Stasies van die kruis
vir gesinne om tuis te doen
Lydenstyd & Paassondag
29 Maart - 12 April 2020
NG Kerk Brackenfell
Welkom by hierdie jaar se stasies van die kruis geloofsreis
In ‘n oogwink is ons lewens omgedop en sien ons hoe al ons netjies uitgewerkte planne uitrafel. Ons is in ‘n liminale tyd, die tyd tussen wat was en wat gaan wees, onseker oor waarheen ons op pad is. Genadiglik weet ons dat, maak nie saak waarheen ons op pad is nie, God is reeds daar. Lydenstyd is ook so ‘n tussen-in tyd. Die tyd waar ons die seer en sleg van die wêreld vierkantig in die oë kyk en onsself toelaat om ook bewus te raak van ons eie seer en sonde. Ons doen dit egter terwyl ons weet dat ons sonde is vergewe, ons seer is saam met Christus gekruisig en God se koninkryk het reeds in hierdie wêreld ingebreek. Ons dink aan die kruis, terwyl ons weet daar was ook ‘n leë graf. Die gekruisigde Christus het ook opgestaan en oorwin. Ons lewe in hierdie tussen in tyd waar ons weet ons is reeds verlos, maar ons smaak nog nie die volle impak van die verlossing nie. Liminale tyd is altyd ‘n kreatiewe tyd, ‘n tyd waarin daar nuut geskep kan word. Ons het ‘n keuse oor wie ons is in hierdie liminale tyd en wat ons doen vorm wie ons is. Geloofsgewoontes is daar om ons geloof te help vorm. Om tydens Lydenstyd te bid en vas en aktief om te gee vir mense in nood is almal geloofsgewoontes, so ook is Bybellees, meditasie en om voor ete te bid. Hierdie handleiding het ten doel om gesinne te help om die geloofsgewoonte van die stasies van die kruis gebedsreis by die huis te doen. Dit is so saamgestel dat kinders en ouers dit saam kan doen. Mag dit julle geloof versterk. Neem gerus foto’s en stuur vir ons terugvoer op die gemeente se facebook blad of whatsapp dit na 066 033 2294.
Opstel van die stasies
Daar is 15 stasies om by die huis te doen. Die stasies is so geskryf dat daar elke dag een gedoen kan word met die laaste een op Paassondag. Die gaan bietjie vooraf lees en hier en daar voorbereiding vra. Kontekste verskil daarom word telkens ‘n paar opsies gegee om vanuit te kies. Julle kan een kies of almal doen. Kies dit wat vir julle die beste werk.
Liturgiese spasie
Kies ‘n spasie in die huis (dit hoef nie groot te wees nie) wat julle as liturgiese ruimte mooimaak om die stasies by te doen. Jy sou elke dag die spasie kon verander óf dit elke dag uitbou, afhangende van die spasie tot jou beskikking. Die kleur van Lydenstyd is pers en die hoof simbole is ‘n kruis, doringkroon en spykers om Jesus se lyding voor te stel. By elke stasie word daar spesifieke voorstelle gemaak. Hier is ‘n paar links na oulike idees en prente om te print. http://www.drawn2bcreative.com/40-days-of-free-lenten-printables-the-last-set-of-stations-of-the-cross-grottos/
http://catholicmom.com/2015/02/20/3-ways-to-craft-the-stations-of-the-cross/
https://www.catholicicing.com/printable-stations-of-cross-for/
Julle sal oplet dat daar hier en daar stasies is wat verskil. Ons doen die sogenaamde Protestante stasies wat klein bietjie verskil van die Katolieke stasies. Die Protestante stasies hou slegs by die gebeure wat in die Bybel opgeteken is, terwyl die Katolieke stasies ook buite-Bybelse bronne in ag neem.
Volgorde
Die stasie kan in enige volgorde gedoen word. Jy sou eers die skrifgedeelte kon lees en gesels oor die vrae wat daarby pas en dan die aktiwiteite doen. Jy sou ook eers kon doen en terwyl jy doen gesels dan die Bybelstorie lees en verder daaroor gesels.
Sien, hoor, voel, proe, ruik
Ons ervaar die lewe deur ons sintuie. By elke stasie is daar daarom ‘n voorstel vir ‘n sintuiglike ervaring. Nie al die sintuiglike ervarings kan nageboots word nie, vir sommige gaan jy jou verbeelding moet gebruik.
Skriflesing
Die gedeelte kan gelees of vertel word. Die teksgedeelte kom uit die Nuwe Direkte Vertaling. Vir kleiner kinders is dit beter om die verhaal te vertel. Daar is ook baie oulike clips op YouTube wat gewys kan word.
Gesels oor die teks
Na die skrifgedeelte is daar vrae om oor te gesels – die vrae is ‘n manier om met die teks te “connect”. Dit is geskryf met gesinne met Laerskoolkinders in gedagte. Pas die vrae aan vir jou gesin. Daar is telkens ook ‘n vraag wat jou nooi om bietjie dieper te delf en verder te dink. Alle vrae kan óf oor gesels óf oor nagedink word by jouself. Dit kan baie betekenisvol wees om ‘n joernaal te hou en jou gedagtes neer te skryf.
Doen en gesels
Gebruik dit wat julle doen as aanknopingspunt om te gesels oor die vrae. Die vrae sal dalk ook bietjie aangepas moet word afhangende van die ouerderdom van die kinders. Al die aktiwiteite wat geprint moet word is in ‘n aparte pdf.
Inkleurprente
In ‘n aparte dokument sal daar ook ‘n meditatiewe inkleurprent vir elke stasie wees.
Stasie 1: Jesus bid in Getsemané (Matteus 26:36-46)
Liturgiese spasie:
Sit ‘n plant of prente van plante in julle liturgiese spasie neer.
Julle sou ook optelgoed uit die natuur soos stokke, klippe en blare daar kon sit.
Ervaar deur jou sintuie
Ruik en voel plante, kruie, grond. Hoor die lewe in die tuin. Proe die southeid van die sweet.
Lees die teks
Toe gaan Jesus saam met hulle na 'n plek wat Getsemane genoem word, en Hy sê vir die dissipels: “Bly hier sit totdat Ek klaar gaan bid het.” Hy neem toe vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saam. En Hy het bedroef en beangs begin word. Toe sê Hy vir hulle: “My siel is diep bedroef, tot die dood toe. Bly hier en waak saam met My.” Hy het toe 'n entjie verder gegaan, met sy gesig teen die grond neergeval en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan. Nogtans, nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Hy kom toe by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: “Was julle dan nie in staat om een uur lank saam met My te waak nie? Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” Hy het vir 'n tweede keer weggegaan en gebid: “My Vader, as dit nie moontlik is dat hierdie beker verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.” Toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar van die slaap. Hy het hulle toe daar agtergelaat, weer teruggegaan en vir die derde keer gebid, en dieselfde woorde herhaal. Toe kom Hy by die dissipels en sê vir hulle: “Julle slaap en rus nog steeds? n Kyk, die uur het aangebreek, en die Seun van die Mens word in die hande van sondaars oorgelewer. Staan op, laat ons gaan. Kyk, die een wat My verraai, is naby.”
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels.
Plant saad/boontjies. Gesels oor hoe dit vir lank lyk of daar niks gebeur nie en dan skielik sien mens die plantjie deur die grond kom. Die lewe is tans onderstebo, dit voel asof ons in ons huise vasgevang is en niks gebeur nie. Amper soos die boontjie wat net onder die grond lê. Toe Jesus gekruisig is het hy ook drie dae in ‘n graf gelê, maar op die derde dag het hy uit die dood opgestaan. Al lyk en voel dit soms of niks gebeur nie, is God besig om in ons te werk, om nuwe lewe te kweek. Waarvoor kan jy vir God dankie sê? ‘n Boontjie plant vat 8 – 10 dae om te spruit. Dit kan baie mooi betekenisvol wees as dit so geplant word dat mens op Paassondag kan gesels oor die nuwe lewe wat uit die boontjie/saadjie gekom het.
Werk saam in die tuin. Wat ruik julle alles in die tuin? Waaraan laat die verskillende reuke jou dink? Watter plante dink julle was in die tuin van Getsemané? As mens in die tuin werk sweet mens dikwels. Jesus het van angstigheid gesweet. Was jy al ooit so angstig dat jy gesweet het? Wat maak jou op hierdie stadium angstig? Jesus het gebid. Wat doen jy as jy angstig raak? Wat werk vir jou?
Plak die prentjie. Gaan stap in die tuin of in die buurt en tel klippies, blare, blomme, stokkies, sand, ens. op OF gebruik herwinbare materiaal soos bokse, tydskrifte en weggooi papiere. Plak die toneel waar Jesus in die tuin bid en sy dissipels slaap met die goed wat jy bymekaar gemaak of opgetel het. Gesels oor hoe mens weggooi en ou goed gebruik om ‘n mooi nuwe prentjie te maak. Op dieselfde manier vat God situasies wat hopeloos lyk en mense wat voel hulle is nie veel werd nie en gebruik die situasie of die mense om iets nuuts te skep. Kan jy dink aan ‘n keer wat God iets moois uit ‘n hopelose situasie na vore gebring het. Waar vind jy hoop te midde van die Covid-19 beperkings en gebeure waarin ons tans is?
Stasie 2: Jesus word verloën en gevange geneem (Matteus 26:47-56)
Liturgiese spasie:
Hier is verskillende opsies moontlik, afhangend van waarop julle kies om te fokus. Jy kan ‘n tou en/of swaard (speelgoed/karton) sit vir Jesus wat gevange geneem word. Jy kan ook munte of ‘n sakkie met munte neersit om Judas se verraad uit te beeld.
Ervaar deur jou sintuie
Voel die toue, ‘n verraaiers soen; hoor die geluid van swaarde en mense wat skree
Lees die teks
Jesus was nog besig om te praat, toe Judas, een van die twaalf, skielik daar opdaag. Saam met hom was daar 'n groot menigte met swaarde en knuppels, gestuur deur die leierpriesters en familiehoofde van die volk.Sy verraaier het vir hulle 'n teken gegee: “Die een wat ek soen, dit is hy. Gryp hom.” Hy het dadelik na Jesus gegaan en gesê, “Gegroet,Rabbi!”, en Hom gesoen. Jesus het vir hom gesê: “Vriend, doen waarvoor jy hier is.”Toe het hulle nader gekom, Jesus gegryp en Hom gevange geneem. En skielik het een van dié saam met Jesus na sy swaard gegryp en dit uitgetrek. Hy het die slaaf van die hoëpriester getref en sy oor afgekap. Toe sê Jesus vir hom: “Bêre jou swaard op sy plek. Want almal wat die swaard opneem, sal deur die swaard omkom. Of dink jy nie Ek kan maar net my Vader vra, en Hy sal dadelik meer as twaalf legioene engele tot My beskikking stel nie? Maar hoe sal die Skrifte dan vervul word wat sê dat dit so moet gebeur?” Op daardie oomblik het Jesus vir die menigte gevra: “Het julle soos teen 'n rower uitgetrek met swaarde en knuppels om My gevange te neem? Dag ná dag het Ek op die tempelterrein gesit en onderrig gee, en julle het My nie gevange geneem nie. Maar dit alles het gebeur, sodat die Skrifte van die profete vervul sou word.” Daarop het al die dissipels Hom in die steek gelaat en gevlug.
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels.
Speletjie: Muntstuk skattejag. Steek 30 muntstukke of doppies wat met foelie oorgetrek is weg vir die kinders om te soek en in ‘n sakkie te gooi. Vertel die res van Judas se storie gekry in Matt 26:14-16; 27:3-10. Is jy al ooit verraai/in die rug gesteek deur iemand naby aan jou? Hoe het dit gevoel? Het jy al die persoon(e) vergewe?
Het jy dalk al iemand se vertroue geskend deur wat jy gesê of gedoen het? Het jy al jammer gesê?
Speletjie: Kom los Bind jouself so vas aan iemand anders. Terwyl julle so vasgebind staan, gesels oor hoe dit voel. Hoe dink julle moet dit voel om onskuldig gevang en opgesluit te word? Toe Jesus gevange geneem is, het sy dissipels weggehardloop uit vrees. Wat sou jy gedoen het? Hoe dink jy het die dissipels gevoel?
Probeer nou loskom sonder om die knope los te maak. Hier is die oplossing https://loquiz.com/2014/11/27/handcuffed-exercise-solution-and-ideas/, maar probeer eers self.
Aktiwiteit: Maak swaarde uit karton: Jesus sê vir Petrus om sy swaard weg te sit. Swaarde maak gewoonlik mense seer. Hoe het die swaard in die storie iemand seergemaak? Wat was Jesus se reaksie? Hoe kan ‘n mens swaarde op ander maniere gebruik (wees gerus kreatief en “silly”). Hoe reageer jy as jy kwaad of bang is? Help dit as jy so reageer? Hoe kan jy jou bang of kwaad wys/doen, sonder om ander mense seer te maak
Aktiwiteit: Geldsak met munte. Met 'n rooi potlood skryf/teken maniere wat ons mekaar verraai op van die munte in die sak hieronder en skryf/teken dan met 'n blou potlood maniere wat ons kan regmaak as ons iemand seergemaak het.
Stasie 3: Jesus word aangekla (Matteus 26:57-68)
Liturgiese spasie:
Sit ‘n oop Bybel in die liturgiese ruimte neer. Julle sou ook ‘n prentjie van ‘n beskuldigende vinger kon bysit.
Ervaar deur jou sintuie
Hoor die gebrom van die mense. Voel die warm asems van ‘n klomp mense in ‘n klein spasie. Hoor die stilte van Jesus se antwoord. Voel ‘n vuishou en ‘n klap.
Lees die teks
Die mense wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kajafas, die hoëpriester, waar die skrifkenners en die familiehoofde vergader het. Petrus het Hom op 'n afstand gevolg, tot in die voorhof van die hoëpriester. Hy het na binne gegaan en by die dienspersoneel gaan sit om te sien hoe dit sou afloop. Die leierpriesters en die hele
Sanhedrin het vals getuienis teen Jesus gesoek, sodat hulle Hom kon doodmaak. Hulle kon egter niks vind nie, hoewel baie vals getuies na vore gekom het. Later het twee egter na vore gekom en gesê: “Hierdie man het gesê, ‘Ek kan die tempel van God afbreek en binne drie dae weer opbou.’ ” Daarop het die hoëpriester opgestaan en vir Hom gesê: “Antwoord jy dan niks op wat hierdie mense teen jou getuig nie?” Maar Jesus het stilgebly. Die hoëpriester sê toe vir Hom: “Ek besweer jou by die lewende God dat jy vir ons moet sê of jy die Christus, die Seun van God is.” Jesus antwoord hom: “Ú het dit gesê. Maar Ek sê vir julle:
“Van nou af sal julle
die Seun van die Mens sien sit
aan die regterhand van die Magtige,
en Hom op die wolke van die hemel sien kom.”
Toe het die hoëpriester sy boklere geskeur en gesê: “Hy het gelaster! Waarom het ons nog getuies nodig? Waarlik, nou het julle die lastering gehoor. Wat is julle bevinding?” Hulle het geantwoord: “Hy verdien die dood.” Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan. Sommige het Hom geklap en gesê: “Profeteer vir ons, o Christus, wie is dit wat u geslaan het?”
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels
Aktiwiteit: Lelike woorde. Die leierpriesters en Sanhedrin het klomp lelike goed van en vir Jesus gesê. Ons sê ook dikwels lelike goed vir en van mekaar. Op blokkies papier skryf/teken lelike goed wat mense vandag vir mekaar sê. Skryf/teken een gedagte per papiertjie. Hoe voel jy as jy sulke woorde vir iemand sê? Hoe voel jy as dit vir jou gesê word? Op die agterkant van elke papiertjie skryf/teken nou iets moois wat mens vir iemand kan sê. Hoe voel jy as jy sulke woorde vir iemand sê? Hoe voel jy as dit vir jou gesê word? Sit die woorde/sketse by die liturgiese stasie neer.
Aktiwiteit: Teken hoe jy voel. Teken hoe jy voel as iemand vir jou lelike goed sê? Watter lelike goed het mense al vir jou gesê? Teken nou ook hoe jy voel as iemand vir jou iets mooi sê. Watter mooi goed het mense al vir jou gesê?
Aktiwiteit: Woordsoek. Soek die woorde in die blok. Kan jy die woorde gebruik om die storie te vertel?
Stasie 4: Jesus word verloën (Matteus 26:69-75)
Liturgiese spasie:
Teken/print ‘n prent van ‘n haan en sit dit in die liturgiese spasie. Aanvullend kan vere ook neergesit word of op die prent geplak word.
Ervaar deur jou sintuie
Hoor die haan. Voel trane wat loop.
Lees die teks
Petrus het buite gesit, in die binnehof. 'n Sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.” Hy het dit egter voor almal ontken: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” En 'n ander diensmeisie het hom na die poort sien loop, en sê toe vir die mense daar: “Hierdie man was saam met Jesus die Nasarener.” Weer het hy dit ontken, met 'n eed: “Ek ken die man nie.” Ná 'n rukkie het die omstanders nader gekom en vir Petrus gesê: “Jy is beslis ook een van hulle; trouens, jou uitspraak verklap jou.” Daarop begin hy vloek, en sweer: “Ek ken die man nie!” En onmiddellik het 'n haan gekraai. Toe het Petrus die woorde onthou wat Jesus gesê het: “Voordat 'n haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het na buite gegaan en bitterlik begin huil.
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels
“Colour-by-number”: Kleur die haan in volgens die nommers.
Maak ‘n haan: Hieronder is ‘n paar voorbeelde wat met goed in die huis gemaak kan word. Gesels oor ‘n keer toe jy uitgevang is dat jy jok. Dikwels jok ons om onsself uit die moeilikheid uit te hou. Dink jouself bietjie in Petrus se skoene in. Hulle is op pad om sy leermeester te kruisig en as hulle dink hy is een van Jesus se volgelinge is hy waarskynlik volgende op hulle lysie. Petrus beskerm hier sy lewe, maar in die proses verraai hy vir Jesus en alles wat hy bely hy glo. Kan jy jouself in hierdie situasie indink?
Stasie 5: Jesus voor Pilatus (Matteus 27:1-2, 11-26)
Liturgiese spasie:
Jy sou enige van die volgende items in die liturgiese ruimte kon sit: ‘n Waskom, handdoek, seep, hand sanitizer.
Ervaar deur jou sintuie
Ruik seep. Voel die water. Hoor die opgesweepte skare.
Lees die teks
Teen dagbreek het al die leierpriesters en die familiehoofde van die volk teen Jesus 'n besluit geneem om Hom dood te maak. Hulle het Hom toe geboei, weggelei en aan Pilatus, die prokurator, uitgelewer. Jesus het voor die prokurator verskyn, en die prokurator het Hom ondervra: “Is u die koning van die Jode? ” Jesus sê toe: “U sê dit.” Die hele tyd wat Hy deur die leierpriesters en familiehoofde beskuldig is, het Hy niks geantwoord nie. Daarop sê Pilatus vir Hom: “Hoor u nie wat hulle alles teen u getuig nie?” Hy het hom egter op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die prokurator uitermate verwonderd was. By elke fees het die prokurator die gebruik gehad om vir die skare een gevangene van hulle eie keuse vry te laat. Hulle het in daardie stadium 'n berugte gevangene aangehou met die naam Jesus Barabbas. Toe die skare byeen was, het Pilatus vir hulle gevra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle vrylaat, Jesus Barabbas of Jesus wat as Christus bekend staan?” Want hy het geweet dat hulle Hom uit naywer oorgelewer het. Terwyl hy op die regterstoel sit, het sy vrou 'n boodskap na hom gestuur: “Jy moet niks te doen hê met daardie regverdige man nie, want ek het vannag in 'n droom baie oor hom verduur.” Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak. Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle het geroep: “Barabbas!” Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” Hy het gevra: “Maar watter kwaad het hy dan gedoen?” Hulle het egter nog harder geskreeu: “Laat Hy gekruisig word!” Toe Pilatus sien dat hy niks bereik nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Julle moet maar self omsien. ” Die hele volk het geantwoord: “Laat sy bloed op ons en ons kinders kom!” Daarop het hy Barabbas vir hulle vrygelaat, maar Jesus het hy laat gesel, en toe oorgelewer om gekruisig te word.
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels
Was hande. Lees hierdie teks saam of vertel die storie terwyl julle saam om ‘n bak water sit en julle hande was. Gesels dan so al handewassend oor die teksgedeelte. Wat doen dit aan jou om die storie so te hoor terwyl jy jou hande was? Daar waar die skare uitroep: “Barabbas” en “Laat Hy gekruisig word”, roep dit almal uit. Mense word
Verbind die nommers: Verbind die nommers in die prentjie en kleur dit dan in.
Stasie 6: Jesus word gemartel (Matteus 27:27-31)
Hierdie kan ontstellend wees vir kinders, so as julle hierdie stasie wel doen, lees/vertel die verhaal, maar moet eerder nie prente en YouTube snitte wys nie.
Liturgiese spasie:
Sit ‘n doringkroon in die liturgiese spasie neer. Julle sou een uit doringtakke, doringdraad of papier kon maak. Die patroon vir die papier een is hier onder.
Ervaar deur jou sintuie
Voel die doringkroon, hoor die sweepslae, voel die spoeg, proe die bloed.
Lees die teks
Toe het die soldate van die prokurator l vir Jesus na die pretorium saamgeneem, en die hele kohort soldate n by Hom byeengebring. Hulle het sy klere uitgetrek en 'n helderrooi mantel om Hom gehang. Nadat hulle 'n kroon van doringtakkies gevleg het, het hulle dit op sy kop gesit, en 'n riet in sy regterhand. Hulle het voor Hom gekniel en met Hom die
spot gedryf: “Gegroet, koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die riet geneem, en Hom herhaaldelik op sy kop geslaan. Nadat hulle met Hom gespot het, het hulle die mantel afgehaal, sy boklere vir Hom aangetrek en Hom weggelei om Hom te kruisig.
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels
Benodighede: Bruin papier; Skêr; Krammasjien
Stasie 7: Jesus dra sy kruis (Johannes 19:17)
Liturgiese spasie:
Maak ‘n kruis (dit is een van die aktiwiteite) en sit die kruis in die liturgiese spasie neer
Ervaar deur jou sintuie
Voel die growwe hout kruis.
Lees die teks
Jesus het self die kruis gedra en het uitgegaan na die sogenaamde ‘Kopbeenplek’, in Hebreeus Golgota genoem.
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels
https://nontoygifts.com/paper-plate-yarn-cross-craft-easter/
http://blog.darice.com/kids-crafts/vbs-cross-craft-ideas/
https://www.momontimeout.com/stained-glass-cross-easter-craft/
https://christianmontessorinetwork.com/15-hands-on-cross-activities-for-kids/
https://todayskidsmin.wordpress.com/2015/03/13/top-10-diy-christian-easter-crafts-for-kids/
Die laaste “stain glass” prent het ek op fb gesien. Hier is die omskrywing: “We mixed kids crayola washable paint with a bit of water and a drop of dawn soap. We did test a corner it wiped of easily with a wet cloth.”
Stasie 8: Jesus word gehelp (Matteus 27:32)
Liturgiese spasie:
Teken julle hande af, knip dit uit (dit is ook ‘n aktiwiteit) en sit dit in die litugiese ruimte neer
Ervaar deur jou sintuie
Voel hoe dit voel om die kruis saam met iemand te dra. Ruik die stof van die straat. Hoor die mense langs die pad. Proe die sweet.
Lees die teks
Op pad na buite het hulle 'n man van Sirene met die naam Simon teengekom. Hulle het hierdie man gedwing om Jesus se kruis te dra.
Gesels oor die teks
Wanneer is dit vir jou makliker en wanneer moeiliker om hulp te aanvaar?
Wanneer is dit vir jou maklik en wanneer moeilik om iemand anders te help?
Hoe verander die huidige situasie hoe jy oor hulp dink?
Delf dieper:
Doen en gesels
Trek die buitelyn van jou hande af op papier: Skryf daarin hoe jy ander mense kan help in hierdie tyd.
Doolhof: Help Simon om die kruis tot by Golgota te dra. Vind die doolhof in die gepaardgaande pdf
Stasie 9: Jesus ontmoet die vroue (Luk 23:27-31)
Liturgiese spasie:
Sit ‘n kers by die stasie by. Jy kan ook prente of foto’s van vroue en/of lekkerruik olie bysit. Jy kan ook ‘n sneesdoekie neersit.
Ervaar deur jou sintuie
Roep in herinnering die reuk van ‘n vrou wat vir jou spesiaal is - ma, ouma, dogter, vriendin, onderwyser. Voel die gedrang van die mense. Hoor die weeklaag van die vroue.
Lees die teks
'n Groot menigte van die volk het Hom gevolg, en ook vroue wat aanhoudend op hulle bors slaan en oor Hom weeklaag. Jesus het na hulle gedraai en gesê: “Dogters van Jerusalem, moenie oor My huil nie. Huil liewer oor julleself en oor julle kinders, want kyk, daar kom dae wanneer mense sal sê, ‘Gelukkig is diegene wat onvrugbaar is, en die moederskoot wat nie 'n kind in die wêreld gebring het nie, en die borste wat nie kinders gevoed het nie.’
“Dan sal hulle aan die berge begin sê, ‘Val op ons!’ en aan die heuwels, ‘Bedek ons!’
“Want as hulle dit aan die groen hout doen, wat sal nie met die droë hout gebeur nie?”
Gesels oor die teks
Delf dieper:
(in empathy) for every mother who has lost a child...
Shadow shape’s
mourning shroud
Inconsolable tears
Storm’s cloud
Falling rain’s
broken womb
Empty vessel’s
mortal wound
(J.F. Gomez)
As jy self ‘n kind verloor het, gebruik hierdie tyd om sommer net te wees voor God.
Daar is geen groter verlies as die dood van ‘n kind nie, dit is nie iets waaroor jy kom nie, die seer gaan nie weg nie. Op ‘n manier leer jy net daarmee saam leef. Gebruik hierdie stasie om ouers wat jy ken wat ‘n kind verloor het, opnuut aan God op te dra. Dink ook aan die talle ander ouers wat kinders aan die dood afgestaan het of dalk op hierdie stadium langs ‘n sterfbed sit.
Dalk oor ons magteloosheid by die dood is mense geneig om vinnige plastiese, dikwels onwaar, “troos” frases en antwoorde onnadenkend vir mense te sê, wat op die ou einde meer seer maak as genees (Bv God pluk sy mooiste blommetjies eerste). Antwoorde troos nie, goedkoop plastiese frases nog minder. Jou nabyheid, jou saamhuil, jou maak van ‘n koppie tee, die oorneem van huistake, aandag aan die ander kinders en jou onderskeidingsvermoë oor wanneer om daar te wees, wanneer om stil te wees en wanneer om die persoon alleen te los, is van groter waarde. Hoe troos ons in ‘n tyd waar ons nie fisies bymekaar kan wees nie?
Doen en gesels
Skryf/teken gebede op stroke lap, papier, lint en weef dit in ‘n gebedstapesterie of gebedsweb.
Stasie 10: Jesus word gekruisig (Matteus 27:33-37(44))
Liturgiese spasie:
Sit spykers in die liturgiese spasie neer en/of ‘n papier waarop staan: “Hy is Jesus, die koning van die Jode”
Ervaar deur jou sintuie
Hoor die hamerslae, ruik die bloed, voel die pyn, proe die suur wyn
Lees die teks
Toe hulle by 'n plek kom met die naam Golgota, wat ‘Kopbeenplek’ beteken, het hulle vir Hom wyn, gemeng met 'n giftige kruid, gegee om te drink. En toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie. Nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy boklere verdeel deur daaroor te loot. Daarna het hulle daar gaan sit en Hom bewaak. Bo sy kop het hulle die aanklag teen Hom aangebring, wat lui: “Hy is Jesus, die koning van die Jode. ”Toe is twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand. Die verbygangers het Hom gelaster, terwyl hulle hulle koppe skud u en sê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou — as jy die Seun van God is, red jouself, en kom af van die kruis!” Net so het ook die leierpriesters saam met die skrifkenners en familiehoofde die spot gedryf en gesê: “Ander het hy gered, homself kan hy nie red nie. Hy is die koning van Israel, laat hy nou afkom van die kruis, en ons sal in hom glo. Hy het op God vertrou, laat Hy hom nou red as Hy wil. Hy het immers gesê: Ek is die Seun van God.” Op dieselfde manier het ook die rowers wat saam met Hom gekruisig is, Hom beledig.
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels
Kap spykers in hout, as dit ‘n houtkruis kan wees soveel te beter. Luister na die slae. Doen dit dalk as deel van die lees van die verhaal. Gesels oor wat die geluid by jou losmaak.
Teken ‘n kruis en knip dit uit. Skryf/teken in die kruis die seer van die wêreld, wat God op jou hart druk, neer. Soos jy dit op die kruis skryf/teken dink daaraan dat Jesus ook op die kruis al die pyn van die wêreld geneem het. Lees 1 Petrus 2:21-24:
Julle is immers hiertoe geroep, want Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het vir julle 'n voorbeeld nagelaat, sodat julle in sy voetspore kan volg. Hy wat “nie sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie”; wat, toe Hy uitgeskel is, nie teruggeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar Homself toevertrou het aan Hom wat regverdig oordeel; wat self ons sondes in sy liggaam aan die kruishout gedra het; sodat ons, noudat ons ons sondes afgesterf het, vir geregtigheid kan leef — Hy deur wie se verwonding julle genees is.
Bid hieroor
Volg die paadjie en ontrafel die kode: Kyk in die aktiwiteits PDF.
Stasie 11: Jesus en die misdadiger (Luk 23:32-34,39-43)
Liturgiese spasie:
Maak twee ekstra kleiner kruisies en sit hulle links en regs van die ander kruis neer. Sit ook ‘n bakkie water in die ruimte neer.
Ervaar deur jou sintuie
Beleef God se vergifnis in jou lyf
Lees die teks
Saam met Jesus is ook twee ander misdadigers weggelei om tereggestel te word. Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar gekruisig — so ook die misdadigers, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand. Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom aanhoudend gelaster en gesê: “Jy is mos die Christus, of hoe? Red jouself, en ons!” Die ander een het hom egter bestraf en gesê: “Het jy nie ontsag vir God nie? Jy ondergaan per slot van sake dieselfde straf! In ons geval is dit regverdig — ons word tereg gestraf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Hy sê toe: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” Jesus het hom geantwoord: “Amen, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees (Luk 23:32-34,39-43).”
Gesels oor die teks
Doen en gesels
Stasie 12: Jesus gee Maria en Johannes aan mekaar
(Joh 19:25-27)
Liturgiese spasie:
Sit ‘n foto(‘s) van julle familie en geliefdes in die ruimte neer.
Ervaar deur jou sintuie
Voel die omhelsing van ‘n familielid, hoor die woorde “Ek is lief vir jou”, sien die gesigte van die mense wat vir jou lief is
Lees die teks
By die kruis van Jesus het sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en ook Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy moeder sien, asook die dissipel vir wie Hy lief was wat by haar staan, sê Hy vir sy moeder: “Vrou, kyk, daar is u seun!” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, daar is jou moeder!” En van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels
Teken jou familie asook ander betekenisvolle mense in jou lewe. Gesels met mekaar oor julle prentjies van familie. Nie alle betekenisvolle verhoudings is biologiese familieverhoudings nie en nie alle biologiese familieverhoudings is goeie verhoudings nie. Wat is die betekenisvolle verhoudings in jou lewe?
Stasie 13: Jesus sterf (Matteus 27:45-56)
Liturgiese spasie:
‘n Geskeurde stuk lap
Ervaar deur jou sintuie
Sien die donkerte, hoor Jesus se uitroep, voel en hoor die skeur van die materiaal, proe die suur wyn, ruik die grond wat oopbreek.
Lees die teks
Vanaf die sesde tot die negende uur w het daar duisternis oor die hele aarde toegesak Teen ongeveer die negende uur het Jesus met 'n harde stem uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtáni?” Dit beteken ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?’ Toe sommige van dié wat daar staan, dit hoor, het hulle gesê: “Hy roep na Elia.” Dadelik het een van hulle nader gehardloop, 'n spons geneem, dit in suur wyn geweek, op 'n riet gesit, en vir Hom gegee om te drink. Maar die ander het gesê: “Wag, laat ons sien of Elia hom kom red.” Toe het Jesus weer met 'n harde stem uitgeroep en sy asem uitgeblaas. En kyk, die tempelgordyn in die heiligdom is van bo tot onder in twee geskeur, die aarde is geskud en die rotse is oopgebreek. Die grafte is geopen en baie liggame van ontslape heiliges is opgewek. Hulle het ná sy opstanding uit die grafte gekom, in die Heilige Stad ingegaan en aan baie verskyn. Toe die hekatontarg en dié wat Jesus saam met hom bewaak het, die skudding en die dinge wat gebeur, sien, was hulle vreesbevange en het gesê: “Hy was werklik Seun van God.” Daar was baie vroue teenwoordig wat van ver af toegekyk het. Dit was vroue wat Jesus van Galilea af gevolg en Hom gedien het. Onder hulle was Maria Magdalena, Maria, die ma van
Jakobus en Josef, en die ma van die seuns van Sebedeus.
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels
Vinger labarint: Print of teken een van die labarint patrone in die aktiwiteitsboekie. Jy sou dit natuurlik ook kon borduur of uit klei, hout, gom of pofferige verf maak. Kies vir jou een van die kruiswoorde en herhaal dit vir jouself terwyl jy biddend met jou vinger die labarint “stap”.
Skryf jou naam in die kruis in die aktiwiteits PDF.
Memoriseer Joh 3:16-17. “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy uniek verwekte Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.”
Kleur ‘n kruis in: In die aktiwiteits pdf is daar ‘n paar kruise wat jy meditatief kan inkleur.
Stasie 14: Jesus word begrawe (Matteus 27:57-61(62-66))
Liturgiese spasie:
Sit ‘n klip (‘n regte een of een wat jy uit papier mache gemaak het) en/of wit stroke lap in die ruimte neer.
Ervaar deur jou sintuie
Voel die koue klip. Ruik die kruie wat hulle vir die balsem gebruik. Hoor die klip rol.
Lees die teks
Toe dit laat geword het, het 'n ryk man van Arimatea, met die naam Josef, daar aangekom. Ook hy was 'n dissipel van Jesus. Dié man het Pilatus genader en die liggaam van Jesus gevra. Toe het Pilatus beveel dat dit gegee word. Josef het die liggaam geneem, dit toegedraai in 'n skoon linnedoek, en neergelê in die nuwe graf wat hy vir homself in die rots laat uitkap het. Hy het toe 'n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan. Maria Magdalena was daar, ook die ander Maria, en hulle het teenoor die graf bly sit. Die volgende dag — dit is die dag ná Voorbereidingsdag — het die leierpriesters en die Fariseërs by Pilatus byeengekom en gesê: “Meneer, ons het onthou dat toe hy nog geleef het, daardie bedrieër gesê het, ‘Ná drie dae sal Ek weer opgewek word.’ Beveel dan dat die graf tot op die derde dag beveilig word, sodat sy dissipels hom nie gaan steel en vir die volk sê, ‘Hy is opgewek uit die dood!’ nie. Die laaste dwaling sal erger wees as die eerste. ” Pilatus het vir hulle gesê: “Julle kry 'n wag van soldate. Gaan beveilig die graf soos julle goeddink.” Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wagte daar te plaas.
Gesels oor die teks
Delf dieper:
Doen en gesels
Verbind die nommers en kleur in: In aktiwiteits pdf
Bou ‘n grot graf: Jy kan dit buitekant doen met sand en klip, jy kan dit met klei doen, jy kan dit met stoele en lakens doen of jy kan dit met papier maché doen. Gesels oor hoe anders grafte toe was van grafte nou. Gebruik die graf om dalk te gesels oor mense naby aan julle wat dood is en wat dit beteken dat Jesus dood was en weer opgestaan het. Jy sou een uit papier uit ook kon maak. As die graf groot genoeg is sou jy in die “graf” kon sit en die storie lees.
Stasie 15: Jesus het opgestaan (Matteus 28:1-10)
Liturgiese spasie:
Verwyder alles uit die liturgiese spasie. Gooi ‘n wit lap/laken/handdoek. Die kleure vir Paasfees is wit, goud en helderkleurig. Sit kerse/kersfeesliggies neer. Maak dit mooi met helderkleurige blomme (dit kan ook uit papier geknip word). As julle paaseiers het kan dit ook daar gesit word as ‘n teken van nuwe lewe.
Ervaar deur jou sintuie
Voel die koue klip. Ruik die kruie wat hulle vir die balsem gebruik. Hoor die klip rol.
Gepaste musiek
Click op hierdie YouTube playlist vir gepaste musiek vir hierdie stasie
https://www.youtube.com/playlist?list=PLD0X_uflepkcTXnVN0lIQd4Ot_r13OM_X
Lees die teks
Ná die Sabbat, teen dagbreek op die eerste dag van die week, het Maria Magdalena en die ander Maria gegaan om na die graf te kyk. Skielik was daar 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal, nadergegaan, die steen weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere wit soos sneeu. Uit vrees vir hom het dié wat die graf bewaak, gebewe en soos dooies geword. Toe antwoord die engel die vroue en sê: “Moenie langer bang wees nie, want ek weet julle soek Jesus, die gekruisigde. Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek, soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar Hy gelê het; en haas julle en gaan sê vir sy dissipels, ‘Hy is opgewek uit die dood! Kyk, Hy gaan voor julle uit na Galilea; daar sal julle Hom sien. Dit het ek vir julle gesê.’ ” Met vrees en groot blydskap het hulle haastig van die graf af weggegaan en gehardloop om die boodskap aan sy dissipels oor te dra. Onverwags het Jesus hulle tegemoet gekom en gesê: “Gegroet!” Hulle gaan toe nader, gryp sy voete en aanbid Hom. Daarop sê Jesus vir hulle: “Moenie langer bang wees nie. Gaan sê vir my broers dat hulle na Galilea moet gaan; daar sal hulle My sien. ”
Gesels oor die teks
Doen en gesels
Die idee vir Paassondag het ek hier gekry - besoek dit gerus vir meer idees:
https://theresaecho.com/2012/04/16/interactive-prayer-stations-on-easter-empty-tomb/
Kleur in die leë graf in in die aktiwiteits pdf.
Aktiwiteite: Verander die graf wat julle gister gemaak het deur liggies en blomme daar in te sit. Hier is nog ‘n paar kunsflyt idees vir die kleintjies:
https://todayskidsmin.wordpress.com/2015/03/13/top-10-diy-christian-easter-crafts-for-kids/
https://www.iheartartsncrafts.com/egg-carton-flowers-kids-craft/
https://happytoddlerplaytime.com/easter-egg-rainbow-craft/
https://www.icanteachmychild.com/christ-centered-easter-activities-and-crafts/
[1]Caputo, John D. 2006. The Weakness of God. Bloomington: Indiana University Press.