Die kursus is NQF geakrediteer, 12 maande lank en heeltemal aanlyn. Jy sal die hele kursus kan voltooi deur die gemak van jou selfoon of rekenaar te gebruik wanneer en waar jy wil. Dit gesê, jy sal darm ook 'n regte mens (fasiliteerder) kry om elke week te hoor hoe dit gaan en seker te maak jy kom reg met die proses.

Die kursus het 'n teoretiese en praktiese deel. Wat teorie betref hoef jy slegs so ±2 ure 'n week een kant te sit en wat jou prakties betref (slegs vir 10 maande) nog so 45min.

Afhangende waar jy in die land woon, het ons beurse soms beskikbaar, so vra gerus vir jou fasiliteerder hieroor.

Sodra jy hierdie vorm ingevul het, sal iemand van die LifeXchange kantoor met jou kontak maak.


Hoekom mentor?
Vir ingeval jy meer oortuiging nodig het, hier is nog 'n paar redes:

1.  Jy kan iemand se wêreld verander.

Wanneer jy jou lewe en ervarings deel met iemand wat minder  ervaring het as jy, kan jy weklik 'n positiewe impak maak op 'n persoon se karakter en bevoegdheid.

2. Jy sal self leer.

Wanneer jy ‘n mentor word, leer jy hoe dinge op verskillende vlakke en op verskillende plekke werk. As jy bv. iemand in jou firma mentor, kry jy nuwe insig in hoe ander afdelings van die firma werk en wat belangrik is vir die mense in daardie spanne.
As jy iemand van ‘n ander kultuur begelei, sal jy van daardie kultuur leer en mag selfs in die binnekringe van hulle bedrywighede toegelaat  word.
Jy sal dinge leer wat jou ‘n beter bestuurder, ouer, huweliksmaat of leier sal maak. Jy sal meer waarde kry.

3. Jy sal iets betekenisvols nalaat.

Ons wens so dikwels dat ons werk en ons lewens meer sin moet hê.  Wat kan meer betekenisvol wees as om terug te kyk en die verandering in die lewens van nie slegs die persone  wat jy gementor het, te sien nie, maar die verandering  ook in die lewens van hulle  gesinne en te weet dat die verandering ook sal uitkring na hulle toekomstige lewensmaats, hulle kinders en hulle agterkleinkinders.

4. Jy sal jou eie prestasies kan oorskou.

Wanneer jy jou eie ervarings deel, kry jy die geleentheid om te sien en te evalueer wat jy weet en wat jy tot dusver in die lewe behaal het.  Dit sal jou heelwaarskynlik aanspoor om nog meer te bereik.

5. Jy sal bekend raak as iemand wat omgee.

Om jou toe te wy daaraan om iemand  op sy lewenspad te begelei, is ‘n daad van omgee.  Deur getrou te wees in jou toewyding, is ‘n reis van onvoorwaardelike liefde.  Jou lewensmaat, jou familie en kollegas sal nie anders kan as om deur jou goedhartigheid en vrygewigheid geraak te word nie.

Next
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. - Terms of Service - Privacy Policy

Does this form look suspicious? Report