Published using Google Docs
Toast_Gideon.doc
Updated automatically every 5 minutes

Gert en die twee seuns was vir ons altyd ‘n mooi voorbeeld van hoe ‘n pa met sy seuns moet kommunikeer. Hoe Gert hulle geleer het van sterrekunde en baie ander belangrike dinge, waarvan bergklim ‘n groot rol gespeel het. In die begin was Gert die leier en leermeester, maar met tyd het Pieter die taak oorgeneem, met die gevolg dat daar min berge is wat hy nie geklim het nie. Nadat hy Kilimanjaro geklim het was die Vreys een aand hier by ons, toevallig was ons buurvrou ook hier by ons. Sy was toe 71-72 jaar oud en besig met haar beplanning om Kilimanjaro te klim. Pieter het haar toe presies ingelig wat sy moet saam neem en watter klere sy nodig sal hê. Sy het toe die klim suksevol gedoen. Haar kommentaar was dat dit te danke was aan Pieter se hulp. Sy was op daardie tydstip een van die oudste vrouens wat dit suksesvol kon doen. Gert was ook vir ons kleinkinders ’n bron van inligting sover dit skooltake betref. Ek is ’n pluimbalspeler en Pieter het my nader getrek toe ons by hulle gekuier het. In die straat is toe ernstig gespeel en van daar het hy toe voortgegaan om by die Universiteit te speel en soos ek gehoor het, het hy deksels goeie pluimbal gespeel. Ten slotte wens ons julle God’s rykste seen toe vir ’n lang en gelukkige huwelik.